Tuesday, 30 July 2013

Inspekteur Bybel: nie-veroordeling

Rom 16:17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. 

Die Bybel leer ons dat ons afgesonder en eenkant geplaas is.  Dit is wat heilig beteken. God is heilig, daarom moet ons ook heilig wees, maw ons moet afgesonder en eenkant leef van die wêreld.  God kyk nie na sonde met enige verdraagsaamheid nie.  Dit geld vir ons ook.  As gelowiges is ons geroep om in gemeenskap met God te leef.

1 Joh 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 
6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 
7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 

1 Pet 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, 
16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. 

Dit is die Bybelse leer van afsondering.  Dit vereis van gelowiges dat hulle ‘n duidelike onderskeid moet maak tussen lig en duisternis, die waarheid en leuens, dit wat reg en verkeerd is, die wêreldse manier en God se manier.  Ons kry ook die uitdrukking in Jak 4,

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 

Hierdie skeiding van die wêreld het vir baie ‘n hindernis geword wanneer dit kom by evangelisasie werk.  En die wêreld het hierdie soort skeiding veroordeel en gesê, julle dink julle is beter as ons, maar dit is ‘n teken van swakheid.  Toe kom die nuwe moderne evangeliste en sê, om die evangelie meer effektief te kan verkondig, moet ons nader aan die wêreld kom.  Maw, ons moet nie afsonder en skei van die wêreld nie, maar ons moet meng met die wêreld.

En die oomblik wat dit gebeur, is die toestand gunstig vir die dwaling van nie-veroordeling.  Hierdie dwaling van nie-veroordeeling is hoe sektes en kultusse opereer. Dit is ‘n dwaling wat mense probeer stilmaak, wat hul geloof en praktyke vergelyk met die waarheid van die Skrif.  Die “emerging church/opkomende kerk” en ook die intergeloofs-ekumeniese beweging floreer op hierdie gebied.

Enigiemand wat begin om moeilike vrae te vra word beskuldig dat hy veroordelend is en dat hy verdeeldheid in die kerk veroorsaak.  So persoon word beskuldig dat hy nie ander mense ‘n kans gee om die Woord van God vir hulleself te interpreteer nie.  

Dit lei ook dan tot die volgende idee dat die Bybel relatief is.  Dit beteken dat ‘n sekere Bybel vers of gedeelte beteken nie dieselfde vir jou as wat dit vir my beteken nie.  Maw daar is nie een enkele betekenis van die teksgedeelte nie.  Die gedeelte het meer as een betekenis afhangende van jou omstandighede.

Die Rooms Katolieke het ‘n praktyk wat hulle noem lectio divina.  Dit is wanneer gelowiges aangemoedig word om stil te sit en ‘n teksvers oor en oor te herhaal in hulle gedagtes om so uit te vind wat daardie vers vir jou beteken.  Dit is ‘n subjektiewe vorm van interpretasie en sluit in kontemplasie en meditasie.

Luister! Wat die Bybel vers vir jou beteken is irrelevant.  Ons moet deur deeglike bybelstudie uitkom by dit wat die vers in werklikheid beteken en nie wat dit vir my beteken nie.  Die Bybel moet nie by ons aanpas nie, ons moet by die Bybel aanpas. Die Bybel bestaan uit objektiewe waarhede.  Dit is nie ‘n poëtiese verhaal waarvan die betekenis verander of wissel in ooreenstemming met jou ervaring, omstandighede en aanvoeling nie.

2 Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. 

Daar is ‘n regte manier om die Bybel te interpreteer en ‘n verkeerde manier.  Ons kan nie die met God se Woord werk soos wat dit ons pas nie.  Verder sê die Bybel, 

2 Tim 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 

‘n Mens kan nie weerlê, bestraf of vermaan sonder om te oordeel nie.  Paulus gaan verder deur te sê,

3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 

Paulus het geweet dat die laaste tydperk van die Kerk gaan gekenmerk word deur ‘n skerp toename in die getal van nominale Christene wat weier om die absolute gesag van die Bybel te aanvaar, maar verkies om eerder hul eie persoonlike weergawe van die Christelike geloof skep.

4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 

Die dwaling van nie-veroordeling sê dat ons net moet saamstem met die noodsaaklike dinge.  Met al die ander dinge in die Bybel wat nie so noodsaaklik is nie, moet daar vryheid wees.  Die vraag is: wie besluit watter leringe in die Bybel is noodsaaklik en watter is nie?  Die Bybel maak nie so onderskeid nie.

Alhoewel daar sekere waarhede in die Bybel is wat belangriker is as ander, is alle waarhede in die Bybel vir ons ewe noodsaaklik.  Ons kan nie net in sekere waarhede glo nie.  Ons moet alles glo wat God vir ons sê in Sy Woord.  Ons moet die hele raad van God, die hele skrif wat deur God ingegee is, bestudeer, verstaan, respekteer en onderhou.

Nie-veroordeling lei tot ‘n gebrek aan onderskeiding.  Wanneer iemand sê, “jy mag nie oordeel nie” het onderskeiding by die agter deur uitgeloop.  Een van die maniere hoe ons ons onderskeiding kan verloor is om verskonings te begin maak vir valse leraars.  Ons kan nie redeneer en sê, die goeie wat hulle doen is meer as die slegte nie.  Dit is juis wanneer ons luister na ander mense se woorde en dit nie weeg teen die Skrif nie, dat ons die deur oopmaak vir leuens.

En nog meer wanneer iemand sê, jy moet nie jou verstand gebruik nie.  Jou verstand is in die pad vir God om te werk.  Terwyl Jesus gesê het ons moet God liefhê met ons hele hart, siel en verstand.  Jy moet God liefhê met jou verstand.

Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. 
14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. 

Dit is die onvolwasse Christen wat nie kan onderskei nie.  Hulle is onervare in die woord van geregtigheid.  Hulle het nie die vermoë om te kan beoordeel nie.

1 Kor 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 

KJV - But he that is spiritual judgeth all things, yet he himself is judged of no man. 

