Tuesday 27 September 2011

DIE HEERLIKHEID VAN DIE VLEESGEWORDE WOORD – JOH 1:14


Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Ons het so rukkie terug begin met Joh 1 en die eerste verse tot by v18 gaan oor Christus die Lewende Woord.  In ‘n sekere sin is die eerste 18 verse ‘n samevatting van wat Johannes in die res van die hele evangelie sê.

Hy skets vir ons Jesus Christus die Lewende Woord, die Lewende God wat vleesgeword het.  Dit is wie Christus is.  Hy is die vleesgeworde Woord.  Ons het eerstens gekyk na die Ewige Christus.  Toe het ons gekyk na die Vleesgeworde Christus.  Daarna die Aangekondigde Christus. 

En laas week het ons gekyk na die Onherkenbare Christus, dat Jesus na Sy eiendom gekom het en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Maar Hy is ook die alomteenwoordige, die alwetende, die almagtige Christus.  Alhoewel baie Hom verwerp is daar sommige wat Hom aanneem. 

God se plan was nie gefrustreerd nie.  Hy het geweet dat mense Hom gaan verwerp, maar ten spyte daarvan het, het Hy mense na Homself geroep.  So vandag kyk ons dan na die sesde dimensie van Christus en dit is die Heerlikheid van Christus

Vers 14 beskryf dan vir ons die grootste wonder wat God ooit in ewigheid gedoen het, en dit is dat God vlees geword het.  Hierdie is die heerlikheid van Christus. 

Die Seun van die Lewende God was in die begin by God, was God, en het na die mens gekom as lig en lewe, was deur Johannes die Doper aangekondig, wat die mens verwerp het, verag het, op gespoeg het en gekruisig het.

Maar ten spyte daarvan het God daardie mense wat Hom verwerp en gekruisig het, het Hy hulle gebruik om Sy Verlossingsplan te laat vervul om sodoende die wat Hom aangeneem het, te verlos.  Dit is hierdie Christus wat Johannes nou opsom in hierdie verse en vir ons wys wie Christus werklik is.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

En ons gaan hierdie woord sien “vol” want hier kom ons by die volle heerlikheid van Christus.  Die Woord het vlees geword.  Om dit eenvoudig te stel.  God het mens geword.  Die diepste en grootste verklaring in die heelal word in hierdie eenvoudige woorde beskryf:  Die Woord het vlees geword.

Weet jy wat dit beteken?  Ewigheid het tydelik geword.  Die onsienlike het sienlik geword.  Die bonatuurlike het homself verminder om in die natuurlik vasgevang te word.  Wat ‘n ongelooflike gedagte.

Wie is die Woord?  Christus!  En onthou die Grieke kon verstaan en die Jode kon verstaan toe Johannes praat van die Woord.  Die Jode het geweet wat die Woord van die Here is.  En nou is die Woord van die Here beliggaam.

Heb 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun

God het met hulle gepraat deur Sy Woord.  Nou het die Woord gekom.  Jesus Christus is die beliggaming van al die gedagtes en redes en alles wat God is in Een mens.  Christus is die Woord.  Hy is die Lewende Woord.  En hierdie Woord het vlees geword.

En vir ons brein is dit moeilik om te verstaan hoe God Homself kon minder maak tot ‘n mens.  Hoe kon God ‘n mens word en hoekom sou God ‘n mens wou word?  Hoekom sou die Skepper deel wou word van Sy skepping?

Daar is ‘n goeie rede, en dit is waaroor Christenskap alles gaan.  Luister mooi!  Ons leef in die natuurlike, korrek?  Niemand is bonatuurlik nie, ons is almal natuurlik. 

Kom ons teken gou ‘n boks.  Daardie boks is die natuurlike.  Jy leef daar, ek leef daar, ons almal leef daar.

Ons almal is dieselfde gebore, ons het op dieselfde wyse in die wêreld gekom.  Nie een van ons het van ‘n boom afgeval nie.  Ons is in ‘n natuurlike wêreld in gebore.  Ons is natuurlike wesens.  Ons doen dieselfde dinge.  Ons het dieselfde funksies.

Ten spyte van wat jy glo, kan jy nie in ‘n telefoon hoekie inklim, ander klere aantrek en uitkom as Superman nie.  Dit werk nie so nie.  Jy is ‘n natuurlike mens.  Jy kan nie jouself verander in ‘n bonatuurlike wese nie.  So ons is vasgevang in die natuurlike en ons natuurlike wêreld is vasgevang in tyd en ruimte.

Ons elkeen neem spasie op.  Sommige net meer spasie as ander.  Ons kan net op een plek wees op ‘n slag.  Ons kan nie op dieselfde tyd op twee plekke wees nie.  Ons leef in tyd.  Ons lewe nie more nie.  Ons lewe nou vandag.

Nou buite hierdie boks, is die bonatuurlike.  En dit is waar God is.  Ons dilemma is, ons kan nie hierdie boks waarin ons is ontsnap nie.  So wat gaan ek doen om God te vind?  Hoe gaan ek uit my boks uit ontsnap om by God uit te kom?  Hoe kan ek God vind?

Dan kom iemand en sê, “Lees net die Koran, gaan 5 keer ‘n dag op jou knieë, en bid in die rigting van Mekka.  So sal jy ‘n gat in die boks maak en uitkruip en God vind. 

Dan kom iemand anders en sê, Nee man, dit werk nie so nie.  Jy moet mediteer en yoga oefenige doen totdat jy die eindelose kringloop van Samsara ontvlug en ‘n gat steek in die boks en uitkom en een word met die Brama, een word met die onpersoonlik godheid.

En so kan ons aan gaan, maar daar is niks wat jy kan doen om uit hierdie boks te kom nie.  Daar is niks wat jy kan doen om uit die natuurlike wêreld uit te kom nie.  Jy kan nie op ‘n natuurlike wyse God vind nie.

Luister!  Die mens kon nie uitkom en God vind nie, so wat het gebeur?  God het in die natuurlike ingekom.  God het vlees geword.  God het na die mens toe gekom in die persoon Jesus Christus.  En weet jy wat dit beteken?  Dit is God die bonatuurlike wat die bonatuurlike na die mens se realiteit toe gebring het.  Die Woord het vlees geword.  Wat ‘n ongelooflike realiteit.

