Monday, 18 February 2013

Die wapenrusting (deel 3) - Die borswapen van geregtigheid


Ef 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan.

Ons besig met die wapenrusting van God.  Paulus het vir ons duidelik gewys dat in Christus het ons ‘n ongelooflike bron en krag.  Ons krag is in die Here.  Daarom word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte.  Ons is in ‘n geestelike stryd gewikkel en dit is nie maklik om die Christen lewe te leef nie.   Ons het ‘n vyand aan die binnekant en ons het ‘n vyand aan die buitekant.

Die binnekant is die sondige vlees en ons oorwin die vlees wanneer ons deur die Gees wandel.  Die buitekant is die duiwel en sy bose magte en sy bose wêreldse sisteem.  Ons oorwin hom deur die volle wapenrusting van God aan te trek.

Luk 14:31 Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie? 

Watter koning gaan veg in ‘n oorlog sonder om nie eers mooi te kyk na al sy bronne en mannekrag nie?  Sonder om ‘n strategie en plan te hê nie?  In ‘n sekere sin is dit presies so met die geestelike oorlog.  Jy kan nie onvoorbereid wees nie.  Jy moet gereed en voorbereid wees.  En dit verg totale commitment.

Ons het dan laas week gekyk na die begin van vers 14, na die eerste deel van die wapenrusting van God.  Die gordel van waarheid, aletheia, wat ook spreek van ‘n gesindheid van egtheid.  Truthfulness.  Gereedheid.  Commitment.  Dit is vanuit hierdie gesindheid van egtheid, waaruit die swaard van die Gees, naamlik die Woord getrek word om die oorlog te wen.

Om jou lendene te gord met die waarheid is die gedagte om jou gereed te kry, om jou voor te berei, om jou commitment reg te kry vir die oorlog.  Toe Israel uit Egipteland getrek het moes hulle hulle heupe omgord.  Maw hulle hets hulle voorberei en gereed kry.  Dit was ‘n algemene sê ding vir die Jode.  En Paulus gebruik dit in ‘n geestelike sin.

Petrus sê,

1 Pet 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. 

Maw kry jou verstand gereed vir die dinge van God.  Dit is hy sê.  So dit gaan oor commitment.  Dit is die bedoeling in Ef 6:14 met die gordel van waarheid.  Jy gaan nie die oorlog wen as jy nie ernstig is nie.  Sonder commitment gaan jy nie ver kom nie.  So ook in die gemeente.  Sonder commitment gaan ons gemeente nie groei en by dit uitkom by dit wat God vir ons beplan het nie.

Die twee deel van die wapenrusting is dan die borswapen van geregtigheid.  ‘n Romeinse soldaat het net eenvoudig nooit in ‘n oorlog gaan veg sonder sy borswapen nie.  Hy mag dalk ‘n goeie vegter gewees het op die voorpunt, maar hy kan nie altyd keer as iemand hom met ‘n pyl van ver af skiet nie.  So hy het altyd sy borswapen gedra.

So Paulus gebruik die voorbeeld van ‘n Romeinse soldaat wat in die oorlog gaan veg en nie net moet hy gereed wees en commited wees nie, nie net moet sy tuniek wat hy gedra het vasgemaak wees met ‘n gordel sodat hy maklik kan beweeg en veg nie, maar hy moet ook ‘n belangrike deel van sy liggaam beskerm.

Jy het wel twee verskillende borswapens gehad.  Een wat gemaak was uit ‘n swaar materiaal en bedek was met hoewe van diere  Soms het hulle stukke staal gebruik en dit aan die materiaal gehak.  Dan het jy ‘n borswapen gekry wat van soliede stuk metaal gemaak was.  ‘n Plaat wat van die nek tot by die heupe alles toegemaak het.

En as die soldaat nie ‘n borswapen gedra het nie, het al die ander dele van die wapenrusting nie gehelp nie.  So as jy nie die borswapen van geregtigheid aan het nie, as jy nie geregtigheid in jou lewe het nie, sal daar ook nie commitment wees nie.  Daar sal ook nie die skuld van geloof wees nie, die skoene van vrede en ook nie die helm van verlossing nie.

Jy gaan nie die swaard kan gebruik as jy nie committed is tot geregtigheid in jou lewe nie.  Geregtigheid beteken om in die regte verhouding met God te staan.  As dinge nie reg is tussen jou en God nie, maak die res van die wapenrusting nie saak nie.  Dit is uit geregtigheid, uit jou regte verhouding met God, waaruit commitment gebore word.

Die borswapen het die gedeelte van die hart en al  die binnegoed of ingewande beskerm, al die organe van die liggaam.  Die helm beskerm jou kop.  Nou vir die Jood het dit belangrike betekenis.  Die hart verteenwoordig die verstand, die gedagtes.

Spr 23:7 Want soos hy in sy siel (hart) bereken, so is hy...

KJV
Pro 23:7 For as he thinketh in his heart, so is he...

Mar 7:21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, 

Maw die hart dink.  Jer 17:9 sê dat die hart is bedrieglik bo alle dinge en dit is verdorwe.  Dit is wat die hart in die Bybel verteenwoordig.  Dit  is die mens se gedagtes, sy verstand.  

Die ingewande of die binnegoed verteenwoordig dan die gevoelens en emosies.  En die duiwel val ook dan die mens primer op hierdie twee plekke, in jou gedagtes en in jou emosies.  Hoe jy dink en hoe jy emosioneel reageer.

En die gelowige moet homself hierteen beskerm, want dit is waar die duiwel aanval.  Hy voed jou gedagtes met valse informasie, valse leerstellinge, leuens en hy wil verkeerde emosies en gevoelens by jou opwek.  Hy wil jou harstogte verdraai. 

So om dit alles op te som, as jy jou denke en jou gevoelens beskerm teen die aanvalle van Satan, is jy onfeilbaar.  Hy sal probeer om jou gedagtes en jou emosies te verwar, sodat jy die verkeerde dinge soek en begeer.

Verkeerde gedages en verkeerde emosies maak dat jy verkeerd optree.  En die doel van die borswapen is om jou gedagtes en jou emosies te beskerm.  Die Satan wil jou gedagtes vul met leuens.  Hy wil jou gedagtes vul met dinge wat nie van God af is nie.  Met teologie wat nie van God af is nie, met allerhande halwe waarhede en onwaarhede.  

Hy wil hê jy moet dink dat sekere sondes is nie so bad nie.  Hy letterlik verdrink jou in die see van sonde, sodat jy nie meer erstig daaroor dink nie en sonde begin verdra.  Hy vermaak jou met sonde op die TV dat jy sit en lag daaroor.  Hy maak mooi musiek daarmee, sodat ons dit oor en oor kan hoor en dat dit ons gedagtes kan beïnvloed.

Want uit die hart van die mens is die oorspronge van die lewe.  As jy verkeerd dink, gaan jy verkeerd lewe en verkeerd optree.  Jy gaan ook dan verkeerde gevoelens hê, want emosies volg altyd op gedagtes.

Daarom moet ons die borswapen van geregtigheid aantrek.  Ons gedagtes en emosies word beskerm deur geregtigheid.  Beskerm jou gedagtes en jou gevoelens en jy sal onfeilbaar wees teen die duiwel.

Waarvan praat Paulus as hy hier praat van geregtigheid?  Daar is net drie moontlikhede.  Die eerste is self-geregtigheid, die tweede is geregtigheid wat toegereken is, en derdens is praktiese geregtigheid.

Dit kan nie self-geregtigheid wees nie.  Self-geregtigheid beteken dat die mens probeer om sy eie geregtigheid op te rig.  Hy dink dat hy ‘n goeie mens is en dat dit hom in die hemel sal kry.  Hy dink sy eie geregtigheid is genoeg.  Maar Jesus het gesê,

Matt 5:20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. 

Rom 10:3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 

Dit is uit genade wat die mens gered word deur die geloof en nie uit onsself nie.  Dit is die gawe van God.  Jy kan nie deur jou eie geregtigheid en jou goeie werke gered word nie.  Dit is wat godsdiens doen.  Godsdiens is die mens se poging.  Jesus vertel hierdie gelykenis in Luk 18, 

Luk 18:9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel. 
10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. 
11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. 

Maw, dit is iemand wat se, dankie tog ek is nie so sleg soos hulle nie.  Ek is ‘n goeie mens.  Dit is self-geregtigheid.

Luk 18:12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. 
13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! 

Op die ou einde was dit tollenaar wat geregtigheid gevind het en nie die Fariseër nie.  Hy wat homself verhoog sal verneder word en hy wat homself verneder sal verhoog word.  Dit is die mens wat erken dat hy homself nie kan regverdig nie.  Dit is hy wat geregtigheid ontvang het.

So die borswapen van geregtigheid spreek nie van self-geregtigheid nie.  Jesaja 64:6 sê al ons geregtigheid is ‘n besoedelde kleed.  En dit is die beste wat ons het.  As jy hoop om in die hemel te kom op grond van hoe goed jy is, is jy mislei en jy is verlore.