Het jy al gedink hoe dom klink dit om te sê: “Jy mag nie oordeel nie”?  Hierdie ou het moord gepleeg, jy mag nie sê hy het iets verkeerd gedoen nie.  Jy mag nie oordeel nie. Hierdie prediker preek valse leringe, jy mag nie sê hy is verkeerd nie.  Jy mag niks teen hom sê nie.  Jy mag nie oordeel nie.  Maw, wanneer iemand sê, jy mag nie oordeel nie, beteken dit eintlik, jy mag nie vir jouself dink nie.

Psa 37:30 Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

KJV
Psa 37:30 The mouth of the righteous speaketh wisdom, and his tongue talketh of judgment.

Jesaja beskryf vir ons hoe ‘n volk lyk wat nie oordeel nie.

Jes 59:8 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.
9 Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op ‘n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.

KJV
Isa 59:8 The way of peace they know not; and there is no judgment in their goings: they have made them crooked paths: whosoever goeth therein shall not know peace.
9 Therefore is judgment far from us, neither doth justice overtake us: we wait for light, but behold obscurity; for brightness, but we walk in darkness.

Hulle het geweier om te oordeel, daarom het hulle nie vrede gehad nie.  Paulus sê, 

1 Kor 6:5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

KJV - I speak to your shame. Is it so, that there is not a wise man among you? no, not one that shall be able to judge between his brethren? 

Ons moet oordeel.  Ons moet onderskei.  Ons moet alles binne die gemeente toets teen die Skrif.  Dit is jou persoonlike verantwoordelikheid om alles te gaan beproef en alles te gaan ondersoek, om die geeste op die proef te stel om te sien of hulle uit God is of nie.

Hoe moet ons oordeel?

1. Oordeel volgens die Skrif:

Jes 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.

Ons standaard is God se Woord, nie ons gevoelens, ons tradisie of ons eie opinies nie.  Reg en verkeerd word bepaal deur God se Woord.

2. Moenie oordeel as God se Woord stil daaroor is nie:

As God se Woord niks oor ‘n sekere saak sê nie, mag ons nie oordeel nie.  Moenie meer maak as wat die Woord sê nie.   Bv,

Kol 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,

Paulus sê hierdeur dat hierdie dinge nie so belangrik is nie en dat ons nie ‘n iets groots daarvan moet maak nie.

3. Bid vir goeie oordeel en onderskeiding:

Toe Salomo sy koninkryk gehad het, het hy God gevra,

1 Kon 3:9 Gee dus aan u kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk (to judge thy people - KJV), om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?

Jak 1:5 sê dat as ons wysheid kort kom moet ons dit van God bid.

4. Moenie partydig wees nie:

Spr 24:23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.

Almal moet regverdiglik behandel word en jy mag nie subjekief optree nie.  Jy moet blind wees en doof wees vir buite invloede (Jes 42:1, 19-21).

5. Oordeel in waarheid:

Moenie ander oordeel as jy nie al die regte feite agter mekaar het nie.

Jer 5:1 Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.

Iemand wat in waarheid oordeel is iemand wat die waarheid soek.

6. Oordeel met barmhartigheid:

Onthou die woorde van Jesus in Matt 7:2, “Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”  Bewys barmhartig teenoor ander wanneer jy oordeel.

7. Moenie vergeet om jouself te oordeel nie:

1 Kor 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie (For if we would judge ourselves, we should not be judged - KJV).

As jy ‘n ware Christen is, behoort jy aan God.  As jy weier om jouself te oordeel  met die doel om te groei in die Here, dan sal jy geoordeel word.  Oordeel jouself voordat jy ander oordeel.

Inspekteur Bybel: Die gees-is-krag dwaling

Dit is die dwaling wat sê dat elke gelowige veronderstel is om dieselfde tekens en wonders te doen wat die apostels gedoen het.  Nou ons almal weet dat God kan wonderwerke doen en Hy doen dit steeds vandag.  Daar is geen twyfel daarin nie.  Maar God doen wonderwerke volgens Sy soewereine wil en nie volgens die wil van ‘n mens nie.   
In Jes 46:10 sê dat die Here sal doen wat Hom behaag.  Hand 10:34 sê dat God is geen aannemer van persoon nie.

So wanneer enige persoon van die veronderstelling is dat hy God kan beveel oor hoe en wanneer Hy wonderwerke moet doen, selfs in die kleinste mate, het hy eenvoudig oor die lyn getrap.  Dit is wanneer iemand vanuit ‘n toestand van nederigheid en gehoorsaamheid oor beweeg het na ‘n toestand van trots en rebellie.

Die gees-is-krag dwaling is Satan se slim trick om soveel Christene as moontlik te lok om oor hierdie lyn te trap.  Dit is sy manier om Christene te kry om te probeer om deel te neem in die soewereiniteit van God, hoe gering dit ook al dit mag wees.

Die mees populêre siening is dat ware gelowiges ‘n spesiale salwing van die Heilige Gees ontvang het iewers nadat hulle gered is, dalk maande of jare later.  En hierdie salwing verleen sekere charismatiese gawes aan die gelowige, soos bv. die gawe van genesing of die gawe van profesieë of die gawe van tale.

Hierdie siening is gebaseer op die valse veronderstelling dat alle gelowiges, wanneer hulle toegerus word met die krag van die Heilige Gees, dat hulle dieselfde krag ontvang het as die van die Apostels wat deur Christus aangestel is.  En soos wat die Apostels hierdie gawes volgens eie wil kon beoefen, so behoort elke gelowige ook dit te kan doen as hulle hierdie tweede salwing ontvang het. 

Die Woord van God sê op baie plekke dat die “regverdige sal deur geloof lewe”. (Hab 2:4, Rom 1:17, Gal 3:11 en Heb 10:38).  Maar meeste van die volgelinge in die Pinster- en Charismatiese bewegings sê dat as ‘n persoon geloof het, sal hy tekens en wonders manifesteer as ‘n bewys van sy geloof.  Die Bybel sê dit egter nie.  

Die Bybel sê die regverdige sal deur die geloof lewe en nie deur tekens en wonders nie.  Geloof is ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie, geloof is nie in uiterlike tekens en wonders nie.  Jesus sê dit is ‘n slegte en owerspelige geslag wat soek na ‘n teken (Matt 16:4).  Hoekom soek soveel kerke dan na uiterlike tekens en wonders as ‘n bewys van geloof of geestelikheid?

