Tuesday, 26 March 2013

Die swaard van die Gees


Ef 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 

Ons kyk dan vandag na die laaste deel van die wapenrusting, die swaard van die Gees.

John Wesley het gesê,

"The Bible must have been written by God or good men or bad men or good angels or bad angels...But bad men and bad angels wouldn't write it because it condemns bad men and bad angels. And good men and good angels wouldn't deceive by lying as to its authority and claiming that God wrote it...And so the Bible must have been written as it claims to have been written by God who by His Holy Spirit inspired men to record His words using the human instrument to communicate His truth." 

Verstaan ons werklik wat dit ten volle beteken om die swaard van die Gees te hê?  Hierdie ongeloooflike, ongeëwenaarde en onvergelykbare boek is die finale wapen in die wapenrusting wat aan die gelowige gegee is in sy stryd teen satan en sy bose magte.

Die hartseer is dit dat soveel Christene weet nie regtig hoe om die swaard van die Gees te gebruik nie.  En daarom word hulle ‘n slagoffer van Satan se leuens.  Besef ons regtig waste boek is dit?  

Watter aansprake maak die Bybel oor homself?  

Eerstens, die Bybel maak daarop aanspraak dat dit onfeilbaar is.  Dit beteken dat in sy totaliteit, in sy geheel is daar geen foute nie.  Die hele Bybel is onfeilbaar.

Psa 19:7 Die wet van die HERE is volmaak...

Dit is volmaak, dit is onfeilbaar.  Tweedens is die Bybel in sy kleiner eenhede foutloos.

Spr 30:5 Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil. 

Elke woord is gelouter.  Die engels sê, every word of God is pure.  Elke woord is suiwer.  

Spr 30:6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie. 

Maw die hele Bybel is onfeilbaar in geheel en foutloos in elke woord.

Derdens maak die Bybel daarop aanspraak dat dit volkome is.

Op 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 
19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. 

Maw jy kan niks byvoeg of wegneem nie.  Die Bybel is volkome.  Die Bybel is kompleet.

Vierdens is die Bybel gesaghebbend.  Hoekom?  Want dit is God se Woorde en wanneer God praat beter ons luister.

Jes 1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek...

Wanneer God praat dan moet die hemele en die aarde luister.  En vyfdens is die Bybel genoegsaam.

2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 

Die Bybel is genoeg om die mens te bring tot redding en dit is genoeg om hom te bring tot volmaaktheid.  Jy het niks meer as dit nodig nie.  So die Bybel is onfeilbaar in sy geheel, foutloos in elke woord, volkome, gesaghebbend en genoegsaam.

Sesdens is die Bybel effektief.  Die Bybel verander dinge.  Die Woord van God transformeer.

Jes 55:11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. 

Die Woord van God is altyd effektief.  Luister! As ek dit nie geglo het nie, sou ek dit nie gepreek het nie.  Die rede hoekom ek dit preek is omdat ek dit glo en omdat ek glo dit sal doen wat dit sê.

Sewe, dit is goddelik.

2 Pet 1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. 

Die Bybel is God se boek.  ‘n Boek wat onveilbaar is, foutloos, volkome, gesaghebbend, genoegsaam, effektief en goddelik, is ‘n boek wat ons moet koester.  Ons moet dit bewaar.

Vir nog ‘n rede is die Bybel beslissend.  Die wyse waarop jy met die Bybel werk, openbaar jou verhouding met God.

Joh 8:47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie. 

As jy na God se Woord luister wys dit net dat jy aan God behoort.  As jy nie luister na die Woord nie, dan is dit ‘n bewys dat jy nie aan God behoort nie.  Daarom is dit beslissend.  Jou ewige eindbestemming hang van hierdie boek af.  Daar is geen ander boek in die wêreld wat hierdie aansprake kan maak en motiveer nie.

Wat beteken die Bybel vir jou?  Wat offer die Bybel aan jou?  Watse bron is die Bybel vir jou?  Kom ek vertel jou:

Eerstens, die Bybel is die bron van waarheid.  As daar enigiets waarna ons samelewing opsoek is, is dit die waarheid, is dit nie?  Mense is opsoek na die waarheid.  En hulle is so sinies soos wat Pilatus was toe hy gesê het, “wat is waarheid?”.  Maar toe draai hy om, sonder om die antwoord te kry.

Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. 

Dit is die waarheid oor die lewe, die waarheid oor die dood, die waarheid oor tyd en ewigheid.  Die waarheid oor die hemel en hel, oor wat reg en verkeerd is, die waarheid oor man en vrou, oor oud en jonk, oor kinders, gemeenskap, die waaheid oor elke verhouding tussen God en mens, tussen mens en mens, tussen mens en die skepping.  Elke geestelike waarheid wat ons moet weet.

Tweedens is die Bybel die bron van geluk.  Die wêreld om ons jaag na geluk en hulle soek dit op allerhande plekke, maar die Bybel sê vir ons,

Spr 8:34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. 

Luk 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig (geseend of gelukkig) is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar. 

Geen mens is gelukkiger as hy/sy wat die waarheid ontdek nie.  

Derdens is die Bybel die bron van groei.  Die lewe gaan alles oor groei.  Maar hier gaan dit om te groei in die kennis van die woord van God.

2 Pet 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus...

KJV - But grow in grace, and in the knowledge of our Lord and Saviour Jesus Christ...

Hoe groei ‘n mens in die genade en kennis van Jesus Christus?  Die Woord van God.  Die Bybel is die bron van groei.

1 Pet 2:2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 

Die Bybel is ook dan die bron van krag.  As ons nie die Woord van God gebruik nie, is ons magteloos.  Die Bybel is ons bron van krag.  Die Woord is lewendig en kragtig en skerper as ‘n tweesnydende swaard.

Vyfdens is die Bybel ons bron van leiding.

Psa 119:105 U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. 

Die Bybel is ons bron van vertroosting.  Die Bybel is ons bron van volmaaktheid.  Dit is die bron van so baie dinge.  Dit is ‘n ongelooflike boek met geen foute.  Dit is altyd genoegsaam en volkome.  Dit is gesaghebbend, effektief en beslissend.  Dit gee waarheid, geluk, groei, krag en leiding, vertroosring en volmaaktheid.