Het die Woord opgehou om die Woord te wees, toe dit vlees geword het?  Nee!  Wanneer ‘n vrou ‘n kind kry, het sy ‘n ma geword.  Dit beteken nie sy het opgehou om ‘n vrou te wees nie.  Christus het nie opgehou om God te wees toe Hy ‘n mens geword het nie.  Toe Hy vlees geword het, was Hy steeds God, maar Hy het die dimensie van menslikheid bygekry.

So wie was Christus?  Hy was 100% God en 100% mens.  Hoe werk dit? Ek weet nie en dis ok.  Die Bybel sê nie ons moet dit verstaan nie.  Die Bybel sê ons moet dit glo.  So eenvoudig as dit.  Al wat nodig is, is geloof.

God het mens geword en steeds was Hy ten volle God.

1 Tim 3:16 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

Let op wat sê Johannes verder.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon...

Vir 33 jaar het Jesus Christus onder ons gewoon.  Die Griekse woord is “esgenoson”, wat beteken “om tent op te slaan”.  In Engels sê jy, “He tabernacle among us”.  Maw die idee is, dat Hy regtig gekom het om saam met ons te lewe.  Hy het Homself verminder om deel van ons sisteem te wees, deel van ons kultuur, deel van ons wêreld, deel van wat ons is.  Hy was een van ons.

Hy het tent opgeslaan onder ons, wat nie iets nuuts vir God is nie, want Hy het in die Ou Testament tent opgeslaan by Israel.  Die tent was genoem, die tabernakel.  En dit is waar God gewoon het.  En weet jy wat nog?

Op 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

God het in die verlede onder ons gewoon en Hy gaan ook in die ewige toekoms onder ons tent opslaan en onder ons woon.  Maar vir 33 jaar het Hy in die liggaam van Jesus Christus onder ons gewoon.  Hy het in ons boks in gebreek.  Anders was ons verlore.  Anders sou ons nooit God geken het nie.  Ons sou net ons eie opinies gehad het.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou...

Hy was verberg.  Sy goddelikheid was verberg en Hy het onder ons gewoon.  Maar alhoewel Hy Homself verberg het, kon Hy nie Sy heerlikheid verberg nie.    Johannes sê, ons het Sy heerlikheid aanskou.

Het hulle Sy heerlikeheid fisies aanskou?  Beslis.  Hulle het Sy heerlikheid aanskou op die berg van verheerliking.  Hulle het saam met Hom op die berg gegaan en Jesus het net eenvoudig die mantel opgelig en die lig het deur gekom, onthou julle dit?

Matt 17:2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

Johannes kon dit nooit vergeet nie.  Petrus ook nie.  Dit was so ‘n belewenis dat hulle daar wou bly en vir hulle drie hutte wou maak.  Hulle het Sy heerlikheid fisies aanskou.

Dit het ook in die Ou Testament gebeur.  Moses het die heerlikheid van die Here aanskou.  Sy gesig het gestraal van die heerlikheid.  God se heerlikheid was op ‘n fisiese wyse sigbaar en hulle het dit gesien met hulle fisiese oë.

Maar bo op dit het hulle ook Sy heerlikheid aanskou in Sy geestelike kwaliteite.  God se heerlikheid was ook geopenbaar in Sy genade, en goedheid, en liefde, en wysheid, en kennis, en verstand, ens.  Sy heerlikheid word geopenbaar in Sy karakter en wie Hy is.

So wanneer Johannes sê, ons het Sy heerlikheid aanskou, was dit nie net fisies nie, maar was dit in wie Hy was.  Hulle het Hom gevolg,na Hom geluister, saam met Hom gebid en Sy liefde ervaar. 

Watter heerlikheid was dit gewees?  Johannes sê dit was tweevoudig.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Eerstens was dit ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom.  En tweedens was dit vol van genade en waarheid.  Wat beteken dit?

Die eerste heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom, is die aanvanklike heerlikheid.  Die heerlikheid van wie Hy is.  Sy wese.  Dit is deel van Sy natuur.  Maw Hy is heerlikheid.  Dit is wie Hy is.

Maar meer as dit, is daar ‘n ander soort heerlikheid.  Die heerlikheid wat Hy aan ons geopenbaar.  Hy is vol van genade en waarheid.  En dit is die uitdrukking van die aanvanklike heerlikheid in die morele verhouding tot die mens.  Jesus druk dit op twee maniere uit, want Hy is vol van genade en waarheid.

Luister!  Genade en waarheid is die twee bestandele van saligheid.  Saligheid is gebou op genade en waarheid.  Uit genade is julle gered, nommer een.  Deur die geloof in die waarheid, nommer twee.  Jy kan nie gered word sonder genade nie.  En jy kan nie gered word sonder die waarheid nie.

Genade.  As God ons moes hanteer op ‘n meriete basis.  As Hy ons moes hanteer op die basis van dit wat ons verdien het, sou dit verby gewees het met ons almal.  As God net geoordeel het, was ons gonners, want ons het teen Hom gerebelleer.  Ons het teen Hom gesondig.  Ons het ons eie pad gevolg.  Ons was Hom ongehoorsaam.

Maar dank God vir Sy genade.  Hy is vol van genade.  Christus het gekom om God se genade aan ons as mens te openbaar.  Anders, hoekom Sy Hy gekom het?  Hy het gekom om Sy genade te openbaar.  Die wêreld het Hom teen Hom gerebelleer.  Die wêreld Hom gehaat.  Maar God sê, Ek het jou lief.  En Ek wil vir jou die geleentheid gee om My liefde te aanvaar deur Christus.

Het ons dit verdien dat Christus moes kom?  Was ons goed genoeg?  Was ons te waardevol vir Hom dat Hy besluit het om te kom om ons te red?  Nee!  Dit is alleen net genade.  Genade is genoeg om die vuilste, slegste, grootste sondaar te red.

Tweedens het Hy gekom vol van waarheid.  ‘n Uitdrukking van Sy heerlikheid.  In die Ou Testament was die waarheid net gedeeltelik geopenbaar.  Daar was baie tipes.  Tipes van Christus, skadubeelde van Christus.  Dit was gedeeltelike waarheid.  So, wie was die volle openbaring van waarheid?  Jesus Christus.

Wat gebeur met ‘n Jood vandag wat opgevoed is in die waarhede van die Ou Testament en alles geleer het, en dan Jesus Christus verwerp?  Hy’s verlore.  So halwe waarheid is geen waarheid nie.  Christus is die volle waarheid.  Om die Ou Testament te preek sonder Christus, is ‘n halwe waarheid. 