Let op!  Johannes die Doper was vervul met die Heilige Gees van die skoot van sy moeder af en volgens Luk 1:15, het hy geen tekens gedoen nie (Joh 10:41) en tog sê Jesus daar was geen profeet groter as hy nie (Luk 7:28).  Hy het nie een wonderwerk in sy lewe gedoen nie.  Die moderne tekens en wonders beweging sal eenvoudig sê, hy het nie genoeg geloof gehad nie.

Daar is soveel leerstellige verwarring binne in hierdie beweging, soveel self-misleiding, emosionele oordadigheid, en absolute bedrog.  Dit is daarom so moeilik om met iemand wat hierdie dinge volg te redekawel.

Immers het so persoon gekies om hoofsaaklik op ervaringe staat te maak, eerder as dat die Skrif sy verhouding met Jesus bevestig en kragtig.  As jy hierdie ervaringe wegvat, bly daar niks meer oor waarop die persoon se geloof kan staan nie.  Want sy geloof moet die hele tyd bevestig word deur ‘n uiterlike teken of wonderwerk.

Daarom het hy hierdie gejaag en soeke na ervarings en ook die kameraadskap en gerustelling van ander mense se getuienisse, wat net so onrustig is, wat ook honger na tekens en wonders.  In hul soeke en strewe na bewyse van die bonatuurlike, ignoreer hulle die waarskuwing van Jesus wat sê dat dit net ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken.  Let op!  Die probleem is nie die teken self nie, maar dit is die mens se soeke daarna wat die probleem is.

Die woord "owerspelige" in hierdie konteks verwys na afgodery.  En afgodery is uiters aanstootlik vir God.  So wanneer dwase mense dink hulle het die vermoë om die ‘gees’ te beveel om dinge te doen of te doen wat hulle wil hê, is hulle nie veel anders as shamans, yogis of New Age guru’s nie.  

Die gees-is-krag dwaling behandel die Heilige Gees as een of ander energie of krag, net soos die gnositiese dwalinge.  Deur die gebruik van sekere tegnieke glo die persoon dat hy hierdie kragte kan aanwend en gebruik vir een of ander geestelike doel.  Die Bybel leer ons egter niks hiervan nie.

Die Bybel leer ons eerder dat die Heilige Gees is ‘n persoon en Hy doen wat Sy Vader vir Hom sê om te doen en Sy Vader alleen.  Die geestelike krag wat mense soek om dinge vir hulle te doen is nie die Heilige Gees nie, maar ‘n ander gees, ‘n onreine en misleidende gees wat in staat is om namaaksels van bonatuurlike verskynsels te produseer.

Daar is goeie voorbeeld in die Bybel van ‘n persoon wat ook hierdie geestelike krag gesoek het, Simon die towenaar.

Hand 8:18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied 
19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. 

Ja, Simon wou dit wat die apostels gedoen het koop met geld.  En baie sal vir jou sê dit was sy probleem, jy kan nie hierdie soort krag koop nie.  Maar dit was nie die hoof probleem nie.  Die hoof probleem was v19, “Gee aan my ook hierdie mag...”  Hy het die vermoë, die krag gesoek.  Hy het die gawe gesoek wat die apostels gehad het.  En vandag word mense in die kerk aangemoedig om hierdie geestelike vermoëns te soek.  

Die tekens en wonders beweging ignoreer doelbewustelik die feit, soos Hebreërs vir ons sê, dat die beoefening van die gawes van die Heilige Gees, en al die tekens en wonders wat deur die Apostels verrig is, en die wat Christus persoonlik gehoor het, dat dit alles geheel en al aan die wil van God onderworpe was en dat die doel daarvan was om die betroubaarheid van die evangelie van verlossing wat hulle gepreek het, om dit te bevestig en om daarvan te getuig.

Heb 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 
4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil? 

So die Here het die groot saligheid aan ons verkondig, dit is aan ons bevestig deur die wat dit gehoor het, maar saam met dit het God getuig saam deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en gawes van die Gees, en al hierdie dinge het Hy gedoen volgens sy wil.

Gelowiges wat ‘n behoefte en begeerte het na tekens en wonders sal gewoonlik nie erken dat hulle mislei is nie.  Hulle aanvaar dat, as ‘n Christen, die enigste gees waarmee hulle te doen het is die Heilige Gees.  Maar hulle is verkeerd.  Waarom sou die Bybel gelowiges dan waarsku om die geeste op die proef te stel om te sien of dit van God is of nie.

1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 

Hierdie vers veronderstel dat ons ook mislei kan word as ons nie versigtig is nie.  Baie gelowiges glo dat die manifestasies bewyse is dat hulle skriftuurlik is.  Maar hulle vergeet dat Satan en al sy gevalle engele baie van hierdie tekens met oortuiging kan dupliseer. Tale spraak is sekerlik die maklikste gawe om te kan namaak.  

Enigiemand kan net ‘n klomp onverklaarbare woorde en klanke maak.  Daarom kom dit voor in baie vertakkinges van toordery en paganism, insluitende Voodoo, Hindoeisme en verskeie ander animistiese godsdienste.

Ja, daar is nog gawes van die Gees vandag, maar dit is net gawes, geskenke en nie regte nie.  Ons kan dit nie opeis nie.  Daar is nie sekere tegnieke wat ons kan gebruik om dit te verkry nie.  God gee dit soos Hy wil met die oog op wat nuttig is en nie soos ons dit wil hê nie.  

Die groot tragedie van die gees-is-krag beweging is dat dit baie gelowiges verander in die modern weergawes van Simon die towenaar.  Hulle mag dalk nie geld gee nie, maar hulle doel is een en dieselfde.  En hulle sal betrokke raak by uitgerekte rituele om hierdie krag te verkry, deur toewyding en herhaaldelike gebede en emosionele opsweeping.