En dan ‘n baie belangrike waarheid.  Die Bybel is die bron van jou oorwinning oor die vyand.  En daarmee kom ons dan by ons teksgedeelte in Ef 6:17.  Dit is die swaard van die Gees wat die Woord van God is waarmee ons die vyand kan oorwin.  Dit is hoekom ek besluit het om die Woord te preek en nie allerhande mooi storietjies wat jou net laat beter voel, maar op die ou einde jou niks help nie.

So week na week preek ons die Woord en leer ons die waarheid.  Hoekom?  Want dit is die bron van waarheid, dit is die bron van geluk, dit is die bron van groei, dit is die bron van krag, dit is die bron van leiding, dit is die bron van vertroosting, dit is die bron van volmaaktheid en dit is die bron van oorwinning.

Ons het gekyk na al die ander dele van die wapenrusting, maar nou kom ons by die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.  Nou al die ander dele van die wapenrusting was primêr jouself te verdedig, maar die swaard van die Gees is vir beide verdediging en aanval.

Die Griekse woord vir swaard is die woord “makaira” en dit is ‘n baie algemene woord in Grieks.  Dit is nie ‘n groot swaard nie, maar eerder net ‘n gewone swaard wat so 40-50 cm lank is.  Soldate het dit gebruik in naby gevegte.

Dit is dieselfde woord wat gebruik word in Matt 26:47 waar die Romeinse soldate Jesus wou gevange kom neem en Petrus met ‘m “makaira” toe een van die diensknegte se oor afgekap het.  Dit is ook dieselfde woord in Hand 12:2, die swaard waarmee Jakobus, die broer van Johannes doodgemaak is.

So dit was nie ‘n groot swaard nie, maar eerder ‘n swaard wat so 40-50cm is.  En die Romeinse soldate het dit elke dag gebruik.  Petrus sou nie net die ou se oor afgekap het as dit ‘n groot swaard was nie.  Die woord “makaira” kan ook met dolk of mes vertaal word.  Dit is die tipe swaard wat Paulus in gedagte gehad het.

Let op!  V17 sê dit is die swaard van die Gees, “tou pneumatos”.  Dit kan ook vertaal word met die swaard deur die Gees of die geestelike swaard.  Dit sou ook aansluit by 2 Kor 10:4 wat sê dat ons wapens is nie vleestelik nie, maar geestelik.  Ons wapens is geestelik, want dit is wapens wat deur die Gees is.  So ons swaard is ‘n geestelike swaard, want dit is ‘n swaard van of deur die Gees.

Die feit dat v12 sê, ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede en magte, teen die bose geeste sê vir ons dat die swaard waarmee ons veg is ‘n geestelike swaard.  In werklikheid is al die dele van die wapenrusting geestelik.

“to pneumatos” word in Ef 1:3 en 5:19 so vertaal wanneer dit praat van alle geestelike seëninge en geestelike liedere.  So die meer korrekte vertaling is die geestelike swaard.  Dit is ‘n geestelike swaard, want dit is die Gees wat dit aan ons gegee het.

Nou toe jy ‘n Christen geword het, het jy die swaard van die Gees ontvang, maar in watter sin?  Ongelowiges het ook ‘n Bybel.  Maar hulle het nie die iwonende Heilige Gees wat hulle leer nie, wat die Bybel vir hulle oopmaak nie.  Dit is hoekom 1 Joh 2 sê,

1 Joh 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. 

Ons het ‘n inwonende onderwyser wat ons die waarheid leer.  Dit is die Gees van God in die gelowige se lewe wat die Woord van God aan hom beskikbaar maak.  So wanneer jy ‘n gelowige word, ontvang jy die woord van God en die Gees van God en saam is dit jou swaard.  So jy ontvang die swaard wanneer gered word.

Maar nou moet ons leer hoe om hierdie swaard te gebruik.  En elk Christen het die swaard van die Gees.  Jy het die Bybel, maar jy het ook die inwonende Gees en dit is ‘n geestelike swaard.  Dit is jou wapen.  Jy moet net leer hoe om dit te gebruik.

En om te leer hoe om die swaard te gebruik hang af van hoe ywerig jy betrokke raak om die Woord van God te bestudeer.  Daarom het Paulus vir 3 jaar in Efese tyd spandeer en gesê, 

Hand 20:27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. 

Hoekom?  Want hy wou hulle leer hoe om die swaard te gebruik.  Hy wou hulle die hele raad van God gee, sodat hulle in staat kon wees om dit effektief te gebruik.  Dit is so kragtig dat niks teen dit kan opstaan nie en niks dit kan oorweldig nie.

Rom 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo...

Jy swaai die swaard en mense word gered.  Jy gebruik die swaard om siele weg te skeur van die koningkryk van die duisternis af.  Met die swaard sny jy ‘n pad oop deur die middel van Satan se heerskappy.  Die swaard is kragtig.

Dit kan gebruik word in oordeel.

Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 

Die Griekse woord vir “beoordeelaar” is die woord “krino” wat beteken om te oordeel deur al die bewyse uit te sif.  Die Woord van God is dit wat mense oordeel.  Wanneer jy die Woord van God verkondig, bring dit God se oordeel op hulle lewe.  Hulle lewens word geweeg op God se skaal, sodat hulle die realiteit van hulle sondes kan sien.  Die volgende vers sê,

Heb 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. 

So die Woord van God kom soos ‘n swaard en sny mense se harte oop, en sif die bewyse uit en wys vir hulle hulle sondes en skuld voor ‘n heilige God.  Dit is ‘n kragtige wapen.

Die Woord is kragtig, dit bring waarheid waar daar dwalinge is.  Dit bring geluk waar daar hartseer is.  Dit bring lig waar duisternis is om so vir jou die weg aan te wys.  Dit kan jou hartseer is blydskap verander.  Dit kan jou laat groei.  Dit is die swaard wat jy in hande vashou.  Die swaard van die Gees.

Met hierdie swaard verderdig ons en val ons aan.  