Paulus sê in Fil 3 dat al die dinge wat hy gedoen het, alles wat hy gedink het was vir hom wins, het hy om Christus wil skade geag.  Hy het dit alles prysgegee en as drek beskou om Christus as wins te verkry.  In Christus het hy die geregtigheid gevind wat uit God is.

Paulus sê, my self-geregtigheid gaan my nie help nie.  Ek het die geregtigheid van God nodig wat kom deur die geloof in Christus Jesus.  Christus se geregtigheid word op jou toegereken.  God beklee jou met die geregtigheid van Christus.  Wanneer God na jou kyk, sien hy nie jou geregtigheid nie, maar Hy sien die geregtigheid van Christus.

2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 

Ons sonde word op Hom geplaas en Hy betaal die prys daarvoor en Sy geregtigheid word op ons toegereken.  Die is geregtigheid wat toegerek is.  Dit is die tweede moontlikheid wanneer dit kom by die borswapen van geregtigheid.  Maar ek dink dit spreek van meer as net die geregtigheid wat ons ontvang het toe ons gered is.  Dit spreek van praktiese geregtigheid.

Ja, die geregtigheid van God wat jy ontvang by saligheid is die basis van jou borswapen.  Maar dit gaan verder.

Fil 3:9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; 
10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, 

Jy ontvang die geretigheid van God, sodat jy Hom kan ken, sodat ek sy opstandingskrag kan ken, sodat ek met sy lyde gemeenskap kan hê, sodat ek aan sy dood gelykvormig kan word.  En dit is nie iets wat oornag gebeur nie.

Fil 3:12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. 
13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. 
14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. 

Wat Paulus sê, ek het die geregtigheid van God wat aan my toegereken is, maar ek jaag daarna, ek leer nog steeds, ek strek my uit na die dinge wat voor is.  Maw, geregtigheid wat toegereken is maak praktiese geregtigheid moontlik.

Kom ek probeer dit meer duideliker maak.  Toe jy gered is, was die geregtigheid van Jesus Christus op jou toe gereken.  Hierdie geregtigheid omvou jou toe tot in alle ewigheid.  Maar vir jou om ‘n lewe te leef wat die geestelike oorlog teen Satan en die wêreld oorwin, moet jy die beginsels van geregtigheid wat nou tot jou beskiking is elke dag toepas.

Daar is christene wat dink, omdat hulle geregverdig is, maak dit nie saak hoe hulle leef nie.  Die geregtigheid van Christus wat op jou toe gereken is, waarborg nie dat jy elke oomblik reg sal lewe soos jy behoort te lewe nie, maar dit is ‘n waarborg dat jy kan.

Daar’s ‘n verskil tussen posisie en praktyk.  Jou posisie is verseker veraltyd, maar in die praktyk moet ek begin om dit uit te leef.  Omdat ek nou die geregtigheid van Christus het, beteken dit nie dat ek alreeds gearriveer het nie.  

In Fil 2 sê Paulus, “werk julle eie heil uit met vrees en bewing.”  Die heil wat jy ontvang het, werk dit nou uit.  Die geregtigheid wat jy ontvang het, werk dit uit.  En dit is wat dit beteken om die borswapen van geregtigheid aan te trek.

Om die borswapen van geregtigheid aan te trek, beteken nie om gered te word nie, maar om jou redding uit te leef, om die geregtigheid wat jy reeds het te begin uit leef.  Dit beteken om ‘n lewe te leef van geregtigheid.  Dit beteken om heilig te lewe.

Paulus het eerder die praktiese geregtigheid in gedagte wanneer hy praat van die borswapen van geregtigheid.  Christene kan die geregtigheid van Christus hê, maar die geestelike stryd verloor, want hulle leef nie die geregtigheid van Christus in hulle lewe uit nie.  Jy moet ‘n lewe van geregtigheid lewe.  Dit is ‘n daaglikse keuse.  Praktiese geregtigheid trek die borswapen aan.

Paulus sê, ek jaag na die doel om die prys te verkry.  Wat is die prys?  Om soos Christus te wees.  Die borswapen van geregtigheid beteken om heilig te lewe.  Dit is so eenvoudig soos dit.  As jy nie ‘n heilige lewe leef en streef na heiligmaking nie, gaan jy nie die geestelike stryd wen nie.

Jy gaan verloor.  Jy gaan jou blydskap verloor.  Die rede waarom soveel Christene hartseer in hulle lewens het, is nie omdat hulle nou sielkundige berading nodig het nie, of omdat hulle verhoudings probleme het nie, maar dit is as gevolg van ‘n te kort aan persoonlike heiligmaking.

Dit is die eerste plek waar jy moet begin kyk as jy probleme in jou lewe het.  Begin kyk na jou heiligmaking.  As jy nie heilig leef nie, sal jy nie die blydskap van jou redding beleef nie.  

Nadat Dawid gesondig het, het hy gesê, “Psa 51:12 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.”  Jy gaan jou vreugde as kind van God verloor as jy in sonde leef.

Jy het nie 10 sessies by ‘n sielkundige nodig nie.  Trek die borswapen van geregtigheid aan.  Ons lewe in ‘n wêreld vol van immoraliteit, materialisme, en humanisme wat dit moeilik maak om ‘n heilige lewe te leef.  En snaakse gimmicks gaan nie die probleem oplos nie.  Ons moet heilig lewe.

Is jy getrou wanneer dit kom by Bybelstudie?  Is jy getrou in jou gebedslewe?  Het jy jou gesin lief soos wat jy veronderstel is om te wees?  Deel jy die evangelie van Jesus Christus in jou gemeenskap sonder om skaam te wees?  Gee jy vir werk van die Here soos wat jy veronderstel is om te gee?  Lewe jy ‘n lewe van geregtigheid?

Indien nie?  Hoekom sou jy verwag dat alles net wel gaan met jou?  Kom by die wortel van die probleem uit.  Deel eers met die ongehoorsaamheid en die sonde in jou lewe.  Deel eers met die verkeerde gesindheid.  Deel eers met jou verkeerde gedagtes.

As jy nie die borswapen van geregtigheid aantrek nie, gaan jy ook die vrug in jou lewe verloor.  Jy gaan onproduktief word.  Nog iets wat jy kan verloor is jou loon in die hemel.

2 Joh 1:8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. 

God wil hê ons moet ‘n godvrugte lewe leef.  God wil hê ons moet blydskap hê.  God wil ons eendag beloon daarvoor.  Trek die borswapen van geregtigheid aan.  Begin om ‘n lewe van geregtigheid te leef.   As jy die vyand aan die buitekant wil oorwin, is dit wat jy moet doen.

Trek die volle wapenrusting van God aan.  Ons is in ‘n oorlog gewikkel.

1 Pet 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 
12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. 


Die wapenrusting (deel 2) – Die gordel van waarheid


Ef 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 

Ons het verlede jaar afgesluit met Ef 6:10-13 waar ons gesien het dat ‘n Christen is in ‘n geestelike stryd gewikkel.  Ons het gesien dat ons het ‘n vyand aan die binnekant, en dit is die sondige vlees.  Hoe oorwin ons hierdie vyand? Gal 5:16 sê, wandel deur die Gees dan sal julle nooit begeerlikheid van die vlees volbring nie.  Maar ons het ook ‘n vyand aan die buitekant, en dit is die duiwel en al sy tranwante met sy bose wêreld sisteem.

Wanneer jy vir God leef is dit verseker dat jy gaan koppe stamp met die bose magte, die owerhede, die wêreldheersers van die duisternis.  Daar is geen twyfel hieroor nie.  Die duiwel en sy vriende hou nie van jou nie.  Die duiwel en al sy magte is teen jou.  Maar ons het ook gesien in die boek Efesiërs dat die Christen het ‘n ongelooflike bron van seëninge ontvang en dat hy in Christus meer as ‘n oorwinnaar is en dat sy krag in die Here is.  Ons het die inwonende Heilige Gees wat ons vervul en versterk.

Ons verteenwoordig letterlik die ongelooflike krag van God.  In ons is die krag wat Jesus uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan die regterhand van God.  En alle dinge is onder Sy voete onderwerp.  Ons het hierdie onglooflike bron en ons is die kinders van God en ons is in hierdie wêreld geplaas om God se planne en doel te bereik.

Dieselfde vyand van God, dieselfde vyand van die eerste mens, dieselfde vyand wat probeer het om die nasie van Israel uit te roei, dieselfde vyand wat probeer het om die geboorte van Jesus te keer, dieselfde vyande wat probeer om die kerk te vernietig.  Dieselfde vyand wat saam met sy leermagte en die konings van die aarde en hulle leers teen Christus gaan kom oorlog maak, soos ons lees in Open 19:19, is ook die vyand van elke gelowige.