Die ‘tweede salwing’ soos dit geleer word deur die gees-is-krag beweging is ‘n misleiding. Dit ignoreer of verwerp die wonderlike lering dat elke kind van God die inwonende Heilige Gees het.  ‘n Christen moet nie nog die Heilige Gees ontvang nie.  Hy het die Heilige Gees ontvang by wedergeboorte.  Paulus sê, 

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

As iemand nie die Heilige Gees het nie, is Hy nie gered nie.  Tereg sê Johannes dat die salwing bly in ons en leer ons 1 Joh 2:27.  Die salwing is die Heilige Gees.  Die salwing is nie ‘n krag of vors nie.  Ek het nie nog ‘n tweede salwing nodig nie.  Ek het klaar die salwing van die Heilige gees.

Kyk wat sê Ef 1:3,

Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 

So, hoeveel geestelike seëninge word terug gehou van gelowiges?  Die Woord van God sê baie duidelik, geen!

Oswald Chambers sê, 

“God made man to have dominion over the life of the sea and air and earth, but God was to have dominion over man. Adam sinned by taking his claim to his right to himself [i.e. Adam sinfully claimed dominion over himself].  This claim to my right to myself works in those who are born again, and it is called “the carnal mind.” It expresses itself like this – “I want the baptism of the Holy Ghost; I want to be sanctified; I want to be filled with the Spirit; I want to be used of God.” All that springs from the wrong source, it is not drawing its life from the right place. When we receive and recognise and rely on the Holy Spirit, all that stops for ever.” – Oswald Chambers, If Thou Wilt Be Perfect… (re 1 John 5:8-12)

Maw dit gaan nie oor wat jy wil hê nie, maar dit gaan oor wat God wil hê.  

Die twaalf apostels, saam met Paulus, het besondere gawes ontvang om hul apostelskap te bevestig, ‘n unieke gesag en outoriteit wat Christus aan hulle gegee het.

2 Kor 12:12 Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade. 

So wat was die kentekens van ‘n apostel?  Alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.  Hierdie “kentekens” was uniek tot die apostels.   Dit was om hulle mandaat wat hulle van Christus ontvang het as apostels te bevestig.  As elke gelowige hierdie kentekens moes gehad het, sou dit verwarring veroorsaak het.  Die twaalf apostels was die fondament waarop die kerk gebou is.

Ef 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 
20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 

Die fondasie is klaar gelê deur die apostels en profete.  Jesus self is die hoeksteen.  En die kentekens wat die apostels gehad het was om vir ander gelowiges te wys dat die evangelie wat hulle gebring het deur Christus gegee is en dat dit nie ‘n vervalste weergawe is nie.

Nou as die fondasie klaar gelê is, kan daar nie weer ‘n fondasie gelê word nie.  Die kerk is gebou op die apostels en profete en die kerk het nou al verder gevorder.  So dit beteken dat daar nie meer ‘n amp van ‘n profeet en apostel is vandag nie.  Die apostel en profeet het hul funksie en rol in die kerk reeds vervul.

Daar was net twaalf apostels en kan nie meer wees nie, want Openbaring 21 vereer net twaalf en nie al die sogenaamde apostels vandag nie.

Op 21:14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. 

Die twaalf apostels van die Lam.  Daar is nie nog ander apostels nie.  Net twaalf was aangestel.  Paulus was nie deel van hierdie twaalf nie, maar het ‘n spesiale amp gehad, hy was “die apostel van die heidene”.  Vandag se apostels het hulleself aangestel en is skaamtelose bedriërs of blinde leiers.

Die voortsetting van ‘n tekens- en wonders-gebaseerde bediening na die tye van die Apostels was nie deel van God se plan nie.  Doen God steeds tekens en wonders?  Ja, verseker, maar Hy doen dit volgens Sy soewereine wil en nie om die kerk se bediening te bevestig nie.  Nie om enigiemand se apostelskap te bevestig nie.  Nie om enige persoon se geloof te bevestig nie.  “Die regverdige sal deur die geloof lewe.”

Die gnostiese, gees-is-krag dwaling het groot skade aan die kerk gerig.  Wanneer ons spesiale status gee aan tekens wat Satan ook kan naboots, berei dit ‘n weg voor vir moderne sektes soos die Nuwe Apostoliese Hervorming en hulle obsessiewe najaag na dié dinge wat die Skrif sê gaan kenmerkend wees van die koms van Antichris.

 2 Thes 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 


Monday, 20 May 2013

Inspekteur Bybel: Evolusie


Kan die Bybel en evolusie met mekaar versoen word?  Meeste Christene verwerp Darwin se evolusie teorie, maar ongelukkig het die kerk oor die jare nie ‘n goeie job gedoen om die skeppingsleer teen die evolusie te verdedig nie.  Instede daarvan dat hulle Darwin se teorie oor die evolusie ontbloot as leuens, het sommige teoloë probeer om die Bybel daarmee te versoen.

Sommige teoloë sê dat God se metode van skepping was evolusionêr.  Die ses dae skeppingsverhaal volgens hulle verteenwoordig ‘n tydperk van duisende of miljoene jare, want hulle sê vir God is een dag soos ‘n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos een dag.  Dit staan bekend as teïstiese evolusie.  En ander teoloë sê weer dat die mijoene jare en die tydperk van die dinosourusse pas tussen Gen 1:1 en 1:2.  En dit staan bekend as die “Gap theory”.  

Maak dit regtig saak wat ek glo?  Of dit nou letterlik ses dae was of duisende jare?  Verseker maak dit saak wat jy glo.  As ‘n Christen nie die skeppings verhaal glo soos dit daar in die Bybel staan nie, gaan sy commitment teenoor baie ander gedeeltes in die Bybel ook sku wees of gevul wees met ongeloof.

Luk 16:31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan. 

Jesus vertel van die rykman en Lasarus in die doderyk.  Lasarus was by die boesem van Abraham en die rykman het in smarte gely.  Die rykman bid dat sy broers wat nog lewe gewaarsku sal word en dan sê Abraham, as hulle nie eers na Moses en die Profete geluister het nie, sal hulle ook nie luister al sou iemand ook uit die dode opstaan.  Moses verwys hier na die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug en dit sluit in Genesis en skeppingsverhaal.

Maw as jy nie eers die skeppingsverhaal glo soos dit in Genesis geskryf staan nie, hoekom sal jy die res van die Bybel glo soos dit daar staan.  Dit is wanneer mense die Bybel begin verdraai en begin om dinge in te lees en alles te vergeestelik.  Dit is agv van ongeloof wat mense dit doen.