Eerstens gebruik jy hierdie swaard om jouself te verdedig teen aanvalle.  Die duiwel kom en val jou aan met versoekinge.  En jy het die skild van geloof om hierdie vurige pyle van die Bose uit te blus, maar jy kan ook sy aanvalle met die regte gebruik van die swaard afweer.

Ons sien in Matt 4 en Luk 4 toe die duiwel vir Jesus drie keer versoek het in die woestyn.  Waarmee het Jesus sy versoekinge oorwin?  Daar staan geskrywe.  Die eerste versoeking was, moenie God vertrou nie, verander hierdie klippe in brode.  Moenie wag totdat God in jou behoeftes voorsien nie, doen dit self.  Jesus sê, daar staan geskrywe.

Die duiwel kom ‘n tweede keer, “Spring van die tempel se dak af.”  Jesus antwoord hom met Skrif.  Daar is ook geskrywe.  En ‘n derde keer, “val neer en aanbid my”.  Jesus antwoord, daar is geskrywe.  En Jesus het geweet hoe om die Skrif te gebruik.  Hy het regte Skrifte aangehaal om die spesifieke versoekinge af te weer.

Jy moet weet hoe om die Bybel te gebruik.  Daar is te veel Christene wat Bybels het, sit Sondag vir Sodag in ‘n kerk en luister na die Woord en lees selfs hulle Bybel, maar hulle weet nie hoe om dit te gebruik nie.  Daarom kan hulle nie die aanvalle van die duiwel afweer nie.

En die duiwel slaan jou gewoonlik daar waar jy nog onkundig is.  As jy net geweet het wat die Bybel oor ‘n sekere ding leer nie, sou jy nie geval het vir daardie versoeking of sou jy nie gedoen het wat jy gedoen het nie.  So gebruik die geestelike swaard om jou te verdedig.  Leer hoe om dit te gebruik.

Ef 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 

“dit is die woord van God”.  Die Griekse woord wat hier gebruik word is nie “logos” nie.  Logos is ‘n woord wat meer algemeen gebruik word.  Die woord van hier gebruik word is “rhema” en dit is iets meer spesifieks.  So wanneer jy nie weet wat die Woord van God spesifieks sê ook die spesifieke versoeking nie, gaan jy nie daarmee kan deel nie.

So jy moet die hele raad van God leer ken, sodat jy met spesifieke dinge kan deel.  Jy moet die beginsels van God se Woord leer.

2 Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. 

Dit is hoe jy Satan gaan oorwin in die geestelike oorlog.  Dit is hoe jy jouself verdedig.

Tweedens gebruik ons die swaard om aan te val.  Ons verdedig nie net onsself nie, maar ons val ook aan met die swaard.  En wanneer ons die Woord van God preek is ons besig om aan te val.  Ons is besig om die duisternis aan te val.

Elke keer as ons die evangelie aan ongeredde mense verkondig is ons besig om die koninkryk van die duisternis aan te val.  En wanneer iemand tot bekering kom, het ons ‘n pad gesny deur die middel van Satan se koninkryk.

Wanneer jy opstaan en die Woord van God verkondig, dit aan jou kinders leer, met jou vriende daaroor praat, by die werk daaroor praat, is die swaard van die Gees in jou hande besig om die koninkryk van Satan aan te val.  Jy is besig om teen die wêreldse sisteem te gaan.

Nou die duiwel weet dat die Woord is effektief en daarom gaan hy jou probeer stop.  Hy sal alles probeer om jou stil te maak.  In Matt 13 kry ons die gelykenis van die saaier.  ‘n Deel van die saad het op die pad geval en die voëls het gekom en dit opgeëet.

Matt 13:19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 

So wanneer iemand die Woord verkondig, dan kom die duiwel en steel dit wat gesaai is.  Hoekom?  Want hy weet dat die Woord effektief is.  Hy weet watter krag daar is in die Woord.  Hy wil ook nie hê jy moet die saad saai nie, want hy weet as jy saai gaan daar goeie grond wees waarop dit val en gaan dit vrug dra.

Die rede waarom ek die Woord van God aanhou preek is omdat ek weet dat iewers is daar goeie grond en weet ek dat dit gaan iemand se lewe verander.  Wat ook wonderlik is om te weet is dat die Woord van God nooit leeg sal terug keer nie.  Of dit veroordeel die persoon wat dit hoor of dit bring hom tot redding.

Luister!  Mense se woorde sal nooit enige impak hê teen die koninkryk van die duisternis nie.  Net die Woord van God.  Die oomblik wat jy menslike wyshede byvoeg of vermeng met God se Woord, maak jy dit kragteloos.  Die oomblik wat jy iets byvoeg en wegvat, maak jy dit kragteloos.

Ons moet die Woord van God ken, ons moet weet hoe om die swaard te gebruik, sodat ons onsself kan verdedig en sodat ons ook kan aanval.

1 Pet 3:15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; 

KJV - But sanctify the Lord God in your hearts: and be ready always to give an answer to every man that asketh you a reason of the hope that is in you with meekness and fear: 

Jy moet altyd gereed wees om ‘n antwoord te kan gee oor die hoop wat in jou is.  Ons moet die Woord bestudeer.  Ons moet die Woord ken.  Baie mense het ‘n Bybel, maar hulle het nie swaard van die Gees nie.  Baie Christene besit soveel Bybel vertalings, maar hulle weet nie hoe om die swaard van die Gees te gebruik nie.

Hoe hanteer jy God se Woord?  Hoe hanteer jy die swaard van die Gees?

Monday, 25 March 2013

Die helm van verlossing (die hoop op saligheid) – deel 3


Ef 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 
14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 
15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. 
16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 
17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 

Daar is liedere wat ons altyd gesing het, “Let go and let God have His wonderful way” en “I surrender all”.  Kan julle onthou?  Nou, hierdie liedere, so mooi soos wat hulle is, en so wonderlik as wat dit klink om dit te sing, “Gee net oor en laat God Sy weg hê met jou”, kan die verkeerde indruk skep dat jy passief is en niks moet doen in die hele proses nie.