‘n Christen wat dit nie besef nie, en nie gereed is vir die geestelike stryd nie, gaan geviktimiseer word.  Hy gaan sy effektiwiteit verloor wat veroorsaak dat dit wat God vir hom begeer nie in sy lewe vervul word nie.  In sy lewe sal die heerlikheid van God verlore wees.  

Daarom moet ons gereed wees vir hierdie stryd.  Ons moet daarvan bewus wees.  Jy kan nie die Bybel bestudeer en nie erstig raak hieroor nie en nie die belangrikheid van die wapenrusting besef nie.

Ons het verlede keer ook gesien dat ons bekend moet wees met die duiwel se planne.  Ons moenie onkundig wees nie.  Ons moet iets verstaan van hoe die Satan ons aanval.

Eerstens en bo alles, glo ek dat die vyand val die gelowige aan deurdat die gelowige God se karakter en geloofwaardigheid ondermyn.  Die duiwel wil hê jy moet in God twyfel.  Hy het dit gedoen in die tuin van Eden met Eva, “Het God dit gesê?” en dan betwis hy God se motief deur te sê dat die rede waarom God nie wil hê dat hulle nie van hierdie boom mag eet nie, is omdat Hy weet dat hulle soos Hom sal wees.  Hy skep die idee dat God alleen wil God wees en is selfsugtig.  Hulle kan nie regtig Hom vertrou nie.

1 Joh 5:10 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. 

Hy wat God nie glo nie, maar Hom ‘n leuenaar en dit is wat die duiwel probeer doen.  Hy wil hê dat mense in God moet twyfel en dink dat God is ‘n leuenaar en dat hy die waarheid praat.  Hy wil hê jy moet in Sy Woord en in Sy krag twyfel.  Hy wil hê jy moet dit bevraagteken.

Hy wil hê jy moet in Sy genade en vergifnis twyfel.  Sy liefde.  Dat Hy omgee.  Dat jy sal twyfel!  Hoekom laat God toe dat al hierdie dinge met my gebeur.  Hoekom laat Hy toe dat dinge verkeerd loop.  Slegte dinge.  En Satan wil hê ons moet op die plek kom waar ons in God se liefde twyfel.  So dit is waar hy ons eerstens aanval, om God se karakter en geloofwaardigheid te ondermyn.

Tweedens, val Satan ons aan om dit moeilik vir ons te maak om ‘n Christen lewe te leef.  Hy wil hê dit moet maklik wees nie.  Hy gaan dit vir jou so moeilik maak as wat hy kan.  En ek dink hy val jou so op drie maniere aan om die Christen lewe vir jou moeilik te maak.  

Een manier is deur vervolging.  Net om ‘n Christen lewe te leef kan maak dat ander mense wat antagonisties is, jou kan vervolg.  Nog ‘n manier waarop die lewe vir ‘n Christen moeilik gemaak kan word is deur groepsdruk.  Sommige Christene wil nie opstaan vir God nie, want hulle is bang hulle gaan hulle vriende verloor.  Hulle wil nie hulle Christen lewe daar buite in die publiek uitleef nie, want mense gaan dalk snaaks van hulle dink.

Hulle wil nie hulle verhoudinge met mense verander nie, want hulle is gemaklik met die aanvaarding wat hulle kry.  Hulle hou daarvan dat ander van hulle hou.  En hulle is net nie gereed om so te lewe dat dit hulle dalk sal vervreem van ander nie.  Daarom sê Paulus, 

2 Tim 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 

‘n Derde manier waarop dit moeilik gemaak word vir ‘n Christen om die Christen lewe te leef is om dit maklik te maak om ‘n Christen te wees.  Christenskap word verkoop as iets makliks.  Almal is mos Christene, ons is ‘n Christelike nasie.  Om ‘n Christen te wees is eintlik COOL!  Dit is maklik om een te wees.  Daar is geen prys wat jy hoef te betaal nie.  En dit is juis dit wat dit so moeilik maak vir ons om die ware Christen lewe te leef.

En dit is hoe die vyand ons aanval.  Eerstens om die geloofwaardigheid en karakter van God te ondermyn en tweedens deur dit moeilik te maak vir die ware kind van God om die Christen lewe te leef.

Derdens val Satan die gelowige aan deur hom te verwar met valse leringe.  Hulle word so verwar met al die verskillende geestelike boeke en versillende leraars.  Hoekom is daar soveel verskillende sieninge oor die Bybel?  Wel, ek dink dit is deel van Satan se komplot om Christene te verwar.  

Tot op so punt dat sommige sê, ons moenie so dogmaties wees oor die Bybel nie.  Maar die Bybel was van die begin af in elk geval nie bedoel om moeilik te wees om te verstaan nie.  Dit is al die verwarring wat deur die duiwel veroorsaak met al sy valse idees en leringe.

Die Bybel is nie so moeilik om te verstaan nie.  Ek is nie slim nie.  Ek het net geleer dat wanneer ‘n mens moeite doen en delf in die Woord, sal dit vir jou oopgaan en duidelik word.  Die Bybel is nie geskryf vir slim mense nie.  Dit is geskryf vir gewone mense.

Maar die duiwel verwar gelowiges op hierdie manier deurdat hy al hierdie verskillende en moeilike interpretasies voor jou gooi.  Hy verwar ook gelowiges deur valse leraars in te smokkel wat allerhande valse leringe saai.

Daar is so baie Christene wat mislei is deur die valse leraars wat kom in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle wolwe.  Die leringe van duiwels is so wyd verspreid en Satan het al soveel kerke verwar.  En ons kan so baie hieroor sê.

Vierdens, probeer die duiwel so hard om ons te verhinder om vir Christus iets te doen.  Hy wil hê ons moet oneffektief wees.  Hy sal alles doen om ons bediening te stuit.  Hy wil hê jy moet niks beteken vir die koninkryk van God nie.

Vyfdens, probeer Satan alles doen wat hy kan om verdeeldheid in die kerk te bring.  Dit is hoekom Jesus so streng was toe Hy gesê het, in Matt, dat as jy iets teen jou broer het, moet jy na hom toe gaan en versoen.  1 Kor 1, 2 & 3 vertel ons van verdeeldheid wat in die kerk was.  Paulus sê in Ef 4 dat ons ernstig daarna moet strewe om die eenheid van die Gees te bewaar.  Want die duiwel wil ons uit mekaar dryf.

Nog ‘n area waar die Satan ons aanval, is om ons aan te moedig om op ons eie bronne staat te maak.  In 1 Kron 21 lees ons van Dawid wat wou weet hoe sterk hulle regtig is en toe het hy die soldate almal getel.  God sê egter vir hom dat dit ‘n verskriklike sonde is.  Sy sterkte is nie gebaseer op die hoeveelheid soldate hy het nie, maar op God.

Jou krag lê nie daarin dat jy een of ander sekere boek gememoriseer het en die beginsels daarin bemeester het en of jy die seminar bygewoon het en al die inligting in jou kop het nie, en nou is jy gereed en in staat om probleme te kan hanteer nie.  Spreuke het gesê, 

Spr 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 

‘n Sewende manier hoe Satan ons aanval en wat ook maar algemeen is dat hy maak dat ons geveinds is.  Die kerk is vol mense wat nie eg is nie, selfs Christene.  Dit is so maklik om met ‘n geplakte smile by die kerk te wees, om ‘n masker voor ander te dra, en almal die idee te gee ons is ok.  Maar dit maak dat ons nie met die probleem afreken nie, ons maak nie oop teenoor ander met ons probleme nie, so op die ou einde kan niemand sy arms om ons sit en ons help nie.  Ons kruip agter waardigheid weg.  Ons kruip agter sogenaamde geestelikheid weg.

‘n Agtste manier hoe Satan ons aanval is om ons te verwêrelds.  Om ons in ‘n wêreldse vorm te probeer in druk.  En hy slaag ongelukkig hiermee.  Mense, die kerk vandag het so wêrelds geraak, materialisties, self-gesentreerd, humanisties.  Dit is moeilik om ‘n onderskeid te tref tussen die kerk en die wêreld.  En tog sê Johannes, 

1 Joh 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 
16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 

Laastens val die duiwel ons aan deur ons te keer om die Woord van God te gehoorsaam.  En wanneer ons God ongehoorsaam gee dit hom ‘n oop deur.  Dit gee hom die voordeel.

Met hierdie nege dinge, dit is waar die oorlog is.  Dit is waar die duiwel ons aanval.  En hoe hanteer ons dit?  Wat moet ons doen?  Dit is nogals ‘n hele klomp goed waarmee hy ons aanval.  Maar die wonderlike ding is dit, en dit is waaroor ons opgewonde kan wees, is dat al nege hierdie kan op ‘n eenvoudige manier gehanteer word.  Kyk na Ef 6:13,

Ef 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 

Hoe weerstaan ons die aanvalle van die duiwel?  Met al sy slimgheid en al sy tricks en misleiding.  Luister!  Ons konsentreer nie op wat hy doen nie, ons moet konsentreer op dit wat ons moet doen.  Wat saak maak is dat ons ons wapenrusting sal aantrek.