In die Ou Testament was dit slegs skadu’s en profesieë en tipes.  Maar Christus het dit alles vervul.  Hy is vol van waarheid.  Hy is die weg en die waarheid en die lewe.

Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Jesus is die waarheid.  En Hy het ook gesê, Ek gaan weg, maar ek stuur vir julle ‘n Trooster, die Gees van die waarheid.  Kom ek maak ‘n belangrike stelling:  As Jy Jesus Christus het, het jy nie nog meer openbaring nodig nie. 

Toe Jesus op die kruis gesterf het, het Hy gesê, “Te telosti”, wat beteken “dit is volbring”.  Hoekom?  Nie meer halwe waarheid nie.  Dit is alles volbring.  En as jy Jesus ken, ken jy die waarheid.  As jy enigiets minder as Jesus Christus ken, het jy net halwe waarheid.

Om net te sê, ek glo in God, is nie genoeg nie.  Het jy geweet die mense wat Jesus gekruisig het, het it gedoen vir God?  Het jy geweet dat Paulus Christene doodgemaak het vir God?  Mense doen baie dinge vir God.  Om net in God te glo, doen niks nie.  Die duiwels glo ook en sidder.

Jesus Christus is God in die vlees.  Sonder Hom is daar nie volle waarheid nie.  Jesus is vol van waarheid.  Hy is vol van genade en waarheid.  Dit is die heerlikheid van die vleesgeworde Woord.

Die onherkenbare Christus


Tema: Reaksie op die vleesgeworde Woord – deel 2
(Die onherkenbare Christus)

Teksgedeelte: Joh 1:9-13

Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

Ons praat oor die ses dimensies van Christus en vandag kyk ons na die onherkenbare Christus en die alomteenwoordige Christus.

4.    Die onherkenbare Christus

Wanneer jy dink dat die lig in die wêreld gekom het, dat Christus gekom het, mag jy dink, “dit is so opwindend”.  Hier is die mens in duisternis en die lig kom in die wêreld.  En ons almal moet blinde mense na die lig lei. 

‘n Mens kan dink dat na al die jare van duisternis, dat die mense die lig sal liefhê.  Dat mense die lig sal vewerlkom.  Maar wat gebeur toe Jesus kom?  Het die wêreld na die lig toe gehardloop?  Nee!

Joh 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Jesus is die lig van die wêreld.  En Hy het op so manier gekom dat elke mens kon verstaan en Hom ken.  En ‘n mens sou gedink het dat die wêreld na Hom toe sou stroom, maar hulle het nie.  Hoekom nie?  Hoekom sou mense nie die lig wou hê, wanneer dit so donker om hulle is nie?  Hoekom sou mense nie die Lewe van God aangryp nie?

Joh 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

Mense het nie die duisternis verdra nie.  Mense het elke oomblik daarvan geniet.  Mense het die duisternis gesoek, hulle het dit lief, want hulle werke was boos.

Joh 3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

Jy sien, wanneer die mens wat bose werke het, na die lig toe kom, dan word hulle werke geopenbaar.  En as ‘n mens nie die feit van sy sonde in die gesig wil staar nie, sal hy nooit na Christus toe kan kom nie.  As jy nie met jou sonde deel nie, sal jy nie by Christus kan uitkom nie. 

En dit is hoekom mense nie na Hom toe hardloop nie.  Hulle het hul sonde liewer gehad.  Hulle geniet elke oomblik daarvan.  Hulle hou nie noodwendig van die gevolge nie.  Die mense het die lig van Jesus Christus verwerp en doen steeds vandag. 

Joh 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

Hy het gekom, die Een wat die wêreld gemaak het, die Een wat die mens gemaak het, en kyk hoe reageer die maaksel, die skepping, die mens.  Hulle wou Hom nie gehad het nie.  En dis jammer.  Hy was nie ‘n vreemdeling nie.

Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Vir 33 jaar het Hy onder hulle kom woon.  Hy het geleer, Hy het liefgehad, Hy het gesterf, Hy het die mens se sonde gedra, Hy het die mens se straf gedra in die wêreld wat Hy self gemaak het.  En dieselfde hande wat Hy gemaak het uit die stof van die aarde, het ‘n hammer opgetel en spykers deur die Skepper se hande geslaan.

Dit was Sy wêreld, dit was Sy mense, dit was Sy boom, dit was Sy heuwel.  Hy het dit alles gemaak.  Hy het gekom en hulle het Hom nie geken.  Hy was onherkenbaar.  Wat ‘n hartseer verhaal.  Hulle het Hom nie geken nie.  Die onherkenbare Christus.

Die hartseerste tragedie in die wêreld is onbeantwoorde liefde.  Daar was nog nooit so ‘n liefde soos hierdie oneindige liefde nie, en daar was nog nooit so ‘n totale verwerping van oneindige liefde nie.

Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Sy eiendom, Sy eie mense.  Alles wat aan Hom behoort.  Hy het alles gemaak.  Hy het gekom na alles wat aan Hom behoort.  Maar hulle wou Hom nie hê nie.  Maar ek dink dit verwys hier primêr na Israel.

Amos 3:2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

In die Ou Testament word op baie na Israel verwys as God se eie mense.  Hy het gekom vir Israel, maar hulle wou Hom nie hê.  Israel het by die res van die wêreld aangesluit en gesê, ons wil nie hierdie man hê om oor ons te regeer nie.  En hulle het Hom gevat en Hom bo ‘n heuwel gaan kruisig.

As ons terug gaan na Jesaja, sal ons sien dat al reeds jare vooruit vertel is wat gaan gebeur.
Jes 1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.

Wil jy iets baie interessant weet?  In die gedagtes van baie Jode is daar tog ‘n geweldige vrees dat hulle wel die Messias gekruisig het.  Jy sê dalk, ek het nog nooit ‘n Jood gehoor wat dit erken nie.  En hy sal dit nooit erken nie. 

Maar baie van God se uitverkore volk het ‘n talmende vrees in hulle gemoed en wonder tog of dit nie die Messias was nie.  Hoe weet ons dit?  As gevolg van hulle passievolle haat teenoor Christendom.  Dit is so asof jy iets opbring wat hulle pla.