Dit is egter nie die waarheid nie.  Ja, ons is afhanklik van God se krag en sterkte, ja, ons is afhanklik van God se voorsiening en alles wat Hy vir ons gee, maar dit is verkeerd om te dink dat ons net daar moet sit en niks doen nie.  Die idee dat jy net moet oorgee en toelaat dat God jou verander sonder dat jy enigiets moet doen, is onbybels.  God verander ons, maar ons is nie onbetrokke nie.

Die Bybel leer ons dat ons moet onsself commit, ons moet geestelike dissiplines aan kweek, ons moet onsself onderwerp aan God se krag.  Dit is nie net ‘n saak van oorgee (surrender) nie, maar dit is ook ‘n saak van geestelike oefeninge wat jy moet doen.

Kom ons vat ons teksgedeelte as ‘n voorbeeld.  Word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte.  Trek die volle wapenrusting van God aan.  Jy moet daadwerklik iets doen.  In die teksgedeelte kry jy nie eenkeer die idee dat jy net moet oorgee nie.  Wat ons wel kry is dissipline en commitment.

Die Christen lewe is ‘n oorlog en ons moet die wapenrusting aantrek.  Hebr 12 sê die Christen lewe is ‘n wedloop en ons moet die wedloop met volharding loop.  1 Kor 9 sê dit is ‘n wedstryd en ons moet hardloop sodat ons die prys kan kry.  Tit 3:8 sê ons moet goeie werke voorstaan.  Jak 4 en 1 Pet 5 sê, ons moet die duiwel weerstaan.  Ef 5, ons moet  versigtig wees hoe ons loop.

Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. 

2 Kor 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring. 

Al hierdie gedeeltes stel voor dat ons iets moet doen.  Ons kan nie net terug sit en sê, Here hier is ek, doen die werk nie.  Dit is te eenvoudig.  Ja, ons is afhanklik van Sy krag, en ja dit is God wat in ons werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.  Maar nêrens het dit ooit beteken dat jy net moet terug sit en niks doen nie.

As jy dan vanoggend wil sê, “I surrender Lord”, dan moet dit beteken “I surrender to Your will”, jy gee oor aan Sy wil om te doen wat Hy sê.  Daar moet van jou kant af ‘n vlak van commitment wees.  Daar moet self-beheersing en dissipline wees.  Jy moet jou lewe aan Hom toewy elke dag.  Dit is te eenvoudig om net te sê, ek gee oor en dit is dit.

2 Pet 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur (sy) heerlikheid en deug 

KJV - him that hath called us to glory and virtue...

Goed! So volgens hierdie vers het God ons geroep tot heerlikheid en deug.  He called us to glory and virtue.  Letterlik sê dit, Hy het ons geroep tot Sy heerlikheid en deug.   

ESV - him who called us to his own glory and excellence...

En om ons toe te rus daarvoor, het Sy goddelike krag ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.  Luister!  As ‘n Christen het jy nie ‘n te kort aan bronne nie.  God het jou alles geskenk.  Hoe het jy dit ontvang?  Die vers sê, deur die kennis van Hom.  Maw toe jy Hom leer ken het en jy gered is, het Hy jou alles gegee, al die bronne gegee wat jy nodig het om te kan lewe en om Hom te kan dien.

So die goddelike bron is daar.  Die goddelike krag is daar.  Dit is beskikbaar.  En nou sê v4 die volgende,

2 Pet 1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het...

Dit is ongelooflike beloftes.  Dit is ongelooflike krag.  En dan word ons deelgenote.  Ons het krag, ons het beloftes en word deelgenote van die goddelike natuur.

...sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 

Dit is wat God doen.  Hy gee jou Sy krag.  Hy gee jou die grootste en kosbare beloftes en dan sê Hy, neem nou deel in My goddelike natuur.  Beteken dit nou dat ek net oorgee en sê, let go and let God have His wonderful way, ek gee alles oor aan Jesus en ek doen absoluut niks nie?  Nee!  Hoor wat sê v5 en verder aan,

2 Pet 1:5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 
6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, 
7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

Maw, juis nou dat God jou al hierdie dinge gegee het, juis daarom moet jy begin aan die werk spring.  En dit is nie so maklik as net om voor in ‘n kerk te gaan kniel en te bid en sê, “Here ek gee myself oor aan U” nie.  Ja, dit is deel daarvan, maar daar moet commitment wees.  Jy moet jou onderwerp aan die heerskappy van Christus. 

Eertens moet jy erken dat jou krag en bron is die Here Jesus Christus, maar dit is nie die einde nie.  Dit is net die begin.  In Rom 6 lees ons dat ons vereenselwig word met Christus se dood.  Ons word gelykvormig aan sy dood, ons is saam met Hom gekruisig.  Maar dit eindig nie daar nie.  Dit is juis daarom dat ons nie moet toelaat dat die sonde in ons sterflike liggaam heers nie.  Dit is juis daarom dat ons nie ons lede moet stel tot beskikking van die sonde nie.

Fil 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 

Die sleutel woord hier is “gehoorsaam”.  Jy werk uit jou eie heil met vrees en bewing.  Dit beteken nie jy moet jouself red nie.  Paulus skryf aan geliefdes.  Hy skryf aan gelowiges.  Hy sê, hierdie heil wat jy ontvang het, gaan werk hom uit met vrees en bewing.

Fil 2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. 

Aan die een kant is dit God wat in jou Sy wil bewerk en aan die ander kant moet jy dit gaan uitwerk in gehoorsaamheid.  God is @ work.  You are @ work.

Kol 1:29 waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag. 

Paulus sê, ek arbei, ek stry, maar dit is volgens Sy werk in my met krag.  Maw ek en God werk saam.  Jy sien, dit is waarom te eenvoudig is om net te sê, “Let go and let God have His wonderful way”.  Dit is waarom dit te eenvoudig is om te sê, “I surrender all”.  

Daar moet commitment wees in jou lewe.  Daar moet self-dissipline wees.  Daar moet gehoorsaamheid wees.  Dit is nie net die Here nie, anders is al die opdragte in die Bybel aan jou sinneloos.  