Sodat wanneer hy ons aanval, dat sy aanvalle afgeweer sal word.  Dit maak nie saak waar die vyand vandaan kom nie en maak nie saak hoe slinks sy aanvalle is nie.  Wat saak maak is dat jy altyd gereed sal wees.    Ons het die nege dinge gesien hoe hy ons aanval, maar dit maak nie saak hoe hy ons aanval nie.  Wat saak maak is dat ons gereed sal wees.

As jy die volle wapenrusting van God aan het, sal jy staande bly teen enige aanval.  Maak nie saak wat die aanval is nie, en hoe die Satan jou aanval nie.  Jy moet net die wapenrusting aan hê, dan sal jy staande bly.

Die gordel van waarheid

En vanoggend kyk ons dan na die eerste deel van die wapenrusting en dit is baie eenvoudig, maar baie belangrik.  Daar is dan sewe goed waaruit die wapenrusting dan bestaan en ons kyk dan na die eerste een in vers 14.

Ef 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord...

Omgord julle lendene met die waarheid.  Dit is die gordel van waarheid.  Die Griekse woord , is die woord “aletheia”, waarheid of ‘n gesindheid van egtheid.  Die woord kan vertaal word itv die Woord van God, die openbring van God, die waarheid in teenstelling met valsheid.  Of dit kan ook vertaal word met ‘n gesindheid van egtheid, of opregtheid, eerlikheid en integriteit.

Kom ons kyk eers na die eerste vertaling wanneer dit praat van die waarheid.  As Satan my aanval, is dit my plig in die eerste plek om die gordel van waarheid aan te hê.  Hoekom?  Want hy gaan kom met al sy liste, met al sy dwalinge en misleiding.  Met al sy tricks.

Ef 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 

Dit is dieselfde woord “methodia” wat gebruik word in hoofstuk 4

Ef 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid OM LISTIGLIK TOT DWALING TE BRING.

So Satan val ons aan deur te kom met al sy valsheid en leuens.  En die enigste manier hoe ons hom kan uit oorlê, is deur die gordel van waarheid aan te hê.  Jy weerstaan nie valsheid en leuens van die duiwel deur dit beter te verstaan nie, maar jy weerstaan dit met die waarheid.  En dit is waarom dit so belangrik is dat ons gesonde lering sal ontvang.  Dit is belangrik dat ons die Woord van God sal leer en leer en leer.

So hoe trek ek die gordel van waarheid aan?  Ek leer God se Woord.  Ek spandeer tyd met God se Woord.  Hoekom val so baie Christene vir valse leringe?  Want hulle ken nie God se Woord nie.  Hulle spandeer nie tyd met God se Woord nie.

2 Tim 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 
2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 
3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 

Satan kom met onwaarhede en ‘n gelowige wat die geestelike stryd toetree moet die waarheid ken.  En dit is wat Paulus hier in Ef 6:14 sê.

Nou in Paulus se tyd het ‘n Romeinse soldaat ‘n tuniek gedra.  Dit is een stuk material wat hy gedra het, amper soos ‘n rok, maar as hy oorlog toe gegaan het, kon hy nie dit los dra nie.  Dit sou hom gepla het in ‘n veg situasie. 

Luk 12:35 Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 

Wat sê hy?  Al daardie material wat los hang, maak dit vas en kry jouself gereed.  So dit gaan oor gereedheid en om voorbereid te wees.  Die belt of gordel wat hulle dan aangetrek het, was ter voorbereiding.  So die Romeinse soldaat sou nie na ‘n oorlog toe gegaan het as hy nie sy tuniek vasgemaak het en omgord het nie.

2 Tim 2:3 Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman (soldaat) van Jesus Christus. 
4 Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het. 

Wat hy hier sê is dat jy kan nie gaan veg as jy in die wêreldse dinge verstrengel is nie.  Jy moet breek met die wêreldse dinge.

Verder het die belt wat die Romeinse soldaat gehad het, ook ‘n band gehad wat aan die gordel vasgemaak het voor en oor die skouers gegaan het en weer agter vasgemaak het.  Die soldaat het dan sy swaard hieraan vasgemaak.  En ons lees dan ook later van die swaard van die Gees wat die Woord van God is.

So die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, is vasgemaak aan die waarheid.  Maw die waarheid is geopenbaar in die Woord.  Dit is van die gordel van die waarheid waaruit jy jou swaard van die Gees, die Woord van God trek en die oorlog wen.

En dit is wat die woord “aletheia” beteken.  Maar ek dink die tweede vertaling is meer korrek, en dit gaan eerder oor ‘n gesindheid van egtheid, opregtheid, eerlikheid en integriteit.  Die swaard van die Gees gaan eerder oor die waarheid, terwyl die gordel van waarheid gaan oor die gesindheid van egtheid.  ‘n Gesindheid wat sê, ek is gereed vir oorlog.  Ek is voorbereid.  En ek dink dit is waaroor dit gaan.

Wat dit beteken is dat jy nie in ‘n geestelike oorlog kan gaan veg as jou gesindheid nie eg is nie.  Jy kan nie gaan veg as jy nie ernstig is nie.  En baie Christene sit nooit hierdie gordel aan nie.  Daar is nie regtig toewyding nie.  Daar is nie commitment nie.

Wanneer ‘n soldaat sy gordel aan sit en sy band oor sy skouers gooi en sy swaard vasmaak, het dit beteken dat hy is gereed om te gaan veg.  Hy is committed tot ‘n oorlog.  En ek dink baie Christene gee net nie om nie.  Hulle val maar net rond.  Daar is geen commitment nie.  Jy moet die regte gesindheid en die regte hart hê as jy in hierdie geestelike oorlog wil gaan veg.

‘n Ware Christen is lief vir die waarheid en lief vir Christus, so dat hy sy lewe sal commit om te veg en nie op te gee nie.  Ek dink dit is waaroor die gordel van waarheid gaan.  Dit gaan oor jou gesindheid.

1 Kor 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. 

Dit gaan oor gesindheid.  En vir Christus moet dit jou begeerte wees om jou beste te gee, om voorbereid te wees, om gereed te wees.  Jou lendene te omgord met die waarheid.  Dit is ‘n oproep tot commitment.  Trek die gordel van waarheid aan.  Jy gaan nie die geveg wen met ‘n verkeerde gesindheid nie.

So die gordel van waarheid gaan oor die waarheid, maar meer dit gaan oor jou gesindheid om gereed te wees, voorbereid te wees, committed te wees.


Die wapenrusting van God


Ef 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 
11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 
12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 
13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Hierdie gedeelte gaan oor die Christen se worstelstryd of oorlog en daarom het ons die wapenrusting van God nodig.  Dit is die einde van die brief van Efesiërs so as ons dit wil reg verstaan moet ons dit binne konteks verstaan.  Hierdie brief volg ‘n patroon wat baie van die Nuwe Testament briewe volg, veral die wat deur Paulus geskryf is.

Die eerste hoofstukke 1, 2 & 3 identifiseer ons posisie in Christus.  Dit is leerstellig.  Hierdie hoofstukke sê vir ons wat dit beteken om ‘n Christen te wees.  Bv. 

Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.

Hy beskryf in hoofstuk 1 ons posisie in Christus.  Wie ons is.  Maar verder sê hy ook dat alle wysheid en kennis is aan ons geopenbaar deur die Gees.  En dit behels die verborgenheid van Sy wil wat voorheen verborge was, maar nou aan ons geopenbaar is.

Ons is in staat om deur die openbaring van die Skrif nie net die verlede en die hede te verstaan nie, maar ook die volheid van die tye, die samevatting van alles in Christus, dit wat in die hemel is, en dit wat ook op die aarde is.  Ons het ‘n ewige erfenis ontvang waartoe ons uitverkies is.

Ons is deur daardie ewige verlossing verseël met die Heilige Gees van die belofte in v13.  Die Gees is aan ons gegee as die waarborg dat dit wat God belowe het, dat ons dit sal verkry.  En so begin Paulus hierdie brief van Efesiërs met ‘n lys van voordele en seëninge wat aan die Christen behoort, want ons behoort aan Christus.

Paulus wil hê ons moet dit verstaan, dat ons vlg v18, verligte oë van verstand sal hê, sodat ons kan weet wat die hoop van sy roeping en die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel is onder die heiliges.

V22 sê dat alle dinge is onder Sy voete en Hy is die hoof bo alle dinge.  Ons moet dit dan in gedagte hou as ons kom by Efesiërs 6.  Maw Jesus is nie net hoof van Sy kerk, maar Hy besit ook totale mag oor alles en ook oor die bose.