Eerder as om net te glo wat God eenvoudig sê, verkies sommiges om die gebeurtenisse wat aanstoot gee vir die skeptici en materialiste, om dit te vergeestelik of te allegoriseer.  Dit sluit in gebeurtenisse soos die vermeerdering van tale by die Toring van Babel, die Rooi See wat oopgekloof het, die manna in die woestyn vir veertig jaar, die storie van Jona, die wêreldwye vloed, Elia wat weggevoer is, en die vernietiging van Sodom en Gomorra.

Terwyl die wetenskap baie wonderlike ontdekkings gemaak het in die wêreld rondom ons, was dit van die begin af oorheers deur mense wat die God van Genesis verag het en net tevrede was met verduidelikings wat naarstiglik Hom uitgesluit het.  Selfs voor die wetenskap, het mense eerder verduidelikings gesoek op ander plekke as in die Bybel.

So kom ons kyk na teïstiese evolusie.  Dit is goddelike evolusie.  Mense wat sê dat God alles geskep het deur ‘n proses van evolusie.  Die problem met hierdie dwaling is dit:

Eerstens weerspreek dit die Bybel se weergawe van die skepping.  Genesis sê dat God die plante en diere geskape het volgens hulle soort.

Gen 1:11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. 

Gen 1:21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 

Let op! God het die plante en diere gemaak volgens hulle soort.  Maw daar is definitiewe grense in die variasie wat Hy gemaak het.  Nêrens lees ons dat een soort verander het in ‘n ander soort nie.  God het van die begin verskillende soorte plante en diere gemaak.  Die Nuwe Tetstamentiese skrywers het die skepping in Genesis aanvaar as ‘n historiese gebeurtenis.  Jesus self het die historiese akuraatheid en outoriteit van die skeppingsverhaal aangehaal.

Matt 19:4 En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie. 

Let op!  Van die begin af man en vrou!  Nie eers ‘n bobbejaan en daarna ‘n man nie.  Let ook op!  God het hulle ook gemaak man en vrou, “Adam and Eve, not Adam and Steve”.

Tweedens is die evolusie teorie teenstrydig met God se metodes.  Deur die evolusie proses was daar ‘n ontelbare wanaagepaste en nuttelose organismes, selfs skadelose organismes.  Dit is vreemd aan God se metode van skepping.  Dit sou beteken dat Hy wrede, toevallige, ondoeltreffende en verkwistende prosesse gebruik het.  Dit sou beteken dat God dood gebruik het om te skep.  Nee!  Die God van die Bybel is ‘n God van orde en genade en nie van verwarring en wreedheid nie.  Die God van die Bybel het nadat Hy geskep het gesien dat dit goed was.

Derdens is die evolusie teorie die intellektuele basis waarop anti-goddelike stelsels gebou word.  Hitler het dit gebruik om sy Nazisme te regverdig. Hy het gesê dat die Joodse mense is die naaste aan ape (anti-semitisme) en dat hulle die laagste van alle rasse is wat uit gewis moet word om sodoende ‘n suiwer ras, natuurlik die Duitsers, te bewaar.  Hy wou die menslike evolusie aanspoedig tot ‘n super ras.  Dan moet ons mos van al die swakkes ontslae raak.

Karl Marx het dit gebruik om kommunisme te regverdig.  Dit is ook die basis van verskillende metodes van psigologie en sosiologie wat die mens gelyk aan ‘n dier stel.  Dit beteken dat moraliteit en etiek relatief is.  Dit is die basis vir rasisme.  Die effek van evolusie op die wêreld en op die mensdom is onberekenbaar skadelik.

Jesus het gesê ‘n goeie boom dra nie slegte vrugte nie.  Die bose vrugte van die evolusie is genoeg bewyse dat sy wortels boos is.

Ons kry ook dan wat sommige teoloë noem, progressiewe evolusie.  Dit beteken dat God op sekere kritiese intervalle geskep het deur die geologiese tydperke.  Maw die mens was eers ‘n aap, toe duisende jare later het God hom verander in ‘n aap-mens, maar hy het nog nie ‘n siel gehad nie, en duisende jare later het God hom verander in ‘n mens en vir hom ‘n siel gegee.

Hierdie konsep is egter nog minder aanvaarbaar is as teïstiese evolusie.  Dit is beskuldig God nie net aan vermorsing en wreedheid nie, maar ook aan onkunde en onbevoegdheid.  Dit veronderstel dat God nie van die begin af geweet het wat Hy wou maak nie en dat Hy deur die evolusie proses gekyk het hoe dit uitwerk.  Dit veronderstel ook dat God nie die vermoë gehad het om van die begin af te kon skep wat Hy in gedagte gehad het nie.  Dit is ‘n aanklagte teen God. 

Nou, wanneer die Bybel in Genesis sê, en dit was aand en dit was more, die eerste dag, verwys dit na ‘n 24 uur dag of verwys dit na ‘n tydperk van duisende selfs mijoene jare?  Enige logies denkende persoon sal vir jou sê, dit verwys na ‘n 24 uur dag.  Die Hebreeuse woord vir dag is die woord “jôm” en verwys na ‘n letterlike dag.

Gen 1:5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. 

Net hierdie een vers sê vir ons dat lig = dag en duisternis = nag en dit verwys na ‘n 24 uur tydperk.  So die konteks gee ons geen rede om dit ‘n tydperk te verstaan nie.  Die meervoud van die Hebreeuse woord “jôm” is “jamim” en kom 700 keer voor in die Ou Testament en elke keer verwys dit na letterlike “dae”.

Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. 

In ses letterlike dae het die Here die hemel en die aarde gemaak.