Nou kom ons terug na Ef 6.  As dit net “surrender all” was en net “let go and let God”, waarom moes ek die wapenrusting van God dan aantrek.  Wat is die doel daarin?  God sal mos alles vir my doen.  Hy sal mos die geveg vir my veg.  Nee! Daar is meer in die Christen lewe as om net oor te gee.  Jy moet ook effort insit.  Jy moet die regte gesindheid hê.  Jy moet gereed wees vir die oorlog.  Jy moet die wapenrusting aan trek.

Ons moet die helm van verlossing aan trek.  Wat beteken dit?  Dit beteken nie om gered te word nie.  Ons klaar in die oorlog teen die duiwel.  Dit beteken om jou sekerheid van saligheid te beskerm teen moedeloosheid en twyfel waarmee die duiwel jou gaan slaan.

Julle sal onthou ons het gepraat oor die drievoudigheid van verlossing.  En dit is die enigste verlossing waarvan die Bybel praat.  Die Bybel praat nie net van ‘n verlossing net in die verlede nie.  Dit praat nie net van ‘n verlossing in die teenwoordige nie.  Die Bybel praat ook nie net van een in die toekoms nie.  Die Bybel praat van al drie dimensies, verlossing in die verlede, in die hede en in die toekoms.  Hierdie drie vorm saam een volkome verlossing.

Kan julle onthou.  (slide) In die verlede is ek verlos van die straf van sonde.  In die hede word ek verlos van die mag van sonde.  In die toekoms sal ek verlos word van die teenwoordigheid van sonde.  Dit is regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking.

Die helm van verlossing, waarna verwys dit?  Dit verwys na die toekomstige verlossing.  Dit gaan nie oor die verlossing in die verlede nie.  Selfs ook nie oor die hede in ‘n sekere sin nie, maar dit gaan eerder hier oor die toekomstige verlossing.

Die helm van verlossing is die sekerheid van jou saligheid in die toekoms.  En die feit dat jy daardie sekerheid het, dat daar vir jou ‘n ewige heerlikheid wag, dat daar vir jou ‘n verlossing is van hierdie sondige liggaam en dat jy verlos sal word van die teenwoordigheid van sonde is juis dit wat jou gaan beskerm teen moedeloosheid en twyfel.

Maw as die duiwel jou kom slaan met moedeloosheid, trek die helm van verlossing aan.  Wat beteken dit?  Wanneer jy moedeloos word, onthou dat jou verlossing is naby.  Onthou dat daar is vir jou groot en heerlike dag wat voorlê.  Onthou dat jy naby die eindstreep is.  Al maak jou bene soos jelly, byt vas, strek jou uit na dit wat voor is.

Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. 

Dit is die einde in sig wat jou moed gee, wat jou krag gee om aan te hou en uit te hou.  Moenie jou toekomstige verlossing vergeet nie.  Onthou dat daar vir jou loon is, onthou dat daar vir jou ‘n kroon of krone wag.  Die dag kom wanneer Jesus gaan sê,

Matt 25:21 ...Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. 

So die helm van verlossing is die sekerheid en vertroue wat jy het in ‘n toekomstige verlossing.  Dit is jou hoop op saligheid.  As ek gered was en ek word gered, maar daar is nie vir my ‘n redding in die toekoms nie, hoekom moet ek dan aanhou en volhard.  As daar nie ‘n toekoms is nie, hoekom veg ek in hierdie oorlog?

1 Kor 15:32 As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons! 

Luister!  As daar nie ‘n toekoms is nie, kan ons maar net sowel nou alles vergeet!  Watter soort saligheid of verlossing is dit as dit nêrens heen oppad is nie?  Paulus sê, dink julle ek gaan my lewe op die spel plaas vir ‘n klomp wilde diere?  Dink julle ek gaan ‘n klomp wilde heidene aanvat met die evanglie van Jesus Christus as daar gee opstanding is nie?  Nee wat, ek gee sommer nou op.  Dan kan ons maar net sowel eet, drink en sterf.

Nee!  Dit is daardie hoopvolle toekoms wat jou vlak van commitment gaan behou.  Om te weet dit is nie alles vernuut nie.  Ons gaan opgewek word in heerlikheid.  So die toekomstige dimensie van jou verlossing word ‘n groot krag in jou lewe hier en nou.

Die tweede ding waarmee die duiwel jou gaan probeer slaan is twyfel.  Die duiwel wil hê dat jy moet twyfel in jou eie saligheid.  Meeste gelowiges op een of ander stadium het al getwyfel oor sy saligheid.

Die oomblik wat jy sondig en jy voel skuldig dan kom die duiwel en sê, jy is nie ‘n Christen nie.  Jy kan nie ‘n Christen wees nie.  Hoekom sal die Here iemand soos jy red?  Jy sal dit nooit maak nie.  Jy is nie goed genoeg nie.  Jy verdien dit nie.  Hoe weet jy of jy dit regtig bedoel het toe jy hart vir die Here gegee het?  Jy moet maar weer probeer en kyk of dit vir jou gaan werk.

Ek dan daar is kerke wat leer dat jy jou saligheid kan verloor.  Hulle leef in hierdie staat van onsekerheid die hele tyd.  Daar is ook ander wat vir jou sal sê, jy sal nooit weet nie, totdat jy eendag voor God gaan staan, dan sal jy uitvind of jy nou gered is of nie.  Hulle leef in hierdie vrees, gaan ek dit maak of gaan ek dit nie maak nie?  Wat ‘n verskriklike ding om mee saam te leef.

1 Jon 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 
13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. 

Luister!  Dit is nie ‘n raai raai speletjie nie.  Ek kan mos nie weet ek het die ewige lewe as ek dalk wonder of twyfel of ek dit gaan maak of nie.  Daar is sommige wat preek dat elke keer as jy sondig verloor jy jou saligheid.  Maw as ek nou sondig en die Here kom en ek het nie daardie sonde bely nie, is ek verlore en gaan ek hel toe.