‘n Bekende Rabbi met die naam Ben Esra het ‘n gebed aan Jesus geskryf en die gebed beskryf die verkriklike teisterende moontlikheid van ‘n Joodse hart dat Christus dalk is wie Hy gesê het Hy is.  Hier is ‘n aanhaling van die gebed:

“Thou, if Thou wast He who at mid watch came by the starlight, naming a dubious name, and if too heavy with sleep and too rash with fear, O Thou if that martyr gash fell on Thee coming to take Thine own and we gave the cross when Thou deserved the throne, be Thou the judge."

The Expositor's Bible: The Gospel of St. John, Vol. I - Marcus Dods

Dit moet verskriklik wees.  Hy het na Sy eie mense gekom en hulle het Hom nie aangeneem nie.  Sy eie mense verwerp Hom.  En dit is wat ons ook sien regdeur die evangelie van Johannes.  Die reaksie van die wêreld.

En ‘n mens wonder tog, hoe moet God se hart gebreek wees, en hoe frustreerd Hy moes wees.  Hierdie plan van God en Christus word gestuur en die wêreld doen dit met Hom.  Luister!  God word nooit frustreerd nie.

Ja maar, kyk wat het hulle gedoen met Christus.  Dis reg.  Hy was die Lam wat geslag was voor die grondlegging van die wêreld.  God het dit alles geweet.  God het geweet hulle gaan Hom verwerp.  Maar Hy het ook geweet daar gaan dié wees wat Hom gaan aanneem.

Op die einde word nie die hele wêreld gered nie, maar net sommige word gered.  En dit is God se plan.  Christus het gekom, nie om almal te red nie, alhoewel Hy vir almal gesterf het, en alhoewel dit Sy begeerte is dat almal gered moet word, het Hy gekom dat sommige gered kan word.

1 Kor 9:22 vir die swakkes het ek soos ‘n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

God het van die begin af geweet dat die meerderheid nie gered gaan word nie, maar steeds het Hy Sy verlossings plan in werking gestel, want Hy het ook geweet dat sommige gered sal word.  Daarom het Christus gekom, om sommige te red.

Dit is nie asof God ‘n plan gehad het, en dit verkeerd geloop nie.  God se plan het presies uitgewerk soos Hy dit beplan het.  So Hy is nooit frustreerd nie.

5.    Die alomteenwoordige Christus

Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

Ja, die wêreld het nee gesê vir Hom.  Die wêreld wil Hom nie hê nie.  Die wêreld ken Hom nie.  Hulle wil niks met Hom te doen hê nie.  Maar almal wat Hom aangeneem het.  Ja, daar is sommige wat Hom aangeneem het.  Hoe het hulle gedoen?  Het hulle net besluit ons wil Christus hê?

V13 sê, nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie...  Maar deur wie?  Deur God se wil.  Hierdie is die soewereine werk van God.  Hy is die alwetende, almagtige en alomteenwoordige Christus.

Die wêreld se haat teenoor Christus sal nooit God frusteer nie.  Die wêreld het God se Seun doodgemaak en nie daardeur God se plan frustreer nie.  Hoekom nie?  God gebruik die toorn van mense om Hom te verheerlik.  En dit wat gelyk het soos Satan se grootste oorwinning is Satan se einde.

So ons sien die alomteenwoordige Christus in v12 & 13.  Ons sien die twee kante van saligheid.  Die kant van die mens in v12 en die goddelike kant in v13.  Dit was nie jou wil nie, dit was God se wil.

En hier lê die groot misterie van saligheid.  Almal wat Hom aangeneem het, word kinders van God genoem.  As jy Jesus Christus ken, het jy absolute ewige reg om jouself ‘n kind van God te noem.  Maar v13 sê dit kom nie uit bloed of deur die wil van ‘n mens.

Rom 8:17 sê, as jy ‘n kind van God is, is jy ook ‘n erfgenaam van God en mede-erfgenaam van Christus.

Dan sê vers 13 dat jy nie ‘n kind van God is uit die bloed die.  Maw jy word nie biologies deel van God se familie nie.  Dit is wat die Jode gedink het.  Hulle het gedink omdat Jode is, is hulle nou deel van God se familie.  Hulle het gedink ons kom van Abraham se saad.

Dit kom ook nie deur die wil van ‘n mens nie.  Dit kom deur die wil van God.  God het my geroep om Sy kind te wees.  God het gewil dat ek Sy kind moet wees.  In God se alwetenheid weet Hy wie Hom gaan kies en wie nie.  So Sy plan is presies besig om in vervulling te gaan.

Jesus is die alomteenwoordige Christus.  Nuwe lewe begin met Hom.  Dit is die boodskap.  Sy lig het in die wêreld gekom.  Die waaragtige lig het elke mens kom verlig.  Maar nie almal reageer positief daarop nie.  En God het dit geweet.

Ons het gesien hoe God die duisternis van die wêreld oorheers.  Ons sien dat die duisternis kan nie die lig oorweldig nie.  Die duisternis kan nie die saligheids plan van God frustreer nie.  Want Christus is alomteenwoordig.  Hy is almagtig.  Hy is alomteenwoordig.

Slot

Wat sê dit vir my en jou?  Twee dinge.  Ons moet Hom glo en aanneem.  Eerstens moet ons glo dat Jesus die Christus is, die Seun van die Lewende God wat gekom het om ons verlossing te gee.  Tweedens moet ons Hom aanneem as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker.

Dan word ons deur die wil van God gebore in Sy familie.



Thursday 15 September 2011

Reaksie op die vleesgeworde Woord


Teksgedeelte: Joh 1:6-9

Joh 1:6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

Johannes se evangelie gaan oor Jesus Christus.  Jesus Christus is die Seun van God.  Jesus Christus is God in die vlees.  En dit is wat Johannes so uniek maak, anders as Matteus, Markus en Lukas, sy begeerte om Jesus voor te stel in al Sy goddelikheid.

Johannes gebruik eenvoudige terme om diep waarhede uit te druk.  Met eenvoudige terme wat ons kan verstaan beskryf hy waarhede wat ons verstand oorweldig.  Nou Johannes het ‘n drievoudige tema. 

Eerstens, om Christus voor te stel as die Seun van God, tweedens, die geskenk van verlossing wat Hy bring, en derdens, hoe die mens daarop reageer, sommige mense aanvaar dit, ander verwerp dit.