Die Bybel en die evolusie is nie versoenbaar nie.  Kom ons kyk na verskille:

Die Bybel:  -  Evolusie: 

1. Die aarde is geskape voor die sterre  - Sterre kom voor die aarde
2. Die aarde was eers bedek met water  - Die aarde was eers ‘n rots en toe reën dit
3. Plante was gemaak voor die son  - Die son kom voor plante
4. Eerste diere was groot seediere  - Eers klein eensellige dier wat evolve tot groter diere
5. Voëls kom voor insekte  - Insekte kom voor voëls
6. Man is voor die vrou geskape  - Vrou kom voor die man

Maar die grootste probleem met die evolusie teorie wat sommige teoloë probeer versoen met die Bybel is dat dit God aankla met die direkte verantwoordelikheid vir vyf biljoen jaar van die geskiedenis van nutteloos variasies, toevallige veranderings, talle wanaangepastes en uitwissing, 'n wrede stryd vir die oorlewing, met behoud van die sterkes en die uitwissing van die swakkes, van alle soorte natuurrampe, siektes, versteuring, en verval, en, bo alles, met die dood.

Die Bybel sê toe God klaar geskep het, het Hy gesê dit was baie goed.  Daar was nog nie dood nie.  Dood het deur een mens in die wêreld gekom.

Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.

Wie is hierdie een mens?  Adam.  So daar kon nie dood voor Adam gewees het.  Maw daar kon nie der duisende diere gesterf het voor Adam nie.  So daar kon nie dinosourusse gewees het wat gesterf het voor Adam nie.  Dood het deur die sonde en die sonde deur Adam in die wêreld gekom.

Wat van die “Gap-theory”?

Die “Gap-theory” sê dat tussen Gen 1:1 en 1:2 is daar ‘n gaping van miljoene jare.  

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 

Dit is dan die eerste skepping.  Maar vers twee sê, 

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. 

God het mos nie woes en leeg gemaak nie.  God het nie chaos geskep nie.  So tussen vers 1 & 2 was die sondeval en dit is hoekom al die dinosourusse gevrek het en die eerste skepping verwoes is en nou leeg is.  En vanaf vers 3 kry ons wat hulle noem, die herskepping.  So die hele geologiese tabel met al die fosiele wys na die tydperk tussen Gen 1:1 en 1:2.

Gepraat van dinge inlees in die Bybel wat nie daar staan nie, en dan nog miljoene jare tussen 2 verse.  Wow!  So instede dat hulle die evolusie teorie aanvat en verkeerd bewys, druk hulle dit hier in tussen vers 1 en 2.  En dit skep baie probleme.  Waarom sou God die eerste skepping so lank oor miljoene jare geskep het en dan word dit verwoes en die tweede skepping word net in ses dae geskape?

Maar daar is ‘n groter probleem met hierdie teorie en dit is, dit maak God die direkte outeur van boosheid en slegte dinge en die dood.  Dit veronderstel dat Hy metodes van stryd, geweld, verval en dood gebruik het op ‘n wêreldwye skaal vir ongeveer drie biljoen jaar om Sy onbekende doel te bereik.

Volgens hierdie teorie is dit die tydperk waar Satan in die hemel gesondig het en God hom uit die hemel geskop het, en toe hy op die aarde val, is dit alles saam daarmee vernietig.  Dit is dan die sondeval en ook hoe sonde in die wêreld in gekom het.  Is dit waar?  Nee!  

Verder kan Satan se sonde egter nie die oorsaak wees hoekom daar soveel stryd en dood was in die wêreld voordat hy gesondig en geval het nie, en daarom kan God alleen die oorsaak wees vir stryd en dood en verwarring, sonder enige rede.

Kan u sien hoe gevaarlik hierdie teorie is en hoe ons dit summier net moet verwerp.

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg…

KJV - And the earth was without form, and void…

Letterlik in die beteken dit, die aarde was vormloos.  God het die hemel en aarde gemaak en die aarde het nog nie vorm gehad nie, want God was nog besig om te skep.  So God het die aarde gemaak en daarna het Hy dit begin vorm.  So eenvoudig soos dit.  So die “gap-theory” is gevaarlik en lê die oorsprong van die dood by God se deur.  Ons moet dit verwerp. 

Rom 5 sê dat sonde het deur een mens in die wêreld gekom en dood deur sonde.  So die sondeval het eers na die skeppingsverhaal van Gen 1 plaasgevind toe Adam en Eva gesondig het.

Jy sien die groot meester brein agter die evolusie teorie is die Satan.  Hy versprei hierdie toerie, want hy wil die spot dryf met die God van die skepping, maar nog meer, mense wat vasgevang word in hierdie evolusionêre denkwyse glo byna enigiets, hoe onlogies of dwaas dit ook mag wees.

Slot

Ek wil jou verseker dat jy kan die Bybel glo net soos hy daar is.  Geloof sal nie beskaam nie.  Jy hoef nie verskonings te maak vir die Bybel nie.  Jy hoef nie en jy moet nie dit verdraai en vergeestelik nie sodat dit by die wêreldse verduidelikings kan inpas nie.  

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? 

God is geen man dat Hy sou lieg of iets sê en dit nie waar maak nie.  God se Woord is onfeilbaar.  Jy kan daaraan vashou.




Insekteur Bybel: Vervangings Teologie


Dwalinge

1 Thes 5:21 Beproef alle dinge; behou die goeie. 
22 Onthou julle van elke vorm van kwaad. 

KJV 
21 prove all things; hold fast that which is good; 
22 abstain from every form of evil. 

Dit beteken nie dat jy nou alles kan beproef, goeie dinge en slegte dinge en daarna behou jy die goeie nie.  Nee!  Dit gaan hier spesifiek oor dit wat binne in die kerk aangaan.  

Dit sê, wees in alles dankbaar, blus die Gees nie uit nie, verag die profesieë nie, beproef alle dinge, maw toets dit alles wat in die gemeente gebeur.  Behou die goeie.  Bly weg van dit wat sleg is.  Dit is ‘n Bybelse beginsel.  Toets alles in die gemeente.  Johannes sê dit so,

1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 

Baie mense het ‘n begeerte om godsdienstig te wees, maar hulle het nie ‘n begeerte om self in die Woord van God in te delf en te leer nie.  Dit is baie makliker om net ‘n prediker te kry en na hom te luister en hom te vertrou.  Alles wat hy sê is ja en amen.  Hy is mos die “man van God” en dit is makliker om net alles te glo, alles wat hy sê.

Luister!  Geen mens is onfeilbaar nie.  Geen prediker is verhewe bo die Skrif nie.  Geen prediker se status is so dat hy buite kritiek en teregstelling is nie.  Leermeesters moet eerder die kansel vrees, want hulle sal ‘n groter oordeel ondergaan, omdat hulle soveel mense se lewens beïnvloed.