Kan jy jouself net indink met watter vrees ‘n mens moet saamleef?  Die duiwel wil hê jy moet twyfel in jou verlossing.  Hy wil hê jy moet twyfel in die beloftes van God.  Hy wil hê jy moet dink dat God nie Sy Woord sal nakom nie.  Hy wil hê dat jy moet glo dat jou saligheid is nie verewig nie.  Wel ek het vir jou nuus,

Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword 

Jesus is die bewerker van ewige saligheid.  Hoe kan ons staande bly teen die liste van die duiwel wat ons aanval met hierdie leuens?  Trek die helm van verlossing aan!

Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. 

KJV
Joh 6:37 All that the Father giveth me shall come to me; and him that cometh to me I will in no wise cast out. 

“in no wise” beteken onder geen omstandighede nie.  Maw Jesus sal die wat na Hom toe kom onder geen omstandighede uitwerp nie.  Daar is geen manier wat die gelowige weer verlore kan gaan nie.  Kyk mooi!  Die vers sê, “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.”

Dit is die Vader se beloning aan Sy Seun vir die versoeningswerk wat Hy aan die kruis gedoen het.  Die Vader gee aan Sy Seun ‘n liefdes geskenk.  Wat is dit?  Die kerk, die gelowiges, ek en jy.  Goed!  Dit is hoe die Vader Sy liefde aan Sy Seun bewys.  Hy gee ons as ‘n geskenk aan Hom.

Nou!  Hoe bewys die Seun Sy liefde aan Sy Vader?

Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. 

Maw die Seun bewys Sy liefde aan Sy Vader deur die geskenk wat die Vader aan Hom gegee het, te bewaar en te verseker dat hy nie daarvan sal verloor nie.  Dat hy nooit iemand wat na Hom toe kom sal uitwerp nie.  Hy hou vas aan daardie kosbare geskenk wat die Vader aan Hom gegee het.  Hy sal dit nooit verloor nie.

Ek wil hê jy moet een ding verstaan.  Dit gaan nie oor jou nie.  Jesus bewaar jou nie omdat jy so spesiaal is nie.  Nee!  Jesus bewaar elke gelowige omdat Hy Sy Vader so liefhet, daarom sal Hy nie een verloor wat ‘n liefdes geskenk van die Vader aan Hom was nie.  Sien jy dit?

Hoeveel het Jesus al verloor? Nie een nie.  So daar is geregtigheid, heiligmaking en verheerliking.  Verlede, hede en toekoms sonder enigeen wat verloor word.

John MacArthur sê, “...the Bible teach that God has a counsel that cannot be changed, a calling that cannot be revoked, an inheritance that cannot be defiled, a foundation that cannot be broken, a seal that cannot be shaken, a life that cannot perish.”

Kom ons kyk na Joh 10:

Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. 

“My skape”, wie se skape is dit?  Christus se skape.  Julle is Christus se skape.  Let op!  As jy Christus se skape is, is dit Sy plig om na Sy skape te kyk en hulle te beskerm, korrek?  As net een van Sy skape verlore gaan, dan is dit ‘n refleksie op die karakter en kwaliteit van die Herder.  So ons is aan Christus verbind, want ons is Sy skape.

“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My”.  Luister mooi!  Wat doen Sy skape?  Hulle luister na Hom en hulle volg Hom.  Daar is geen uitsonderings nie.  Hulle luister nie na vreemdelinge nie.  Hulle luister net na Hom.

Wat beteken dit?  Ware Christene word bewaar in die krag van die groot Herder en tweedens volg hulle Hom.  Hulle mag dalk struikel en sondig, maar hulle is daar, hulle is nie verlore nie.  En nou sê v28, 

Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 

“Ek gee aan hulle die ewige lewe”.  Nou hoe lank is die ewige lewe?  Dit is verewig.  Die ewige lewe het nie ‘n einde nie.  As jy jou saligheid kan verloor en die ewige verloor, dan weerspreek jy jouself, want die ewige lewe kan nie eindig nie.  So as jy die ewige lewe ontvang het, kan dit mos nie eindig nie?

Verder is dit ‘n geskenk.  “Ek gee aan hulle die ewige lewe”.  Jy het niks gedoen om dit te verdien nie.  En daar is niks wat jy kan doen om dit te behou nie.  Dit is ‘n geskenk.  Die teksgedeelte gaan nog verder en sê, 

“hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie”.  As jy sê dat ‘n Christen kan weer verlore gaan, maak jy Jesus ‘n leuenaar.  Jesus sê jy sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie.  As Jesus nie die waarheid gepraat het nie, dan kan jy maar jou Bybel weggooi.  Vergeet van Christenskap.

“niemand sal hulle uit my hand ruk nie”.  Daar is geen mag in die heelal wat groter en sterker is as God nie, en as God jou vashou in sy hand dan is dit so.  

Joh 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. 

Let op!  In v28 sê Jesus, niemand kan julle uit My hand ruk nie.  In v29 sê, niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.  Dit is ‘n dubbele versekering en dubbele beskerming.

Hierdie gedeeltes bevestig en verseker jou saligheid.  Dit verseker dat ‘n verlossing in die verlede verseker ook ‘n verlossing in die toekoms.

Paulus het gesê, 

Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 
39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. 

Dit is so duidelik soos daglig.  Paulus sê, dat niks in die heelal nou en in die toekoms kan die gelowige skei van God nie.  Ek het al vir julle gelees Fil 1:6 wat sê dat God sal die werk wat Hy begin het, dit is verlossing in die verlede, Hy sal dit voleindig tot op die dag, dit verlossing in die hede, tot op die dag van Christus, dit is verlossing in die toekoms.

Dit is die helm van verlossing.  Daardie hoop op die saligheid, omdat God dit verseker, omdat Jesus Christus jou bewaar en jou beskerm.  Moenie luister na die duiwel se leuens wat twyfel wil saai en vir jou wil sê, dat jy dit nie gaan maak nie.

Slot

As jy nie vertroue het dat jy dit eendag gaan maak nie is dit een van twee redes.  Dit kan wees dat jy nie regtig ‘n Christen is nie.  Daarom moet jy ook jouself ondersoek, soos Paulus sê, om te sien of jy in die geloof is of nie.  Stel jouself op die proef om te sien of Christus in jou is.