Nou Joh gee vir ons ses dimensies van Christus.  Amper soos ‘n diamante met ses kante.  Eerstens is Hy die ewige Christus, ons het dit laas week gesien in v1-3.  Tweedens het ons gesien dat Hy is die vleesgeworde Christus, v4-5.  Derdens is Hy die aangekondigde Christus.  Dit lees ons in v6-8 en vierdens sien ons dat Hy is die onherkenbare Christus, v9-11. Vyfdens is Hy die alomteenwoordige Christus, v12-13.  En sesdens is Hy die verheerlikde Christus.

3.    Die aangekondigde Christus

God het nie Christus gestuur sonder enige aankondiging nie. 

Joh 1:6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

Hierdie Johannes is nou nie Johannes die apostel wat hierdie evangelie geskryf het nie.  Hy praat hier van Johannes die Doper.  Skielik verander die onderwerp.  Eers het dit gegaan oor God en nou skielik praat hy oor ‘n man.

Christus is God, Hy was by God, Hy het alles gemaak, Hy is die lewe en die lig.  En dan skielik word hier gepraat van Johannes die Doper, ‘n mens.  Vanaf die Woord, wie God is, beweeg hy nou na die een wat dit aagekondig het, dat die Woord God is.  Johannes die Doper.  Hy is die voorloper, die aankondiger.

Hy het die koms van die Messias aangekondig.  Hy word met Christus in kontras gestel.  Johannes was gestuur deur God.  Christus was God.  Johannes die Doper het gekom.  Christus was van alle ewigheid af gewees. 
Johannes was deur God aangestel.   Christus was God.  Johannes het gekom om na die lig toe te wys.  Christus was die lig.  Johannes was die agent van geloof.  Christus is die objek van geloof.

Hoekom is dit so belangrik?  Elke keer in die evangelie wanneer Johannes die Doper ter sprake kom, word hy in die regte perspektief geplaas, sodat hy nie verhoog of enige eer ontvang nie.

Jy sien, vir 400 jaar voor Johannes die Doper was daar nie weer ‘n profeet gewees nie.  Israel het nie ‘n profetiese stem gehad nie.  Dit was stil.  Geen boodskap van God af nie.  En skielik na 400 jaar, sedert die tyd van Esra en Nehemia, skielik op die horison verskyn hierdie fassinerende persoon.  ‘n Profeet van God.

Israel was aangetrokke tot hom, en die Bybel sê dat almal in Jerusalem en Judea het na die wildernis gegaan om hom te hoor.  Hy het gepreek en mense gedoop.  Na 400 jaar.  En jy weet wat doen mense.  Hulle begin om die prediker te aanbid, instede om na die boodskap te luister.

Daar het toe groep ontstaan wat Johannes die Doper gevolg het.  Ons lees van hulle in Hand 19, wat sê hulle was dissipels van Johannes.  Hierdie dissipels was egter nie gelowiges in Jesus Christus nie.  Hulle het agter Johannes aangeloop.  Hulle was ‘n Johannes die Doper groepie.

So wanneer Johannes, die Apostel skryf oor Johannes die Doper, plaas hy hom in die regte perspektief.  En dit is belangrik. Ja, hy was ‘n ongelooflike mens.  Hy was reeds van die skoot van sy moeder af vervul met die Heilige Gees.  Die Bybel sê hy was die grootste profeet gewees wat daar nog was.  Selfs groter as Moses of Dawid of Elia.

Matt 11:11 Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.

Ja, hy was dalk die grootste mens wat nog geleef het, maar in vergelyking met Christus, was hy niks.

Joh 3:25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes ‘n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.

Jy sien.  Hier is daai groupie dissipels van Johannes wat argumenteer met die Jode.  Hulle stry oor die reiniging.  Die Jode kom dan na Johannes die Doper toe en sê vir hom,

Joh 3:26 ...Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.

Nou wat gebeur hier.  Hierdie Jode probeer Johannes die Doper en sy dissipels teen Jesus en Sy volgelinge teen mekaar afspeel.  Maar Johannes is skerp.  Hoor wat sê hy,

Joh 3:30 Hy moet meer word, maar ek minder.

Die grootste mens wat nog ooit geleef het in vergelyking met Jesus Christus is niks.  En Johannes die apostel, wil hê dat ons dit moet snap.  Jesus, die Seun van God is nie net ‘n mens nie.  Hy is God.

En dis so maklik vir mense om Christus te vervang met die prediker.  Om jou aandag te vestig op die aankondiger eerder as op die Een wat aangekondig word. 

Dit gaan nooit oor die prediker en hoe wonderlik hy is en hoe goed hy preek en mooi persoonlikheid hy het nie.  Dit gaan alles oor Jesus Christus.  Ons moet minder word, Hy moet meer word.

Joh 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Wat ‘n ongelooflike stelling.  Die konsep van die Lam, die konsep van God, die konsep van sonde, die konsep om sonde weg te neem, die konsep om die sonde van die wêreld weg te neem.  ‘n Ongelooflik impak wat hierdie een stelling het.

Hy is die aankondiger van Christus.

Joh 1:7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

‘n Getuie is iemand van die waarheid getuig.  Johannes het gekom om van die realiteit van Christus as die Seun van God te getuig.  Hy was egter een van agt verskillende getuies wat getuig dat Christus God is.  In Joh 5:37 lees ons van nog ‘n Getuie.

Joh 5:37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

God die Vader is Getuie.

Joh 8:18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.

Jesus self is Getuie.  Sy werke is geuie.

John 5:36 ...die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

Die Skrifte is getuie.  Maw die Ou Testament.

Joh 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Al die mense wat Hom ontmoet het getuig van Hom.  Die dissipels was getuies dat Hy Christus, die Seun van God is.

Joh 15:27 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

En daar is nog iemand.  Die Heilige Gees.

Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

So Johannes, die apostel, maak al die getuies bymekaar, God en die mens, wat getuig dat Christus die Seun van die Lewende God is.  Hiervan is Johannes die Doper die eerste getuie.  Hy het gekom om van die lig te getuig.

Joh 1:8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

Dit was direk gemik op die dissipels van Johannes wat hom orals gevolg het asof hy die lig is.  Hy het van die lig getuig sodat almal deur hom sou glo.  Sodat almal deur Johannes die Doper se getuienis in Christus sal glo. 

Johannes die Doper word ‘n deur of venster waardeur mense Christus kan sien en in Hom kan glo.

Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...

Vra jouself die vraag: Kan mense na jou kyk en deur jou lewe en getuienis in Christus glo?  Christus is die lig en ons is die weerkaatser.  Ons weerkaats Sy lig.  Ons is ligdraers van Christus.