Maar ten spyte daarvan rus die verantwoordelikheid steeds op jou om alles te beproef, om die geeste te toets, om alles te beoordeel.

1 Kor 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 

Luk 12:56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie? 
57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie? 

En dit is die probleem waarmee ons sit in die kerk.  Mense beoordeel nie die dinge in die kerk nie.  Daarom is die kerk vol dwalinge en valse leringe, want die kerk het nie verwere teen dit nie.   

Wat ons gaan doen vir ‘n paar weke is om sekere dwalinge in die kerk te beoordeel.  Hoekom preek ek hieroor?  Want ek glo dat dit ‘n herder se plig is om sy skape nie net te voed nie, maar hulle ook te beskerm teen wolwe.  Dit is my plig om julle te voed met die brood van die lewe en ook om julle te waarsku en te beskerm teen valse profete en leraars.  So dit is wat ons gaan doen.

Nou ek weet daar gaan dinge wees waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie, of dinge wat jy dalk nie gaan verstaan nie.  Ek gaan probeer om dit eenvoudig te hou as moontlik.  Ons sal dit ook op DVD opneem, sodat jy weer en weer daarna kan kyk en slim kan raak en weet hoe om die wolwe uit te ken en dwalinge te indentifiseer.

(slide) Ons gaan kyk na die volgende dinge.

Vervangings Teologie

Wat is vervangings teologie?  Dit is die leerstelling dat die Kerk Israel vervang het.  In die Ou Testament het God met die volk Israel gewerk.  God het met hulle ‘n verbond gesluit.  Hulle was egter ongehoorsaam.  Hulle het op die ou einde Christus gekruisig en nou is God klaar met hulle.  God het hulle vervang met die Kerk.  Dit beteken dat God nie meer ‘n plan het vir Israel nie.  Dit is vervangings teologie.

Die implikasies van hierdie leerstelling (of dwaling) is dat elke belofte en elke gedeelte in die Bybel wat op Israel van toepassing is, wat nog nie vervul is nie, maw wat nog toekomsitg is, nou oorgedra word op die Kerk.  En om die beloftes wat God vir Israel gemaak het, oor te dra na die Kerk toe, moet jy dit vergeestelik en verdraai.  So volgens hulle was die beloftes nooit letterlik bedoel nie.  Beloftes wat God vir Israel gegee het, word nou die Kerk se beloftes.

En hierdie dwaling het baie ernstige skade aan die Kerk en ook aan die samelewing gebring.  Dit is die fondasie van anti-semitisme.  Wat is anti-semitisme?  Dit is om anti Jode te wees.  Dit is om teen die Jode te wees.  Dit is om vyande te wees van die Jode.  En agv anti-semitisme en die haat wat mense ontwikkel het teen die Jode is daar al miljoene mense se lewens vernietig.  En miljoene Jode is al doodgemaak en vervolg.

Die Rooms-Katolieke Kerk was 'n ywerige kampvegter van hierdie leuen van die begin af.  Die Rooms-Katolieke Kerk het dit gebruik om hulle verskriklike slagtinge van die kruistogte te regverdig en dierlike anti-semitisme aan te hits oor die hele Europa wat op die ou gelei het tot die Holocaust.  En hulle doen dit steeds vandag deur mense teen Jerusalem en Israel te draai.

Luister!  Vervangings Teologie is sekerlik een van die mees gevaarlikste ketterye van alles.  Hoekom?  Want ‘n ¼ van die Bybel moet nou allegories (geestelik) verklaar word en die waarheid daarvan word eenvoudig verduister en gaan verlore.  Hierdie dwaling is ook dan die fondasie van baie ander dwalinge.

Vervangings Teologie ondermyn die letterlike Bybelse leerstellinge van Christus se tweede koms na die hierdie aarde.  Hulle sê dat Jesus nie liggaamlik gaan terugkom en Sy koninkryk op aarde oprig en in persoon as Koning van die konings en Here van die here gaan regeer op aarde nie.  

Dit verwerp ook baie ander waarhede oor die Eindtyd, soos bv. die wegraping van die kerk.  En hulle verwerp ook die idee dat daar ‘n aanvaarding gaan wees van ‘n valse evangelie deur baie godsdienstige mense wêreldwyd, naamlik die intergeloofs-ekumeniese evangelie onder die beheer van Rome.

Die boek Openbaring maak eenvoudig nie sin as die Kerk Israel vervang het en al Israel se beloftes nou op die Kerk van toepassing is nie.  Nog minder die boek Sagaria.  Om die waarheid te sê is daar baie Bybelse boeke wat uitgebreide profetiese uitsprake het oor Israel en die Eindtyd.  

Dit gaan oor die land Israel, die stad Jerusalem en die Joodse volk en daar is geen denkbare manier wat dit op die Kerk van toepassing gemaak kan word nie.  Die profesiëe is te spesifieks en so aan mekaar verbind dat net op een groep mense van toepassing kan wees, naamklik die Jode.

Matt 23:39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! 

Dit het Jesus vir die Jode gesê.  En die duiwel, lyk dit vir my, sal alles probeer om te keer dat die Joodse volk hierdie proklamasie maak.  “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!”.  Die Hebreeuse woorde klink so, “Baruch haba b’shem Adonai.”  Daarom wil hy die Joodse volk vernietig.  Hy wil hulle almal dood hê.

En hy draai die hele wêreld teen hulle.  Dit is anti-semitisme.  Vervangings Teologie is daarom ‘n belangrike deel van sy plan, aangesien dit die hele fondasie vernietig waarop hulle hoop gebaseer is.  Luister!  As God nie Sy beloftes wat Hy aan hulle gemaak het na kom nie, watter hoop en waarborg het ek en jy dat God Sy beloftes wat Hy aan ons gemaak het sal na kom?