Hoofstuk 2 beskryf vir ons die wonderlike geskenk van verlossing wat ons het deur ons te herinner dat ons dood was deur ons misdade en sondes, en dat Hy ons lewend gemaak het.  Hy het ons lewend gemaak saam met Christus deur genade.  En Hy laat ons saam met Christus sit in die hemele.

En dit is waaroor die eerste 3 hoofstukke gaan.  Al die seëninge wat ons ontvang het.  Ons is Sy maaksel, geskape in Christus tot goeie werke.  Die resultaat dan van ons wedergeboorte is dat ons doen wat God behaag en die goeie werke wat God voorberei het, dat ons daarin wandel.  Ons was eers nie deel van God se doel en planne nie, maar nou het ons in Christus deel daarvan geword.

Dan van hoofstuk 4 af begin Paulus beweeg van die leerstellinge na die praktyk.  Omdat al hierdie dinge waar is, omdat God jou al hierdie dinge gegee het, omdat jy geseënd is, word die voglende dinge van jou verwag.

Ef 4:1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is.

Jy is nou ‘n Christen, lewe soos ‘n Christen.  Jy is ‘n geroepene, lewe soos een.  Wandel met nederigheid en sagmoedigheid, wees geduldig en verdra mekaar in liefde.  Strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van vrede.

Ons is een liggaam en verskillende bedieninge.  Ons het elkeen ‘n funksie en verantwoodelikheid in die liggaam.  Die heiliges moet toegerus word vir hulle dienswerk en ons moet groei tot volwasse Christene, wat nie soos golwe heen en weer gedryf word deur elke wind van lering nie.

Verder sê hy ons is anders.  Ons wandel nie meer soos die heidene nie in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie.  Hulle verstand is verduister en vervreemd van die lewe van God.  Paulus sê ons het hierdie lewenswandel afgelê.  Ons is geroep tot ‘n nuwe soort van lewe.  En om so te lewe moet ons vernuwe word in die gees van ons gemoed.

KJV
Eph 4:23 And be renewed in the spirit of your mind; 

Ons moet die nuwe mens aantrek wat geskape is in ware geregtgheid en heiligheid.  Ons moet leuens aflê en die waarheid spreek.  Ons mag kwaad word maar nie sondig nie.  Maar ons mag ook nie kwaad bly nie.  Moenie dat die son ondergaan oor julle toorn nie.

En dan sê hy, gee aan die duiwel geen plek nie.  En die veronderstelling hier is dat enige vorm van verkeerde gedrag gee die duiwel plek.  Paulus noem dan ‘n paar dinge.  Moenie steel nie, moenie vuil taal gebruik nie, bedroef nie die Heilige Gees waarmee julle verseël is.

Hoofstuk 5 sê ons moet navolgers wees van God, ons moet in liefde wandel soos Christus ons ook liefgehad het en Homself vir ons gegee het.  Dan noem hy klomp slegte dinge en sê ons wandel nie meer so nie.  Ons is kinders van die lig en nie van die duister nie.  Ons moet beproef wat God welbehaaglik is.  Ons moet nougeset wandel.  Ons moet Gees vervuld wees.

Paulus sê dan hoe moet ‘n man en vrou en kinders optree.  Alles praktiese dinge.  Tot by hoofstuk 6:9 wat alles gaan oor besonderhede van die Christelike lewe.  Dan sê v10,

Ef 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 

En die rede waarom Paulus dit sê is omdat hierdie stryd nie maklik gaan wees nie.  Dit is nie maklik om ‘n heilige en goddelike lewe te leef nie.  Daar is baie dinge wat teen jou gaan inwerk.  

Eerstens is dit vlees, jou sondige natuur.  Dit is vir alle Christene dieselfde werklikheid, dat ons leef nog in ‘n sondige liggaam.  En hierdie vlees wil die dinge doen van die vorige ou lewe.  Daar is ‘n stryd waarmee elke Christen worstel.  Die gees wat deel is van die nuwe mens wat stry teen die vlees wat oorgebly het van die ou mens.

Paulus sê in Rom 7, die dinge wat ek moet doen doen ek nie, maar die dinge wat ek nie moet doen nie, dit doen ek.  Hy sê in, 

Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? 

In Gal 5 sê hy, die vlees begeer teen die Gees en die Gees teen die vlees.  Jy sien!  Die realiteit van die Christen lewe is dit, dat die lewe wat ons moet leef is nie maklik nie.  Dit is nie maklik nie, want ons vlees is in opposisie met ons gees.  Wat is die vlees?

Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 
20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. 
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 

En dit is die stryd wat elke gelowige binne-in hom het.  Die vlees teen die gees.  Die stryd is nie aan die buitekant nie, maar aan die binnekant.  Dit gaan jou nie help om jou oë uit te pluk of soos monnik in ‘n klooster te gaan bly weg van die samelewing af, om so van sonde af weg te vlug nie.

Die sonde woon binne-in jou.  En waar jy gaan, gaan die sonde saam met jou.  Selfs al is jy ‘n gelowige, is daar nog oorblywende sonde.  En die stryd is aan die binnekant.  Die oorlogsveld is binne in jou.  Jy het nie eers die duiwel nodig om in die oorlog betrokke te wees nie.  Jou gevallenheid is klaar oorgenoeg.  Maar wanneer die duiwel by kom, is stryd net nog moeiliker, daarom moet jy hom geen plek gee nie.

Jy het ‘n vyand aan die binnekant en dan het jy ‘n vyand, die duiwel aan die buitekant.  Daarom sê Paulus in Ef 6:10 “...word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.”  V11 & 12

Ef 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 
12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 

Hierdie stryd is nie ‘n ligtelike ding nie, maar ‘n ernstige ding.  Ons het mense wat ons teëstanders is, maar agter die skerms is bose magte aan die werk.  Voordat jy ‘n Christen geword het, was jy ook vasgevang in die koninkryk van duisternis.  Jy was ook onder die mag en gesag van die owerste van die lug, die owerste van hierdie wêreld naamlik Satan.

Soos Johannes 8 dit stel, die duiwel was jou vader voordat jy gered was.  Nou is hy jou vyand, noudat jy kind van God is en deel is van die koninkryk van God.  Wanneer jy gered word, word jy geplaas vanaf die koninkryk van die duisternis oor in die koninkryk van die lig.  Ons is gered vanuit Satan se mag, vol van leuens, en al sy misleidende ideologieë en verkeerde idees en verkeerde manier van denke.  Ons het die waarheid en God leer ken.

Hoe hanteer ons die vyand wat in ons is, die sondige vlees? 

Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

Om deur die Gees te wandel beteken om die woord van Christus ryklik in ons te laat woon.  Om dit anders te stel, om die woord in ons harte te bêre dat ons nie teen Hom sal sondig nie.  Om te wandel deur die Gees beteken om te wandel in die dinge wat die Gees bevestig, wat sou wees die dinge van die Woord, om heilig te leef, rein gedagtes hê, heilige woorde en heilige gedrag te openbaar.

Maar wat maak ons met die vyand aan die buitekant?  Hoe maak ons met die bose magte van die lug wat teen ons is?  Hulle oorheers die wêreld.  Al die onwedergebore mense van die wêreld behoort aan hulle.  Die onwedergebore mense in die wêreld is deel van die koninkryk van die duisternis.  Hulle is onder die mag van die owerste van die lug.

Ef 2:2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

Wat is die wêreld?  Dit verwys sekerlik nie na die planeet nie.  Dit verwys eerder na ‘n stelsel in die wêreld wat bestuur word deur Satan.  Dit is ‘n sondige stelsel.  Dit is ‘n demoniese stelsel.  En dit is hierdie stelsel waarvan mense onder sy mag is wat teen die gelowiges is.

Dit is nie noodwendig die duiwel self wat jou aanval nie, alhoewel dit ook gebeur, soos byvoorbeeld Job.  God het Satan toegelaat om sy gesin aan te val en alles van hom te vernietig.  God het dit toegelaat om te wys dat ‘n ware gelowige soos Job nooit sy saligheid kan verloor nie, al gebeur wat met hom.  So die duiwel kan ‘n mens direk aanval.  Maar die Here sal dit alleen toelaat om Sy eie doel te bereik.

Maar die belangrike ding wat ek en jy moet verstaan is dat Satan werk teen die gelowiges deur die wêreld.  Hy gebruik die wêreldse sondige stelsel om ons te versoek met sonde.  So op die voorpunt van hierdie stelsel is ideologieë.  Op die voorpunt van hierdie stelsel is die Satan wat hom voordoen as ‘n engel van die lig.  Op die voorpunt van hierdie stelsel is godsdiens.

En sy dienaars doen hulle voor as dienaars van geregtigheid.  Alle valse godsdiens noem Paulus die leringe van duiwels.  Maw alle valse godsdiens kom van wie?  Dit kom van die duiwel.  Dit is sy stelsel waarmee hy mense mislei.  En die leerstellings van duiwels sê Paulus in 1 Tim 4 kom deur geveindsheid van leuenaars.