Joh 5:35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ‘n tyd in sy lig te verbly.

In Joh 1 sê dit dat Jesus Christus is die lig.  Die Griekse woord is “phos”.  Maar in Joh 5 sê Jesus dat Johannes is die lamp.  Die engels kan nogals verwarrend wees, want dit sê,

Joh 5:35 He was a burning and a shining light: and ye were willing for a season to rejoice in his light.

Maar ek dag Johannes het gesê dat Jesus is die lig en hy het net kom getuig van die lig.  Die Afrikaans het gelukkig dit reg vertaal en gesê dat Johannes was die lamp.  Die Griekse woord is “luchnos”.  Maw die ligdraer, die lamp wat die lig dra.  Jesus is die lig.  Ons is die ligdraers.

Hoekom maak mense so groot ophef van die lamp???

Wanneer jy ‘n vuurhoutjie brand in ‘n donker plek, kan almal dit sien.  Jy hoef nie mense te vertel daarvan nie.  Jy hoef nie vir mense te sê, kyk daar is die lig nie. In ‘n donkerplek kan almal dit sien.  Maar wat bedoel Johannes as hy sê dat hy getuig van die lig?

Jy kan net mense van die lig vertel wat blind is.  En jy weet wat.  Almal in die wêreld is blind.

2 Kor 4:3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

Satan verblind mense se sinne, se verstand, se denke, sodat hulle nie God se lig kan sien nie.  En dit is waar die profete ingekom het, en waar ek en jy inkom en blinde mense aan die hand neem en na die lig toe neem.

So die lig van God het in die wêreld gekom en in die duisternis kom skyn, maar die ongelowiges kon dit nie sien nie.  En Johannes die Doper het gekom om mense aan die hand te vat en hulle na die lig toe te lei.  En dit is wat elke prediker se job is.  Dit is wat ek jy moet doen elke dag.

Elke mens wat dan nog ooit geleef het, was al aan God se lig blootgestel.  Het jy dit geweet?

Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

God het kennis oor Homself aan elke mens geopenbaar en steeds kan hulle dit nie sien nie.  Steeds weier hulle, omdat hulle blind is.  Hulle wil nie kyk nie.  En dit is ons werk as predikers, as Christene, as getuies om blinde mense wat rond tas in die donker om hulle na die lig te neem, sodat God hulle geestelike blindheid kan wegneem.

Hoe weerkaats jou lewe die lig van Christus?

Tuesday 6 September 2011

Die Goddelike Woord

Teksgedeekte: Joh 1:1-5

Regdeur die evangelie van Johannes kry ons te doen met Jesus Christus, die Seun van God. En dit is hoe Johannes Hom beskryf.

Joh 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Die hoofrede waarom Johannes skryf is om Christus voor te stel as die Seun van God, God wat mens geword het, sodat ons in Hom kan glo.

Johannes begin nie soos die ander evangelies met ‘n geslagsregister nie. Hy begin nie met mense nie. Hy gaan terug tot by die begin. Hy sê dat Jesus was daar toe alles begin het. Jesus het nie ‘n begin nie, Hy was altyd daar gewees. So Johannes stel ons voor aan God.

Hy vertel ons van Sy menslikheid, van Sy diensbaarheid, van Sy koningskap, maar primer gaan dit oor Sy goddelikheid. Christus is die tema van Johannes se evangelie. Hy is ook die tema van sy drie sendbriewe. En Hy is ook die tema van Openbaring wat deur hom geskryf is. Hoe dit ookal sy, Johannes was lief vir Christus en Christus het hom liefgehad.

En soos wat Johannes Jesus Christus voorstel, het sommige geglo en ander het Hom verwerp. Dit is die boodskap van Johannes. Wat jy maak met Jesus Christus bepaal nie net jou lewe hier en nou nie, maar dit bepaal jou ewige eindbestemming.

1. Die ewige Christus

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Johannes gaan verder as die begin van Gen 1:1.

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Maar Johannes se begin gaan verder as die begin van die skepping. In die begin nog voor die begin was, nog voor die skepping begin het, was die Woord. Dit beteken nie dat God het ‘n begin gehad nie. In die begin was die Woord, maw die Woord was nog altyd van ewigheid daar gewees.

Christus was daar. Hy was van ewigheid nog altyd daar. Hy het nie in bestaan gekom nie, maar Hy was nog altyd gewees.

Die Woord was nie geskep nie. En toe God die hemel en aarde geskep het, was die Woord reeds daar. En die Woord, natuurlik, verwys na Christus. Hoor wat sê Spr 8:27-31,

Spr 8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het—
30 toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

Christus sê, toe dit alles begin het in die begin, was Ek daar. Nou, hoekom sê dit “In die begin was die Woord” en nie, in die begin was Christus nie? Hoekom die Woord? Twee redes: Eerstens, want die Jode sou dit verstaan, en tweedens, want die Grieke sou dit verstaan. Beide van hulle het die konsep van die Woord gebruik.

Die Griekse woord vir Woord is logos. “In die begin was die logos”. Die Jode het dit verstaan. In die Ou Testament was dit die woord van God waardeur God die heelal geskape het. God het ‘n woord gespreek en dit was so.

Nou kom Christus en Johannes sê vir die Jode: al ooit gewonder wat die woord van God is? Kyk na Christus. Die wil en krag van God wat regdeur die Ou Testament gesien was as die Woord, kyk na Christus. Hy is daardie Woord. Jesus Christus is die beliggaaming van daardie Ou Testamentiese konsep van die Woord. Daarom sê die Hebreër skrywer in,

Heb 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete (Hy het Sy woord gespreek deur die profete), het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun (Want Jesus is die Woord).

So die Jode sou dit verstaan. Wat van die Grieke? Die Grieke was nou weer gepla met filosofie. Hulle het oor alles gefilosofeer. Hulle het geglo in ‘n bonatuurlike krag. Hulle het geglo God het krag en ‘n verstand en rede, want mense het ‘n verstand en rede. Iewers moes ons sin vandaan gekom het.

Griekse filosowe het geglo dat God se verstand en wil het iewers in die heelal rondgesweef en dit het die mense die vermoë gegee om te kan redeneer. Dit het die mens intelligensie gegee. Maar hierdie God van hulle was ‘n onpersoonlike god. Dit was een of ander filosofiese krag.

