Monday 1 August 2011

BLOEDLYNVLOEKE - IS DIT BYBELS OF NIE?



'n Ernstige jong dame het haar predikant gaan sien en gesê, "Pastoor, wil jy nie asb vir my bid nie" Hy vra toe, “Is daar iets spesifieks waarvoor ek moet bid?” Sy sê toe "Ja, ek het bevryding nodig, want daar is ‘n bloedlynvloek.”

Die pastoor sê toe vir haar, “Nee, ek kan jou verseker jy het nie ‘n bloedlynvloek nie”.  “Maar pastoor, jy verstaan nie,” gaan sy voort, “my pa het ‘n slegte humeur gehaat en nou het ek ook ‘n slegte humeur.”

Die pastoor verduidelik toe vir haar, dat sy mag dalk ook opgetree het soos haar pa, maar dat dit “aangeleerde gedrag” is en dat die leerstelling van bloedlynvloeke nie Bybels is nie.  Hy herinner haar toe dat haar “woede-uitbarstings” een van die werke van die vlees is en dat sy dit kan oorwin deur die Heilige Gees (Gal 5:16, 20).  Die jong dame was verlig en bly soos wat die waarheid haar vrygemaak het.

DIE INVLOED VAN OUERS

As ons sien hoe sommige ouers optree, kan ons verstaan waarom sommige mense glo dat hulle slagoffers is van “voorvader vloeke.”  Ons sal nooit die invloed wat ouers op hul kinders het kan peil nie.  Die geleentheid wat ouers het om ‘n kind se karakter te vorm en te  bou is ‘n onskatbare voorreg en ‘n ongelooflike verantwoordelikheid.  Ouers kan ‘n tuiste skep van geluk en vrede of hulle kan dit hel maak vir kinders.

Die Bybel gee vir ons beide opdragte en voorbeelde.

Deut 6:7 en jy moet dit (die gebod) jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Ef 6:4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Vaders het die belangrikste leierskap en verantwoordelikheid in die huis. 

Gen 18:19 Want Ek het hom (Abraham) verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen...

Moeders het ook ‘n groot invloed.

2 Tim 1:5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Euníce, en wat—daarvan is ek oortuig—ook in jou is.

Invloed VS. vloek

Wanneer dit kom by bloedlynvloeke, dan is die gedagte dat die persoon gebore word met ‘n vloek op sy lewe.  Hy word oorheers deur ‘n krag buite sy beheer en daarom kan hy nie help om sekere sondes te doen nie.  Dit is anders as net blote invloed van ‘n ouer.  Hier is ‘n krag nodig wat groter is as die vloek om dit te verbreek.  Vanuit hierdie gedagte het die leerstelling van “bloedlyvloeke” sy ontstaan en ook saam met dit die “bediening van bevryding/om vloeke te breek”.

Waarom is hierdie teorie van bloedlynvloeke so gewild?

Want meeste mense wil nie verantwoordelikheid vir hul eie gedrag aanvaar nie.  Sielkunde het baie mense oortuig dat hulle nie regtig sondaars is nie, maar dat hulle slagoffers is, van ‘n samelewing oor die algemeen en spesifiek van hul ouers.

Diegene van die “BV” konsep leer, maak ook gewoonlik daarop aanspraak dat hullle hierdie vloeke kan verbreek.  Die belofte van kitsoplossings vir morele probleme is baie aantreklik en daarom is dit so gewild.

Elke lering moet egter die toets van God se Woord slaag.

Jes 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.

KJV
Isa 8:20 To the law and to the testimony: if they speak not according to this word, it is because there is no light in them.

2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

IS DIE “BV” TEORIE BYBELS?

Die “BV” leraars bou hul teorie op die basis van Eks 20:5-6.  Om hulle argument te probeer bewys, sê hulle dat “misdaad” is ‘n unieke sonde.  God het gesê,

Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

IS “MISDAAD (ongeregtigheid)” ‘N UNIEKE SONDE?

Hulle beweer dat die term “misdaad/iniquity (ongeregtigheid)” ‘n sinoniem is van ‘n “bloedlyn vloek/generasie vloek” wat impliseer dat dit ‘n unieke sonde is. 

In Break the Generation Curse, deel 1, skryf Marilyn Hickey, “You can come under a curse for which you are not responsible but have inherited"(bl. 15) Sy bou haar argument op die term “iniquity” en sê dit is ‘n spesiale soort sonde.  Sy sê, “If a sin is repeatedly committed, it becomes an iniquity which can be passed down through the bloodline" "(the) curse of family iniquities passes on through your blood" (deel 2, bl. 12, 50).

Is misdaad (ongeregtigheid) ‘n unieke sonde?  Nee!  Die Bybel gebruik baie terme om na oortredinge te verwys, maar almal beteken “sonde”. 

Psa 32:5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.

Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Luk 13:27 noem alle sondaars “werkers van ongeregtigheid”.  1 Joh 5:17 sê dat alle ongeregtigheid is sonde.

WAT BETEKEN EKS 20:5-6?