So die Satan wil mense weglei van die ware God na ‘n eindelose verskeidheid van godsdienstige stelsels waarvan hy die outeur is.  En al hierdie stelsels het een ding in gemeen.  Hulle vertel die mens dat hulle verlossing en regte verhouding met God kan verdien word.

Die mens het ‘n gewete en hy voel skuldig oor sy eie sondes.  Daarom is godsdienste maar net ‘n manier waarop die mens van sy sondeskuld probeer ontslae raak.  Dan is daar die mense wat nie meer ‘n gewete het nie en hulle is eenvoudig immoreel en ateïsties.

So dit is ‘n wêreldse stelsel van godsdiens en van atteïsme.  So ons het nie net die sondige vlees binne in ons waarmee ons worstel nie, maar ons leef in sondige wêreld stelsel waarvan Satan die outeur is.  Hierdie stelsel word net erger en erger.  Die wêreld gaan nie ‘n beter plek word nie.  Dit gaan net ‘n slegter plek word.

So wat moet ons doen?  V10 sê, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte.  En dit is ons voorbereiding.  Wees sterk!  Dit is nie nou die tyd om swak te wees nie.  Ons erken dat ons nie die krag het in onsself nie, maar dat ons krag is in die Here om staande te bly.  

Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. 

1 Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 

Christus het klaar die oorwinning vir ons aan die kruis verwerf.  Die Gees van Christus woon klaar in ons en al die krag is daar om te oorwin.  Dieselfde Gees wat Jesus uit die dode opgewek het, woon in ons.  Dieselfde krag wat Jesus verhef het tot die regterhand van God.  Dieselfde krag wat Hy uitoefen oor alle owerheid en mag en krag en heerskappy.

Ons het die volheid van Christus wat in ons woon.  Ons het Sy opstandingskrag.

Ef 3:14 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, 
15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, 
16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, 

Ef 3:20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, 

Christus woon in ons met al Sy volheid en al Sy krag.  Die krag is daar.  Word dan kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte.  Dit is ons voorbereiding op die worstelstryd.  Op hierdie oorlog. 

Die tweede ding wat ons moet sien in ons gedeelte is die toerusting.  Eerstens is die krag tot ons beskiking en tweedens moet ons die volle wapenrusting van God aantrek.  So hoe word ons kragtig in die Here? Trek die volle wapenrusting van God aan.  En die wapenrusting soos dit beskryf word vanaf v14 tot 17 sê vir ons hoe ons kragtig word in die Here.

Die krag is daar, maar hoe kom dit in werking in jou lewe?  Trek die wapenrusting aan.  Gebruik die toerusting.

Derdens het ons die vyand.  Ons moet ons vyand ken.  Weet wie hy is en hoe hy te werk gaan.  En die Bybel beskryf vir ons in detail wie hy is.

Ef 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 

Teen die liste van die duiwel.  Die engelse vertalings praat van “the wiles of the devil”.  Een vertaling, die CEV, sê,

Ef 6:11 Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil's tricks. 

Die duiwel kom met al sy tricks.  Hy is die master magician.  En ons moet nie onkundig wees oor al sy scemes nie.  Hy maak gebruik van allerhande bedrog en tricks om mense te vang en ons moet bewus wees daarvan.

2 Kor 2:10 Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; 
11 want ons is met sy planne nie onbekend nie. 

Ons moet hom geen plek gee nie.  Ons kan nie net almal in elke godsdiens omhels nie.  Hy is ‘n na-aper van God.  Dit is deel van sy strategie.  En sy stelsel is die wêreld.  Dit is waarom Jakobus sê, as jy die wêreld liefhet, is jy ‘n vyand van God.

1 Joh 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 

Hy sal enigiets doen om te keer dat mense die waarheid aanvaar.  Hy sal enigiets doen om God se werk te verhinder.  Soos die gelykenis van die saaier, sal hy kom en die saad wat op die harde pad geval het, kom weg vat.  Hy is lief daarvoor om die Woord te verdraai.  Hy is lief daarvoor om in te meng in die lewe van die kerk.  Hy werk op baie maniere.

Hy skep baie vorme van valse teologieë wat maak dat gelowiges begin twyfel.  Hy skep alle vorme van valse standaarde van geestelikheid wat maak dat gelowiges dink hoef nie heilig te leef nie.  Ons moet voorbereid wees daarop.  Ons moet ons vyand ken en weet hoe hy te werk gaan.

Ef 6:12 sê dit is ‘n worstelstryd.  Dit is ‘n stryd nie teen vlees en bloed nie.  Mense is nie regtig ons vyande nie.  Ja ons dink soms dat immorele mense is ons vyande.  Nee, ons werklike vyand is die bose magte.  Mense wat aan die koninkryk van die duisternis behoort word maar net gebruik deur die duiwel.

Ef 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 

Ons stryd is teen die duiwel en sy trawante.  En ons kan hom weerstaan.  Ons kan hom oorwin.  In werklikheid is jou oorwinning ‘n belofte.  Weerstaan hom en hy SAL van jou af wegvlug.  Die duiwel het alles na Paulus se kant toe gegooi, maar aan die einde van die dag kon Paulus sê, 

2 Kor 4:8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; 
9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. 

Op die ou einde het hy oorwin, en so kan jy ook.  Oorwinning is ‘n gewaarborgde belofte. 

So jy het jou voorbereiding en dit is die krag van die Here en jy het jou toerusting, die wapenrusting van God.  Jou vyand is die duiwel en jy moet hom ken met al sy tricks.  Jou stryd is nie teen mense nie, maar teen bose magte.

Dit lyk dalk meer as wat jy ooit sal kan verdra, maar as jy die volle wapenrusting van God aantrek, sal jy hom kan weerstaan in die dag van onheil en jy sal staande bly.

Friday, 15 February 2013

Kurios Doulos - Slaaf van die Here


1 Kor 7:22 Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus. 

Hoe word die gelowige se verhouding met God die beste beskryf?  Wat is die mees omvattende definisie van ‘n Christen? KURIOS DOULOS!! In ons gelese gedeelte kry ons hierdie twee woorde. Nou wat beteken dit?  Kurios is die Griekse woord vir HERE en Doulos is SLAAF.  Maw die gelowige se verhouding word die beste opgesom: “hy is ‘n slaaf van die Here Jesus Christus”.

Ek wil hê ons moet stilstaan by dit, want dit is ‘n ongelooflike belangrike paradigma wat verlore gegaan het in die vertalings.  Die taal hiervan is met baie oordeelkunde vermy in die geskiedenis van die Engels sprekende kerk en die gevolg is dat dit regdeur die wêreld vermy word.

Dit gaan hieroor dat jy jouself in die groter prentjie moet sien as ‘n slaaf.  Die taal van kontemporêre Christenskap is baie mens gesentreerd.  Jy sal nooit hoor dat hulle sê, jy is ‘n slaaf nie.  Nee!  Vir hulle gaan dit oor vryheid, health, wealth en prosperity.  

En dan natuurlik sê hulle ook dat jy ‘n persoonlike verhouding met God moet hê.  Nou luister mooi!  Die duiwel het ook ‘n persoonlike verhouding met God, maar dit is nie baie goed nie.  Elke mens het ‘n persoonlike verhouding met God, want Hy is die God van almal, of tot redding of tot die verderf.  

Dit is so asof God ons God is om vir ons te doen dit wat ons wil hê.  Die taal van moderne evangelisme is die taal van persoonlike vervulling, om jou drome te ontdek, om jou doel te ontdek.  God wil hê dat jy alles moet wees wat jy kan wees.  Jesus wil hê jy moet healthy en wealthy wees.  Dit gaan alles oor persoonlike vervulling en geluk.  Ons hoor dit so baie.  Dit is alles mens gesentreerd.

Die taal van die Nuwe Testament verskil egter baie hiermee.  Die oorheersende prentjie wat gaskets word in die Nuwe Testament vir ‘n Christen is, “hy is ‘n slaaf”.  Die algemene woord is “doulos”. “Doulos” kom 130 keer voor in die Nuwe Testament.  Ander vorme van die woord soos “sun doulos” word nog 10 keer gebruik, die werkwoord vorm “douloo” word ook ‘n hele paar keer gebruik.

Omtrent so 150 keer kry jy ‘n sekere vorm van die woord “doulos”. En “doulos” beteken slaaf.  Dit beteken niks anders nie as slaaf.  Dit beteken nie dienskneg nie.  Dit beteken nie servant of bond-servant soos die Engels dit vertaal nie.  Dit het een betekenis en dit is slaaf.  Maar ons vertaling het dit egter anders vertaal.