En raai wat het hulle hierdie filosofiese krag genoem wat rond sweef in die heelal? Die woord. Hulle het dit genoem die “logos”.

So wanneer Johannes sê “In die begin was die Woord”, wat het dit beteken vir die Grieke? Hierdie rede en verstand en krag van God, raai wat, dit is beliggaam in Christus Jesus. God is ‘n persoon. Die antwoord waarna julle soek, dit is Christus. Jesus is die antwoord.

En met een woord “logos” sê Johannes vir die Jode, “vir eeue het julle die Woord van God gesoek,” en vir die Grieke, “vir eeue het julle die antwoord gesoek”, hier is Hy, Jesus Christus. Dit is wat Johannes sê wanneer hy sê in v14,

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon...

Die Jode kon dit verstaan en die Grieke kon dit verstaan. Met een eenvoudige woord het Johannes die wêreld bereik met hierdie eenvoudige konsep. Johannes vertel vir die mense wie Christus werklik is. Hy is die beliggaaming van al God se krag. In die begin was die Woord.

Dan gaan hy nog bietjie verder as dit. Hy sê, nie net was die Woord in die begin daar nie, maar was die Woord ook by God.

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God...

Die Griekse woord is “proscontheon” en dit beteken van aangesig tot aangesig. God was van aangesig tot aangesig met Jesus Christus. Wat ‘n ongelooflike realiteit is dit nie. Hy was by God. Maar weet jy wat? Hy het dit opgegee? Paulus sê,

Fil 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

En Jesus het begeer om weer Sy Vader van aangesig tot aangesig te sien. Hy bid die priesterlike gebed in Joh 17, dan bid Hy,

Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

Dit is die gebed wat Hy gebid het net voordat Hy gekruisig sou word. Hy bid en sê, Ek wil wees soos wat dit was. Ek wil daardie heerlikheid hê wat Ek gehad het toe en by U was. En dan later aan bid Hy, “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Die Woord was by God en dit is waar Jesus wou wees. Hy het daardie intieme gemeenskap met die Vader gehad. En dan gee Johannes nog ‘n groot sprong. Wat sê hy? Eerstens sê hy, in die begin was die Woord en die Woord was by God en dan sê hy, en die Woord was God.

Die Woord was letterlik God. Jesus Christus is God in die vlees. Niks minder nie. Die volkome goddelikheid van Christus beliggaam in ‘n mens. So hier in die eerste vers wat Johannes skryf, maak Johannes dit duidelik dat Jesus Christus, die lewende Woord, is die volmaakte openbaring van God.

Daar is geen ander nie. Dit is Christus en Hy alleen. Hy is God in ‘n menslike liggaam. Alles wat God is, is Christus. Dit is hoekom Jesus gesê het,

Joh 14:9 ... Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.

Joh 10:30 Ek en die Vader is een.

Let op wat sê Joh 1:2,

Joh 1:2 Hy was in die begin by God.

En dit het ons alreeds gesien. In vers 1 was die Woord by God. Christus was by God. Hy was by God. Dit is so eenvoudig. Die Bybel gebruik hierdie eenvoudige ongelooflike konsepte. Alhoewel ons verstand dit nie kan begryp nie, kan ons geloof dit aangryp. Hy is God. Hy was nog altyd God.

En om Jesus minder as God te maak is godslasterlik. Daar is godsdienste en kulte en mense wat nie glo dat Jesus Christus nog altyd God was nie, en dat Hy nie ten volle God is nie, en daarom laster hulle teen God.

En hulle het al twee twee by jou huis opgedaag en vir jou vertel dat Jesus is net ‘n Seun van God. Daar is ander wat sê Hy is net een van baie gode. En ander sê Hy was net ‘n goeie mens. Sommige sê Hy het ‘n god geword. Dit is godslatering.

2 Joh 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

Maw hulle sê dat Christus nie is God in die vlees is nie. En wanneer enigiemand na jou toe kom sê dat Christus is enigiets minder as God, dan is hy ‘n verleier en die antichrist.

2 Joh 1:10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

Dis hoe ernstig dit is. Hoekom?

2 Joh 1:11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Dis godslastering! Jy weet hoe God daaroor voel wanneer iemand ‘n ander Christus preek as die ware Christus? Gal 1:9 sê, laat so iemand ‘n vervloeking wees. Dit is hoe God voel. God plaas ‘n vloek op die mens wat Jesus Christus se godheid verwerp. Dit is nie iets waarmee ‘n mens speel nie.

Dit beteken nie ons moet nie Christus aan hierdie mense verkondig wat Hom nie ken nie. Dit beteken net ons moet nie toehoorders wees van hierdie veleiers nie. Jy moet nie na hulle luister nie, hulle moet na jou luister. Godslasteraars verdien nie ‘n groet nie.

Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

En dit is ‘n baie eenvoudige verklaring. Jesus Christus is Skepper. Hy het alles gemaak. Alles! Maar Hy het dan nie my kar gemaak nie, of het Hy? Hy het alles gemaak waarmee die mens die kar gemaak het. Dit is alles syne. Hy besit die wêreld. Dit behoort aan Hom...en my! Hoekom? Want ons is mede-erfgename.

Alles het deur Hom onstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. Sonder Hom het nie een ontstaan nie. So God het alles uit niks gemaak. En Johannes kry so paar houe in by die Gnostici.

Daar was ‘n groep wat genoem was die Gnostici. Hulle was ketters en het gesê dat God nie die wêreld geskep het, want die wêreld was boos. Johannes sê, Jesus het alles gemaak. Net omdat dit geskend en gebroke is, beteken nie dit is Sy skuld nie. Hierdie is Christus se wêreld. Hy het dit gemaak. Dit behoort aan Hom.

En weet jy wat? Wanneer dit kom by saligheid, dan is Hy in werklikheid besig om alles terug te wen wat Hy gemaak het. Wanneer Hy weer terug kom, gaan Hy die skepping verlos. Rom 8 sê dat die skepping is in barensnood en sug met afwagting van die aanneming tot kinders.

Die skepping is in ‘n worstelstryd tot die dag wanneer Jesus weer terug kom en nie net die mens gaan red nie, maar ook die skepping. En wanneer Jesus kom en regeer vir ‘n duisend jaar, wat gebeur? Die leeu en die lam lê bymekaar, die suigeling speel by die gat van ‘n adder. Die skepping is beseer, maar wanneer Jesus terugkom, gaan Hy ook die skepping genees, want dit is syne.