1.    Die term “vloek” kom nie eers voor nie.  God het gewaarsku van sy oordeel oor die sonde van afgodery wat lei tot baie ander sondes.
2.    God wou hê dat Israel moet weet dat ‘n afgods kultuur gevolge kan hê op hul nageslagte tot by die derde en vierde geslagte.
3.    En die oordeel kom slegs op diegene wat God haat.

Die “BV” leraars verwys selde na dieselfde gedeelte, v6 waar God sê dat Hy barmhartigheid bewys aan duisende wat Hom liefhet.  en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.”    Soos Paulus gesê het in Rom 5:20 waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword”

Is die familie “bloedlyn” vervloek?

Die “BV” leraars voeg “generasie of familie” by die term “misdaad (ongeregtigheid)” en van daar kry hulle die spreekwoord “familie misdaad”.  Dan sê hulle dat misdaad word van een geslag na die volgende geslag oorgedra deur die familie bloedlyn.  Die Bybel leer die volgende:

1.    Die enigste familie wat deur sonde (ongeregtigheid) geaffekteer is, is die mensdom.  Deur een mens het sonde in die wêreld gekom (Rom 5:12).  En as gevolg van ons eerste ouers, Adam en Eva, word alle mense met ‘n sondige natuur gebore en is ons almal van nature kinders van die toorn (Ef 2:3).
2.    Psalm 51:5 sê dat ons in ongeregtigheid gebore is, maar kinders word nie verantwoordelik gehou totdat hulle persoonlik sonde doen nie.  Rom 5:13 sê “...sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.”
3.    Die enigste bloedlyn wat met die sondige natuur te doen het is dit wat van Adam af kom (Rom 5:17-19).  Hand 17:26 sê dat God al die nasies uit een bloed gemaak het.  Die mens se bloed kan siektes oordra, maar dit kan nie geeste of misdade oordra nie.  Wat van ‘n bloed oortapping?  As jy bloed van ‘n gelowige persoon oortap na ‘n onheilige persoon, maak dit hom nie heilig nie en andersom.
DRA GEESTE VLOEKE OOR?

Baie “BV” leraars sê dat bose geeste oorgedra kan word van ouers na kinders.  Teresa Castelman gee die volgende onbybelse instruksies vir Christene wat slegte gewoontes het en daarvan bevry wil word:

In a deliverance session we handle this in the following manner: Call forth those curses that have been allowed through the generations by way of a Familiar Spirit–we break the hold and command in the Name of Jesus that it flee. We command that it go to dry places and tell the curse it not be allowed to go into any future generations. Its power and hold is broken forever.

Soos die “bloedlyn” teorie is hierdie ‘n onbybelse en gevaarlike leerstelling.  Die term “Familiar” en “family” het wel dieselfde stamwoord, maar daar is geen verband tussen “Familiar spirit” en ‘n menslike familie nie.  “Familiar spirit” word in Afr vertaal met dodebesweerder of die gees van ‘n afgestorwene.  Dit is nie ‘n familie gees nie.

MOET ‘N MENS JOU VOORVADERS SE SONDES VERWERP?

Neil Anderson sê dat gelowiges die volgende moet bely:

“As a child of God, I here and now reject and disown all the sins of my ancestors . . . . I cancel all demonic working that has been passed on to me from my ancestors . . . . I now command every familiar spirit that is in or around me to go to the pit and to remain there until the Day of Judgment”.

Drie probleme met hierdie belydenis:

1.    Die sondes van jou voorvaders behoort nie aan jou nie, so jy kan dit nie verwerp nie.  Jy het net jou eie sonde. 

Jer 31:30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

2.    ‘n Kind van God kan nie ‘n demoon hê nie.

1 Joh 4:4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

3.    God het nie vir ons outoriteit gegee om demone na ‘n pit te stuur nie; Jesus het self demone in varke gestuur, maar nooit na “die pit” toe nie (Mark 5:13).

“HUIS” IS NIE “GENERASIE” NIE

 In Break the Generation Curse, deel I, sê Marilyn Hickey dat "huis" (Gr. oikos) ook vertaal kan word met "huishouding," maw die term term in Matt 12:43-45 beteken "generasie." Dan gaan sy verder deur te sê, “(the) house all cleaned up by Jesus" kan verwys na ‘n persoon wat ‘n generasie vloek/bloedlyn vloek gehad het.

In die konteks van hierdie gedeelte verwys “oikos” egter na die hart van ‘n persoon, die woonplek van Jesus of van die duiwel.  Jesus praat in Matt 12:43 van die indivu en nie ‘n huishouding of generasie nie.  “En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het...”  Die huis waarin Jesus woon is egter nie in gevaar nie!

DIE “GROEN DRUIWE” EN “STOMP TANDE” TEORIE

Die Israeliete het ‘n “teologie van bloedlyvloeke” gehad.  God sê vir Israel,

Eseg 18:2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

Dan kom Jeremia en sê,

Jer 31:29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

Maw Israel het ‘n verkeerde teologie gehad.  En Jeremia stel dit dan duidelik dat elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe.  Elkeen moet sy eie pakkie dra.