Daar is vandag meer as 20 Nuwe Testamentiese vertalings in Engels, en daar is net een vertaling deur EJ Goodspeed, wat elke keer die woord “doulos” vertaal met slaaf, en dit is die “Goodspeed translation”.  Goodspeed was 15 jaar ‘n professor van Nuwe Testamentiese Grieks by die universiteit van Chicago.  Hy is die enigste een wat elke keer die woord “doulos” vertaal met “slaaf”.

Die vertalers van die “English Standard Version” sê dat hulle het lank gedebateer oor hierdie woord “doulos”, want hulle het almal geweet wat dit beteken, maar hulle het besluit om dit nie met slaaf te vertaal nie, omdat hierdie woord so slegte stigma aan hom het.  En wat nou eintlik gebeur het is dat die oorheersende en die belangrikste waarheid in die Nuwe Testament verduister is.

Daar is ten minste sewe ander woorde in die Nuwe Testament vir dienskneg met verskillende vorms, maar daar is net een woord vir slaaf en al die Engelse vertalings en ook ons Afrikaanse vertalings vermy dit net eenvoudig, behalwe dan nou die Goodspeed Translation.

Die rede waarom vertalers die woord “doulos” nie met slaaf wil vertaal nie, is omdat dit so ‘n slegte konnotasie het van slawerny, maar dit is ‘n vryheid wat die vertalers eenvoudig nie het nie, wanneer dit kom by met die Woord van God.

En wanneer “doulos” dan in die Bybel na ‘n spesifieke slaaf verwys, of wanneer die illustrasie gaan oor ‘n fisiese slaaf, dan word dit so vertaal in sekere vertalings, maar andersins word dit net eenvoudig vermy.

Kittel se verklaring van Griekse woorde, sê die volgende:  “All the words in the group with doulos root describe the status of a slave…the meaning is unequivocal and self-contained…”  En wanneer hy hierdie woord beskryf dan sê hy, “(it is) a service which is not a matter of choice for the one who renders it, which he has to perform whether he likes it or not. It describes one’s subject totally to an alien will, the will of the owner and his utter dependence on his master.”

Maw, “doulos” beskryf iemand wat in iemand anders se diens staan, en hy is totaal en al onderworpe aan die wil van sy eienaar en totaal en al afhanklik van sy heer.

En wanneer jy die Bybel lees met die woord slaaf elke keer as jy die Griekse woord “doulos” kry, dan kry jy heeltemal ‘n ander prentjie van ons verhouding met Christus.  Ja, jy het ‘n persoonlike verhouding met Christus, maar dit word so beskryf, Hy is jou Heer, jy is Sy slaaf.  Hy is KURIOS, jy is DOULOS.

Wanneer jy dan na die Grieks Romeinse wêreld toe gaan van die Nuwe Testament en jy gebruik die woord “doulos”, dan het die mense presies geweet waarvan jy praat.  Jesus en die apostels gebruik hierdie woord in die midde van ‘n wêreld waar 10 tot 12 mijoen slawe was.  Jy het van die edelmoedige en liefdevolle en getroue here gekry tot die ergste en verskriklikste mishandelaars.

Hierdie mense het nie ‘n vae idee gehad wat ‘n slaaf is nie, hulle het presies geweet wat ‘n slaaf is.  

Nou vir die Grieke en die belangrike persone en die publiek was vryheid die toppunt van die lewe.  Persoonlike respek was gekoppel aan vryheid.  Vir hulle was ‘n slaaf die laagste sosiale status wat daar was.  

Jy het geen vryheid gehad nie, jy het geen eiendom besit nie, jy het geen regte gehad nie, jy kon nie doen wat jy wou nie, jy het geen toegang tot die howe gehad nie, jy het geen burgerskap gehad nie, jy kon nie in militêre diens staan nie, jy kon nie ‘n slegte taak vermy nie, jy was totaal en al afhanklik van die een wat jou besit vir beskerming en alle voorsiening.

Die Grieke het geen respek vir slawerny gehad nie.  Jy sal dit nooit kry dat hulle in hulle taal na hul verhouding met hul gode verwys het as “doulos” nie.  Wanneer die Grieke verwys na hul verhouding met die gode, verwys hulle altyd na “philos”, vriend.  Nooit het die Grieke hulleself gesien in hul verhouding met hul gode anders as ‘n vriend nie, beslis nie ‘n slaaf nie.  Die idee van slawerny was eenvoudig heeltemal onsmaaklik.

So hier het ons die Christen kerk met ‘n taak wat so lyk:  

Gaan uit en wen mense wat geestelik dood en blind is, gaan preek die evangelie aan die natuurlike mens wat dit nie kan verstaan nie, in wie die god van hierdie wêreld hulle sinne verblind het wie dood is in hulle misdade.  En om ons te help met hierdie onmoontlike taak, is hierdie boodskap vir die Jode ‘n struikelblok en vir die Grieke dwaasheid.  En bo dit alles, moet jy hulle vra om ‘n slaaf te word.

Menslik gesproke lyk dit soos ‘n onmoontlike taak.  Maar dit is presies waarna die evangelie mense toe roep.  Ons vra nie mense om net Jesus in hulle lewens toe te laat, sodat Hy hulle kan maak dit wat hulle wil wees nie.  Ons vra hulle om slawe te word.  Ons praat met die dooies en die blindes oor die dwaasheid van die kruis en vra hulle om slawe te word.  Die Nuwe Testament roep mense tot slawe.

Slaaf vs Dienskneg

Wat is die verskil tussen ‘n slaaf en ‘n dienskeg?  ‘n Dienskneg werk vir ‘n salaris, ‘n slaaf word besit…daar is ‘n groot verskil.  Diensknegte was gehuur om te werk vir ‘n salaris en wanneer die werk gedoen is, dan gaan hulle op hulle eie weg.  

Slawe was besit en kon nie bedank nie.  As hulle probeer het om te bedank, was hulle gearresteer, somtyds doodgemaak, sodat die ander slawe kon vrees, of op hulle voorhoof was gestempel, “fugitivus", sodat hulle die res van hulle lewe uitgeken kon word as ‘n vlugteling.

Ons kry dan ook die verhaal van ‘n slaaf wat weggehardloop het in die boek Filemon in die Nuwe Testament.  Paulus bemoedig Onesimus, die slaaf, om terug te gaan na sy heer omdat dit die regte ding is om te doen en bemoedig Filemon om hom met liefde te behandel en hom te vergewe.

Te midde van hierdie realiteit van slawerny, en omdat dit ‘n slegte smaak in die mond los, het die vertalers van die Nuwe Testament besluit om die woord slaaf te vermy.

Hoe het Paulus homself gesien?  Kyk na Rom 1:1 maar ons sal die regte woord daarin moet sit.

Rom 1:1 Paulus, 'n…wat?... SLAAF van Jesus Christus…

Dit is die eerste ding waarmee hy homself identifiseer.  Daarna, “'n geroepe apostel.”  Maar hy begin deur te sê, “Ek is ‘n slaaf.”  Dit is verregaande.  Geen mens wat eer of waardigheid of respek in die samelewing gesoek het, sou ooit so begin het nie.  ‘n Mens sou dit nooit gedoen het nie.  Jy kanselleer elke moontlike geleentheid uit om ‘n invloed te hê op die wêreld

Fil 1:1 Paulus en Timótheüs, …wat?  SLAWE van Jesus Christus… 

Dis maligheid.  ‘n Slaaf van Christus, ‘n gekruisigde krimineel?  Jy het net eenvoudig nie ‘n gekruisigde krimineel aanbid nie.

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n SLAAF van Christus wees nie. 

Paulus het presies geweet wat die woord “doulos” beteken.  Hy wil net dit doen wat sy Heer behaag.  Dit kom alles een ding neer: doen wat Hy sê, en doen wat Hom welbehaaglik is.  So eenvoudig soos dit.  Dit is wat ‘n slaaf doen.  Daar is net twee moontlikhede.  

Wanneer jy ‘n direkte opdrag ontvang, dan doen jy dit.  Wanneer jy nie ‘n direkte opdrag kry nie, dan vind jy ‘n manier om iets te doen wat Hom behaag.  Jy het Hom gehoorsaam en jy het Hom behaag.

Dieselfde ding in Tit 1:1.  Kyk wat sê Jakobus, 

Jak 1:1 Jakobus, 'n SLAAF van God en die Here Jesus Christus…

Hy sê nie, Jakobus, half-broer van Jesus nie.  Hy verhoog homself nie.  Hy sê, ek is slaaf van God en die Here Jesus Christus.  Dit is ook hoekom hy in 4:15 sê,

15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. 

En dit is die taal van ‘n slaaf.  As die Here wil… Ek is onderworpe aan Sy wil.  

Kyk wat sê Petrus,

2 Pet 1:1 Simeon Petrus, 'n SLAAF en apostel van Jesus Christus…

Kyk wat sê Judas, 

Jud 1:1 Judas, 'n SLAAF van Jesus Christus…

En hierdie is almal die skrywers van die Nuwe Testament.  En hierdie is die hoogste en die beste.  Hulle sien hulleself as “doulos”, slaaf.