Of tweedens as jy wedergebore is, en die duiwel kom en slaan jou met twyfel, dan beter jy jou helm van verlossing aantrek.  Na wie gaan jy luister.  Gaan jy die duiwel glo of gaan jy God glo.

Heb 6:17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; 
18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; 
19 en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel 
20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig. 

Die helm van verlossing (vervolg)


Ef 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 

Ons het laas week begin kyk na die helm van verlossing.  Dit is nie ‘n opdrag om gered te word nie, want net gelowiges is in hierdie geestelike stryd gewikkel en dit veronderstel dat jy alreeds jou gordel van waarheid, die borswapen van geregtigheid en die skoene van die evangelie van vrede aan het.  En nou het jy die skild van geloof en dan die helm van verlossing.  

So hierdie opdrag, om die helm van verlossing aan te trek, is gegee vir die gelowiges wat reeds gered is.  So waarvoor is die helm van verlossing?  In kort is dit om die sekerheid van jou saligheid te beskerm teen moedeloosheid en ook teen twyfel.

Ons het laas week dan ook gekyk na die drievoudigheid van ons verlossing.  Jy is gered, jy word gered en jy sal gered word.  Jy is gered van die straf van sonde, maw jy is geregverdig.  Jy word gered van die mag van sonde, en dit is heiligmaking en jy sal gered word van die teenwoordigheid van sonde, en dit is verheerliking.  Volkome saligheid sluit dan al drie hierdie aspekte in en ons saligheid in die verlede, hede en toekoms is in God se hande, want die werk wat Hy begin het sal Hy voleindig.

So God begin die saligheids werk in jou lewe, en Hy is besig met jou elke dag en Hy sal jou op die ou einde verheerlik.  Saligheid is die werk van God en Hy het belowe Hy sal jou volkome red, verlede, hede en toekoms.  As jy nie die hemel eendag maak nie, is daar net twee opsies: Of God het nie Sy verlossingswerk in jou voltooi nie of jy was nooit gered nie.  So watter een is dit?  Jy was nooit gered nie.

As God jou red, dan sal Hy Sy werk in jou voltooi.  Hy belowe dit aan jou en moet daardie sekerheid van jou ewige saligheid hê.  Jy moet die helm van verlossing aantrek, die sekerheid van jou saligheid, hoekom?  Want die duiwel gaan probeer om jou te ontnugter of moedeloos maak en hy gaan twyfel in jou hart saai oor jou saligheid.  Hy wil hê jy moet in God se beloftes twyfel.

As jy glo dat ‘n gelowige weer verlore kan gaan, maak jy God ‘n leuenaar en sê dat Hy nie Sy werk sal voltooi wat hy begin het nie, en dat Hy nie Sy beloftes sal na kom nie.  Dit is in wese wat jy sê.  Of jy sê, dat jou saligheid is nie in God se hande nie, maar dit hang van jouself af.  Dit sou beteken dat jy nie uit genade gered is nie, maar uit jou eie werke.  Ons weet dit is nie die waarheid nie. 

Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? (maw, wat moet ons doen om God te vrede te stel?)
29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. 

Daar is baie Christene wat nie seker is of hulle die hemel gaan maak nie, want hulle glo die valse leraars wat vir hulle vertel dat hulle hul saligheid kan verloor as hulle sondig.  Maar wat sê die Bybel as ons sondig?

1 Joh 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 
  
Hoekom?  Want Jesus het ons nie net verlos in die verlede nie, maar Hy is besig om ons te verlos van die mag van sonde elke dag.

So die duiwel wil jou op die kop kom slaan met sy groot swaard.  Hy wil twyfel in jou hart saai.  Hy kom vertel vir jou jy gaan dit nie maak nie?  Jy verdien dit nie.  Kyk wat het jy nou weer gedoen?    Dink jy God se kinders maak so? En hy kla jou gedurig aan.  So Christene word dan geslaan met twyfel en moedeloosheid.  Daarom moet jy die helm van verlossing aantrek om jou daarteen te beskerm.

Moedeloosheid

Kom ons kyk na 1 Konings 19, die storie van Elia.  Elia was soos die Petrus van die Ou Testament.  Eers op en dan af.  Elia het nou net ‘n groot oorwinning behaal, wat geen ander profeet al behaal het nie.  Hy het met sy swaard 450 Baal profete doodgeslaan.  ‘n Mens sou kon sê hy is ‘n wenner en hy is “on top of the world”, korrek?

Tog nie!  In hoofstuk 19 vertel Agab vir Isebel alles wat Elia gedoen het, hoe hy al die profete met ‘n swaard doodgemaak het.

1 Kon 19:2 Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen—sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. 

Sy sê vir Elia dat sy hom gaan doodmaak.  Eerstens was sy ‘n vrou, en ook ‘n Baal aanbidder.  Nou as Elia 450 Baal profete kon “handle”, wat is een vrou?  Wat doen Elia?  Hy vlug na Berseba.

1 Kon 19:3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; 
4 maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. 

Hy het nou genoeg gehad!  Hy was moedeloosheid.  Hy wil eerder sterf.  Hy gaan lê onder ‘n besembos.  En ‘n engel kom en raak aan hom en sê, “staan op en eet”.  Hy kyk toe op en sien ‘n broodkoek en water.  Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

Die engel raak toe weer aan hom en sê, “staan op en eet, anders is die pad te lank”.  Hy het toe opgestaan, geëet en gedrink en dit het hom krag gegee vir 40 dae en 40 nagte.  Wow!  Ek soek van daai engel kos.  Elia kom toe by die berg van Horeb, en die Here vra vir hom, “wat soek jy hier?”  Elia kla en is moedeloos.  Hy sê, “ek het geywer vir U, maar die kinders van Israel het u verbond verlaat.”

Die Here sê vir hom, “gaan terug na Damaskus.  Gaan salf al hierdie ouens as konings en profete.  Ek sal 7000 in Israel laat oorbly wat die knie nie voor Baal sal buig nie.  Gaan terug en doen wat jy moet doen”.  En hy het gegaan.