Kan jy sien hoe gevaarlik hierdie teologie is?  Dit plaas ‘n vraagteken op God se integriteit en betroubaarheid.  Het God Sy planne laat vaar met Israel?  Het God hulle vervang met die Kerk?  Is God klaar met Israel?  Paulus het ook hierdie vraag gevra:

Rom 11:1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 
2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie…

Dit is so duidelik soos daglig.  God het nie Israel verstoot nie.  Hy het wel sy handelinge met hulle tydelik opgeskort, maar Hy sal weer na hulle terugkeer en Sy beloftes aan hulle vervul.  Die Kerk het nie Israel vervang nie.  Nee!  God het ‘n tyd en plek vir die Kerk en Hy het ‘n tyd en plek vir Israel.

As vervangings teologie waar was, sou dit beteken dat God het ‘n fout gemaak met Israel en toe verander Hy Sy planne en wend Hom tot die Kerk.  Maar nee!  God het van die begin af planne gehad vir Israel en ook planne gehad vir die heiden nasies.

Hand 15:14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 
15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 
16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 
17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 

Israel het wel geval en God het Hom gewend na al die nasies van die wêreld waaruit Hy Sy Kerk bou, maar Hy sal terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig.  God is nie klaar met Israel nie.

En dan baie belangrik!  Die Kerk is nie Israel nie.  Die beloftes wat God primêr vir Israel gegee, het Hy nie vir die Kerk gegee nie.  Daar is wel baie algemene beloftes wat God gegee het wat op almal van toepassing is.  Maar ons kan nie spesifieke beloftes wat God vir Israel gegee het, gaan vergeestelik en probeer op die Kerk afdruk nie.

Kom ons gou na ‘n gedeelte in 2 Kron 7 om net vir julle te illustreer hoe verkeerd hierdie leerstelling kan wees:

Ok!  So waaroor gaan dit hier?  Dit gaan oor die tempel wat Solomo gebou het en die Here sê, hierdie plek het Ek vir My as ‘n offerhuis verkies.

13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, 
14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 

Oor wie praat die Here, wanneer Hy praat oor “my volk”?  Hy praat van Israel.  Let op!  Nie die Kerk nie.  Nie Suid-Afrika nie.  Nie Amerika nie.  Nie Europa nie.  Nie die wêreld nie.  Hy praat van die land van Israel en Hy praat van die Joodse volk en die tempel.

15 Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek. 
16 So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees. 
17 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou, 
18 dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ‘n man ontbreek wat in Israel sal heers nie. 
19 Maar as júlle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, 
20 dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan ‘n spreekwoord en ‘n spotlied maak onder al die volke. 

So dit gaan oor Israel en die tempel.  Maar nou kom vervangings teologie en hulle sê, dit verwys na die Kerk.  As die Kerk oor wie My Naam uitgeroep is hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek hulle uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land, Suid-Afrika genees.

So die land se genesing hang af van die Kerk wat tot bekering moet kom.  Kan jy sien waste probleme skep dit?  Is dit die gelowiges in die Kerk wat op die verkeerde pad is se skuld dat die land en ons wêreld so siek is?  Kyk hoe lyk Suid-Afrika?  Wanneer gaan die Kerk regkom?  Dit is die Kerk se skuld dat ons land so lyk.  Iemand het nie lank terug vir my dit gesê nie, dat dit die Kerk se skuld is dat ons land in so gemors is.

Hoekom is daar dan soveel onbekeerdes in die Kerk wat op die verkeerde pad is?  Ek het gedog die Kerk is dan die gemeenskap van gelowiges, hulle wat bekeerd is.  Gelowiges is dan mense wat hulle klaar bekeer het en wat reeds die geregtigheid van Jesus Christus ontvang het.  

Luister!  Die rede hoekom ons land in so gemors is, is nie die Kerk se skuld nie, maar dit is die sondes van goddelose mense.  Vervangings teologie maak die Kerk skuldig vir die wêreld se sondes.  En elke mens moet sy eie pak dra.  Jy gaan nie iemand anders se pak dra nie.  Jy moet jou eie heil met vrees en bewing voor God uitwerk.  So 2 Kron 7 gaan oor Israel, nie oor die nasies of die Kerk nie. 

Kom ons kyk na nog ‘n gedeelte:

Jer 23:7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie, 
8 maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land. 

Nou!  Kom ek verduidelik.  Een van die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel was die uittog uit Egipte.  Dit moes ‘n ongelooflike gebeurtenis gewees het, om dit te kon beleef en sien.  Die profete in die Ou Testament het keer op keer Israel herinner daaraan.  Aan hierdie groot wonderwerk, hierdie groot verlossing wat God vir hulle gegee het.  Die feit dat God hulle verlos het uit slawerny, uit Egipte.

Dit het hulle moed gegee.  Dit het hoop gegee.  As hulle koppe gesak het, was hulle net weer aan herinner aan wat God vir hulle gedoen het.  Maar nou sê Jeremia daar gaan ‘n tyd kom wanneer hulle nie meer sal sê, die Here het ons uit Egipte laat optrek nie.  Hulle gaan eerder sê, die Here het ons van orals waarheen Hy ons verdryf het, laat optrek en weer laat woon in ons land.  Dit sal vir hulle ‘n groter wonderwerk wees.

Hierdie profesie het nou eers onlangs tot vervulling gekom.  In 1948 het Israel weer ‘n onafhanklik staat geword na ongeveer 1900 jaar en die Jode stroom in die der duisende terug na hulle land.

Vervangings teologie sê, dit kan nie wees nie.  Hulle probeer hierdie profesie op die Kerk van toepassing maak, maar dit maak net eenvoudig nie sin om dit op die Kerk af te druk nie.  Eerstens, die Kerk het nie ‘n land nie.  Die Kerk was nooit uit ‘n land verdryf nie.  Die Kerk het ook nooit terug gekom na ‘n land toe nie.  Dit maak eenvoudig nie sin nie.

Hier ouens ontken God en verontagsaam dit wat Hy gesê het.  Hoor wat sê Jakobus,

Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. 

KJV
Every good gift and every perfect gift is from above, and cometh down from the Father of lights, with whom is no variableness, neither shadow of turning. 

Het God Sy verbond wat Hy met Israel gemaak het verbreek?  Nee!  God se raad staan vas.

Mal 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. 

Daar is nog baie wat ons hieroor kan sê, maar ek gaan eers hierby volstaan.



Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288