Johannes noem homself ‘n SLAAF.  Kyk na die boek Openbaring,

Op 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy SLAWE te toon wat gou moet gebeur…

Al die gelowiges aan wie die boek Openbaring geskryf is, is slawe.  En dit is verregaande, vir hulle wat sê dat hulle die lewende en waaragtige God verteenwoordig en wat die grootste boodskap in die geskiedenis van die wêreld het, hulle wat die Woord van God verkondig, om hulleself te identifiseer op so manier wat feitlik enige invloed kanselleer in die samelewing.  Hulle het hulleself gesien as SLAWE.  

Kyk na Open 7, ons het hier die 144 000 Jode in die middel van die groot verdrukking, en die Here verseël hulle en gebruik hulle vir die verkondiging van die evangelie, maar v3 sê, 

Op 7:3 … Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die SLAWE van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. 

Op 10:7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy SLAWE, die profete. 

So die profete is slawe, die apostels is slawe, die 144 000 is slawe, ons is slawe en so gaan dit aan.  Kyk na Op 19,

Op 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy SLAWE op haar gewreek. 

Jy kan al die pad gaan tot in die toekoms van die groot verdrukking en God se mense bly steeds slawe.  Hulle gaan altyd slawe wees.  Selfs in die hemel.

Op 19:5 En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy SLAWE, en julle wat Hom vrees, klein en groot! 

Almal wat Hom vrees is ‘n slaaf in die hemel

Op 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy SLAWE sal Hom dien. 

Op 22:6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy SLAWE te toon wat gou moet gebeur. 

En dit is ‘n herhaling van 1:1.  Ons is slawe.  Jy sal nooit jou rol verstaan as Christen as jy nie verstaan dat jy ‘n slaaf is nie.  

Wat beteken dit om ‘n slaaf te wees?  Eerstens beteken dit eksklusiewe eienaarskap. ‘n Dienskneg word gehuur en kan bedank en wegloop.  ‘n Slaaf word besit en kan nie bedank en wegloop nie, dit is eksklusiewe eienaarskap, want hy word gekoop met ‘n prys.  Klink dit nie soos die Nuwe Testamentiese taal nie?  

‘n Slaaf word gekoop en ons geval is ons gekoop met die kosbare bloed van Jesus Christus.  Jy word dan eksklusief besit, en geen slaaf kan twee here dien nie, dit is onmoontlik.  Jy kan nie deur twee persone besit word wat totale beheer oor jou het nie.  Dit is al hoe jy daardie uitdrukking kan verstaan.  

Tweedens is jy geheel en al en die hele tyd beskikbaar en gehoorsaam.  Ons is in ‘n posisie waar ons geheel en al en die hele tyd beskikbaar is en gehoorsaam is tot ons Heer, sodat ons kan sê, “Nie my wil nie, maar U wil geskied”.  Ons het geen ander here wat ons gehoorsaam nie en dit is wat die Nuwe Testament sê, jy kan nie God en Mamon dien nie.  Jy kan nie God dien en ander dinge ook nie.

Derdens is jy onderworpe aan iemand anders se wil.  Jy is nie in beheer nie.  Jy doen wat vir jou gesê word om te doen.  ‘n Dienskneg kan twee werkgewers hê en vir twee base werk, maar ‘n slaaf kan nie twee here hê nie.  

Vierdens beteken dit dat ‘n slaaf afhanklik is van sy heer vir sy beskerming en voorsiening.  Hy is totaal afhanklik van sy heer.  En dit is presies wat Christenskap is.  Ons beskerming en voorsiening kom van Hom alleen af.  Al ons dissipline en vergoeding kom ook van Hom af.  

Die heer besluit hoe sy slaaf dissiplineer en vergoed.  En dit is hoe Christenskap uitgebeeld word.  Ons word gekoop, ons word besit, ons is geheel en al beskikbaar om te doen wat Hy vir ons sê om te doen, ons is afhanklik van Hom om aan ons te voorsien en ons te beskerm, en die finale dissiplinering en vergoeding is in Sy hande.

Die slaaf is iemand wie se lewe en diens totaal aan iemand anders behoort, absolute eienaarskap, absolute beheer, absolute onderwerping, absolute gehoorsaamheid, absolute lojaliteit, absolute afhanklikheid.

Ons verhouding met God word uitgebeeld met hierdie twee woorde, “kurios doulos”.  Hy is ons Here, ons is Sy slawe.

Jy moet hierdie idee vasgryp.  Hierdie paradigma, hierdie idee of hierdie beeld het vervaag met die vertalings, maar dit is nodig dat ons onsself so sal sien.  Wel, dit vat ons nogals baie laag, doen dit nie?  En as jy dink dit is laag, kom ek help julle so bietjie.

Fil 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 
6 Hy, wat in die gestalte (morphe – vorm) van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n SLAAF aan te neem…

‘n Slaaf…totale onderwerping, totale gehoorsaamheid…Ek doen net wat die Vader vir My sê om te doen, Ek doen net wat die Vader wil, Ek doen net dit wat die Vader plesier gee…dit is slawerny.  En Sy slawerny het Hom ontledig tot die gelykheid van ‘n mens, laag deur gehoorsaamheid tot by die dood, selfs die dood van die kruis.  Nee!  Dit was nie benede Sy waardigheid nie en, Nee! Dit is nie benede jou waardigheid om ‘n slaaf te wees nie.

Wat ons ook moet sê hieroor is, Hy is ‘n slaaf wat ‘n Heer geword het.  Luister!  Daar is nie so iets soos ‘n “doulos” sonder ‘n “kurios” nie.  En daar is nie so iets soos ‘n “kurios” sonder ‘n “doulos” nie.  Jy is nie die heer van niemand nie.  As jy nie slawe het nie, is jy nie ‘n heer nie.  En as jy slawe het, is jy die heer.  Jy kan nie sê, Jesus is jou Here, maar jy is nie sy slaaf nie.

Nou.  Die Bybel beveel nie slawerny aan nie.  Die Bybel veroordeel ook nie slawerny nie.  Die Bybel sê vir mense wat in ‘n slaaf en heer verhouding staan om goddelik op te tree en die beste daarvan te maak.  Vir sommige mense was dit ‘n wonderlike manier hoe om te leef, want dit het baie voordele ingehou.  Al hulle behoeftes was vervul.  Dit was vir al goed vir mense wat nie vir hulleself kon voorsien en beskerm nie.  

Die Bybel veroordeel egter nie slawerny nie en praat dit ook nie goed nie.  Die Bybel vind egter die perfekte model daarin van hoe die Christen sy verhouding met God moet verstaan…jy is ‘n slaaf.

En dan, wanneer ons aan die einde kom, wanneer ons alles gedoen het wat ons veronderstel was om te doen, dan sê Luk 17:10, “Ons is onverdienstelike slawe”.  Nou, as Jesus ‘n slaaf was, en Paulus ‘n slaaf was, dan is ons ook slawe.

Slot 

Nou daar is soveel om nog daaroor te sê, maar ek wil jou iets vertel van jou Heer.  Hy maak Sy slawe seuns en nie net maak Hy hulle seuns nie, maar Hy maak hulle mede-erfgename van alles wat Hy besit.  Nie net maak Hy hulle erfgename nie, maar Hy laat Sy slawe sit op Sy troon saam met Hom.  En nie net dit nie, maar wanneer ons Hom sien van aangesig tot aangesig en sit by Sy groot feesmaaltyd, sal Hy Homself omgord en ons bedien.

Dit is die God wat ek en jy aanbid.  Ek wil ‘n slaaf wees van so Here.  Ek is ‘n slaaf van so Here.  Ek dink net ons moet dit verstaan, want as ‘n Christen en ‘n dienaar, moet ek hierdie taak vervul as ‘n slaaf om net dit te doen wat my Here vir my sê ek moet doen.  Nie om mense se guns te soek nie, maar om Hom te behaag.

Dit is my ambisie om te doen wat Hom welgevallig is, om verder te gaan, meer te doen as die minimum, nie net om vir sekere dinge te leef nie, maar ook in die onduidelike areas, om so hard as moontlik te probeer om te doen wat Hom behaag.

Is jy ‘n slaaf van Christus?  Is Hy jou KURIOS en jy Sy DOULOS?

Kol 3:22 Diensknegte (SLAWE), julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. 
23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 
24 omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien (DOULEUETE) die Here (KURIO) Christus. 

Douleuete – letterlik “ye are slaving”.  Afrikaans het nie ‘n woord vir “slaving” nie.  Dit word vertaal met “dien”.  Maar daar staan in werklikheid, wanneer dit sê julle dien die Here, dan sê dit, YE ARE SLAVING FOR THE LORD CHRIST.  Julle doen slawe werk vir die Here.

Is jy ‘n slaaf van Christus?

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288