Dit is so maklik om moedloos te raak.  Dit is so maklik om te wil opgee.  Selfs net wanneer jy gedink het jy is “on top of the world” gebeur daar iets en jy is moedeloos en begin vra, waar is die Here, het Hy my vergeet?

Ef 3:13 Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer. 

Dit gebeur soms dat jy moedeloos kan raak met ander se probleme en nie noodwendig jou eie nie.

Gal 6:9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 

En so kan ons aangaan.  Hoe lank moet ek sukkel om van hierdie probleem ontslae te raak?  Hoe lank moet ek sukkel om hierdie sonde in my lewe te oorwin?  Ek is moeg en moedeloos.  Die duiwel gee net nie op nie.

Matthew Arnold het gesê, "For now in blood and battle was my youth, and full of blood and battle is my age and I shall end this life in battle." 

Gaan dit ooit ophou?  Wel Paulus het aan die einde van sy lewe gekom en gesê,

2 Tim 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 

In Hand 20 het hulle vir Paulus gesê, as jy na Jerusalem toe gaan, gaan hulle jou in boeie sit en gevange neem.  Paulus sê toe,

Hand 20:24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. 

Hy het net nie opgegee nie.  In Open 2 kry ons hierdie goeie woorde wat die Here gee oor die Efese gemeente:

Op 2:3 ...dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. 

So wat is die helm van verlossing?  Byt vas, verdra, wees lankmoedig, bly gehoorsaam, moenie opgee nie.  Die finale oorwinning is joune.  Daar is vir jou ‘n ewige heerlikheid voor.  Moenie in die dag vir dag oorlog gaan lê en moedeloos word nie.  Stry die goeie stryd.  Jy het ‘n ewige hoop.  Hou jou oë gevestig op Jesus, die Leidsman en die Voleinder van jou geloof.

Rom 13:11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. 

Julle saligheid is nader by julle as toe julle gelowig geword het.  Watter saligheid is dit?  Die verlossing van die teenwoordigheid van sonde.  Die verheerliking.  Sit jou helm op!  Byt vas!  Die einde het nader gekom.  Moenie moedeloos word nie.  Moenie nou opgee nie.  Ons is naby die eindstreep.

En daar was Job.  So opregte ou.  Hy het die Here gedien.  Maar hy het alles verloor.  Tog het hy vasgebyt.  

Luk 18:1 En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie.

En verseker gaan die duiwel jou slaan met sy swaard van moedeloosheid.  Hy wil hê jy moet opgee en gaan lê.  Die helm van verlossing help my om nie te gaan lê nie.  Dit help my om nie op te gee nie.  Dit help jou om nie moedeloos te word nie.  

Hoekom?  Want jy het ‘n ewige hoop.  Daar is lig aan die einde van die tonnel.  Jy wil aan die einde van die oorlog staan en sê, “ek het die goeie stryd gestry, ek is vol wonde en seerplekke, maar dit was die moeite werd, ek het die geloof behou”.

In Openbaring 2 & 3 word herhaal, “aan hom wat oorwin, gee Ek”, “aan hom wat oorwin, gee Ek.”  Maw, God het spesiale dinge vir die wat oorwin.  En onthou Timotheus.  Toe hy moeilikheid kry, toe was hy ontmoedig.  Hy was jonk en versoek met die begeerlikeheid van jonkheid en hy het moeg geraak daarvoor.

Omdat hy ook jonk was, het mense hom verag en gesê, “wat weet jy”.  Ons lees ook dat hy herhaaldelik ontsteld was, só dat Paulus vir hom gesê het om ‘n bietjie wyn te drink vir sy maag.  Hy was ook verleë oor Paulus omdat hy so gereeld in die tronk was, en was ongelukkig omdat mense gesê het hy is ‘n dissipel van daardie tronkvoël.

Nog meer het daar valse leraars gekom in die Efese gemeente en die dwalinge wat hulle verkondig het was baie gesofistekeerd en Timotheus het nie geweet hoe om dit te hanteer nie.  Dan was daar filosofie en nietige misleiding en die geslagsregisters en Timotheus wat eenvoudig net verdrink was in ‘n see van dinge wat hom ontmoedig.

Paulus skryf aan Timotheus en sê, wakker die genadegawe van God aan.  God het ons nie gegee ‘n gees van vreesagtigheid nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.  Paulus probeer hom aanmoedig.

Petrus sê dieselfde ding vir sy lesers wat vervlog word.  Hy sê, 

1 Pet 3:17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen. 

Hy sê dit is beter as julle ly wanneer julle goed doen.

1 Pet  4:19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade. 

Jy sê, maar soms word jy moeg.  Dis reg, soms word jou bene jelly as jy die laaste rondte hardloop.  En as dit gebeur dan dink jy aan wat Jes 40 sê, 

Jes 40:29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. 

Dit is juis wanneer jy swak is, dan is jy sterk.  Net wanneer jy wil gaan lê, gee Hy jou nuwe krag.  Is dit nie great nie?  Net wanneer jy sê jy het nie meer krag nie, dan versterk Hy jou met Sy krag.

Jes 40:30 (Selfs) Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 
31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. 

Luister!  Daar is geen rede waarom jy moedeloos hoef te raak nie.  Die helm van verlossing sê daar wag vir jou ‘n dag van oorwinning voor.  As jy getrou bly sal jy ook beloon word.  Daar kom ‘n dag van heerlikheid.  Jy is gered, jy word gered en weet dat jy sal gered word.

En moenie dat die duiwel jou ontmoedig nie.  Moenie dat hy jou vreugde en toekomstige verwagting op heerlikheid steel nie.

1 Joh 3:2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 
3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is. 

As jy die koms van die Here verwag en daarna uitsien, het dit reeds hier en nou ‘n uitwerking op jou lewe.  Dit gee jou moed, dit gee jou uithou vermoë.  Dit gee jou krag om aan te hou, om vas te byt en om jou te strek na vorentoe, die oog gevestig op Jesus.  Die Leidsman en die Voleinder van jou geloof.

Trek die helm van verlossing aan.




Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288