Ons praat van die ewige Christus. Hy was nog altyd gewees.

2. Die vleesgeworde Christus

Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Hierdie woorde skets vir ons Christus as die beliggaaming van lewe en lig wat in die wêreld gekom het en hoe die duisternis daarop reageer. Hierdie is Sy vleeswording. Johannes wys vir ons twee dinge. Christus is die lewe van God en die lig van God. V4 sê, In Hom was lewe.

As jy terug gaan na v3 dan sê dit dat Hy alles gemaak het. Lewe kom van Hom af. In Hom was lewe. Hy is die bron van alle lewe.

Maar Johannes is nie hier te veel gepla oor fisiese lewe nie. Dit gaan vir hom hier oor geestelike en ewige lewe. Hy gebruik die Griekse woord dzoay wat verwys na geestelike lewe. Bios is die Griekse woord vir fisiese lewe, waar die woord biologie vandaan kom. Dzoay verwys na geestelike lewe.

In Hom is geestelike lewe. Wat is geestelike lewe? As ons geestelike dood kan defineer, dan sal ons dalk geestelike lewe beter verstaan. Paulus sê,

Ef 2:1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

Maw die ongeredde persoon is dood in sy sonde. Geestelike dood beteken dat jy nie kan reageer op God nie. ‘n Dooie lyk kan nie reageer nie. Iemand wat geestelik dood is kan nie op geestelike waarheid reageer nie. Maar Christus kom en kom gee vir ‘n dooie mens lewe.

Die wêreld is vol van dooie mense. Mense wat nie geestelik lewe nie. En Christus het gekom om vir hulle lewe te gee. Geestelike lewe. Ewige lewe. Geestelike lewe is ewige lewe. Geestelike lewe is nie iets wat kan sterf nie.

Hierdie lewe kom van Christus alleen.

Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe...

1 Joh 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Jesus Christus het gekom sodat mense wat geestelik dood is, geestelik lewend gemaak kan word. In Hom was lewe en Hy het lewe in die wêreld gebring en dan gaan die vers aan en sê, en die lewe was die lig van die mense.

Hierdie lewe wat Christus bring was soos lig. Christus is die lig van lewe. Lig illustreer lewe. Dit is nie iets anders nie. Dit is dieselde ding wat gïillustreer word. Net soos wat lig kom van ‘n bron af, so kom lewe van Christus af.

Christus se lewe was die lig van mense. Die lewe van Jesus Christus, die opgestane Jesus, geestelike lewe het oor die wêreld versprei en weet jy hoeveel mense se lewens het dit geraak?

Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

Sy lig verlig elke mens, maw elke mens kom onder die lig wat Christus gebring het. En wat jy met daardie lig doen is wat saakmaak. Elke mens weet genoeg om te reageer op God se genade. Maar wat van die ou op ‘n eiland wat nooit die evangelie gehoor het nie?

Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

Christus het gekom en daardie lewe wat in Hom was, was soos lig. Dit het mense se harte verlig. Nou moet jy daarop reageer. So hoe kan daardie lewe ontvang? Baie eenvoudig. Deur te glo. 70 keer praat Johannes oor om te glo. Wat moet ek glo?

Eerstens, jy moet glo dat Jesus Christus die Seun van God is. Tweeedens, jy moet glo dat alles wat Hy gesê het is die waarheid, en derdens moet jy jou lewe commit tot daardie dinge. Dit is wat dit beteken om te glo.

Dit gaan nie net daaroor om te sê, Ja ek glo in die Seun van God en ja ek glo in alles wat Hy sê nie, maar dit gaan ook daarom om jou lewe te commit tot daardie geloof. Geloof sonder dade is dood.

Wanneer jy dit doen gaan jy ophou om te sterf en ophou om dood te wees en jy gaan begin om te lewe met ‘n hoofletter L. Luister! Dit is nie net geestelike lewe hier en nou nie, dit het ewige kwaliteite.

Het jy geweet as jy ‘n Christen is leef jy nou reeds ‘n ewige lewe. Ewige lewe is nie ‘n tydperk van lewe nie, dit is ‘n kwaliteit van lewe. En dit is ewig soos wat dit sê dit is. Ewige lewe hou nie op nie. Anders is dit nie ewige lewe nie. Maw ‘n wedergebore kind van God kan nie geestelik sterf nie, anders het hy nie ewig lewe gehad nie.

Hierdie lewe was die lig van die mense. Die karakter van lig is om te skyn en die lewe wat van Christus kom uit Hom soos ‘n lig wat skyn. 21 keer in Johannes sê hy Christus is die lig. Maar die hartseer saak is dit, dit wat ons lees in,

Joh 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

Christus kom met ewige geestelike lewe wat skyn soos lig, maar mense het duisternis liewer. Dit is jammer. Om net te dink wat Jesus alles opgegee het, sodat Hy vir ons lewe kan bring, dan sê mense nog nee daarvoor.

Vers 9 sê Hy is die waaragtige lig. The true light. Hy is die enigste lig, die enigste lewe. En sonder Christus is daar net ewige duisternis wat vir die mens voorlê.

Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Die lig skyn in die duisternis. Dis waar. Die wêreld is ‘n donker plek. En mense wat die duisternis lief het en ‘n bose lewe lei, sit dit nie op die spotlight sodat ander dit kan sien nie. Hulle hou van die donker plekke en donker hoekies. Hulle doen hulle sonde in die donker en steek dit weg.

Maar Christus se lig kom skyn in die duisternis en oral waar Hy is, is daar lig. Die lig is Christus. Hy verdryf die duisternis weg. En die duisternis het probeer om Hom dood te maak, maar dit kon Hom nie oorweldig nie. Satan wou van die lig ontslae raak. Maar hy het nie geslaag nie.

Slot

Een van die dae gaan Christus kom in Sy volle glorie en Sy lig sal die hele aarde vul. Die aarde sal vol van Sy heerlikheid wees. Ja, God se lig skyn reeds in baie van ons harte. En die duiwel gaan probeer om die ware kind van God se lig uit te blus. Maar die duisternis sal nooit die lig oorweldig nie.

Ek vertrou dat die goddelike lig van Christus ‘n realiteit is in jou. Ek vertrou dat die lig van God in die persoon Jesus Christus jou hart aangesteek het, dat jy geestelike lewe ontvang het, ewige lewe ontvang het.

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288