Waarom gebruik die voorstanders van “BV” soos Marilyn Hikey dan hierdie spreekwoord wat so duidelik verkeerd is, om hulle argument te verdedig (BGC, deel 1, bl 124)?  God het vir Sy profete gesê om vir Israel te sê om dit nie te gebruik nie (Eseg 18:3-4). 

Eseg 18:20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

Ons het reeds gesien wat die mag van invloed is deur ouers, maar daar is ‘n groter mag van invloed en dit is die vryheid van keuse wat God vir jou gegee het.  Kain en Abel het dieselfde gene gehad, maar Kain het die eerste moordenaar geword en Abel het die eerste martelaar van geloof (Gen 4:8-16).

Ons kry dieselfde ding gebeur by Israel se konings (2 Kron 28-35).  Die bose koning Agas was die vader van die godsman Hiskia.  Hiskia se seun, Manasse en sy kleinseun, Amon was afgode dienaars, maar Josia, die seun van Amon het ‘n groot herlewing in Israel gelei.

In ‘n boodskap, “Generation Curse: Is it true?” verwys Past Eddie Gwin na die verkeerde denke agter hierdie teorie. “Your entire lineage may be ungodly; why are you so different? Because you chose to serve the Lord. Some of you righteous parents have wayward kids. It is not your fault! They made the choice.”

God het aan elke mens ‘n vryheid van keuse gegee en ons moet nooit ophou om te bid vir ongeredde persone nie, en ons moet nooit verskonings maak vir sonde deur dit bloedlynvloeke te noem nie.

WIE PLAAS ‘N “VLOEK”?

As daar ‘n bloedlynvloek is, wie het hierdie vloek geplaas?  Sommige antwoord en sê dit is die ouers, maar daar is geen Skrif daarvoor nie.  Daar is egter ook geen Skrif wat sê dat Satan ‘n vloek plaas nie (ten spyte van al die bose dinge wat hy doen).  Die enigste antwoord wat oorbly is: God plaas die vloek.  Die vraag is dan: Kan ‘n mens ‘n vloek wat deur God geplaas is verbreek?

Die waarheid is dat God wel ‘n vloek op sonde en sondaars geplaas het.

Matt 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Die vloek in Gen 3 affekteer all mense en die skepping (Rom 8:19-23).  Spesifieke vloeke wat God uitgespreek het is bv: Kain (Gen 4:11); Di twat God vir Abraham gesê het in (Gen 12:3) “En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek;”; die Isaeliete wat skuldig was van sonde (Deut 27-28); die wat by God steel (Mal 3:9).  Daar is ook ander, maar nie een daarvan is ‘n bloedlynvloek nie. 

Geen mens kan ‘n vloek wat God geplaas het, verbreek nie, behalwe God self.  God verbly Hom wanneer Hy ‘n vloek verbreek waneer mense hulle na Hom toe bekeer, soos bv. Nineve in Jon 3:10.  Een van die mooiste voorbeelde is die van Rut.  God het die Moabiete, selfs tot by die tiende geslag, vervloek en uit die tabernakel gesluit vanweë hul sonde.

Deut 23:3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;

Dit het Rut en haar agter kleinkind, Dawid ingesluit.

Rut 1:16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.
17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen—net die dood sal skeiding maak tussen my en u.

As gevolg van hierdie belydenis wat Rut gemaak het, het God haar aanvaar as ‘n Israeliet.  Sy was geseën en uit haar nageslag is die Mesias gebore (Matt 1:5).

God se uitverkore volk moes beter geweet het as om ’n “bloedlynvloek” verskoning te gebruik vir hul sondes.  Hoe kon hulle tog hul eie geskiedenis vergeet in Num 22-24?  Toe Bileam probeer het om God se volk te vervloek, toe kon hy nie.

Num 23:8 Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie?

Num 23:20 Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.

‘n Gelowige is deur God geseënd.  Niemand kan ‘n persoon seën wat God vervloek het en vervloek wat God geseën het nie.

BARMHARTIGHEID AAN DUISENDE

Eks 20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Stanley Horton sê,

“The so-called generation curse refers to the Second Commandment . . . (Exodus 20:4-6). The word "hate" in the Hebrew is a participle indicating characteristic or continuous action. Thus, the children, grandchildren, and great-grandchildren who keep on hating God reap a cumulative effect of God’s judgment. On the other hand, those who turn from hatred of God and choose to love Him reap something far greater. They become part of a line that reaps the benefits of God’s love on a thousand generations of godly people who preceded them. Thus, those loving God will not suffer any judgment or curse from what their parents or ancestors did.”

Psa 105:8 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte—

Elke mens op aarde kan deel in hierdie heerlike belofte deur eenvoudig om God te lief te hê.  Die oomblik wat jy na Hom toe bekeer, het jy deel aan die seëninge van God.

Slot

Die goeie nuus van die evangelie is:

Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
 14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Wanneer jy weer te doen kry met “BV” leraars, dan vertel hulle hoe om ‘n generasie seën te ontvang.



No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288