Friday 12 August 2011

HOE OM VESTINGS NEER TE WERP


Ons het nou laas week gekyk na bloedlynvloeke en gesien dat dit nie Bybels is nie.  Maar wat van vestings.  Sommige ouens noem dit bindinge, maar die woord “binding” kom nie in die Bybel voor nie. 

Die woord binding skep egter ook die idee van ‘n vloek, so ons praat glad nie van ‘n binding nie. Ons praat van vestings, want dit is die woord wat ons in die Bybel kry.  En ons gaan spesifiek dan kyk na 2 Kor 10.

2 Kor 10:3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Wanneer die Nuwe Testament praat van vestings, dan verwys dit na leuens.  Teen die tyd wat Paulus sy tweede brief aan die gemeente van Korinthe skryf, was daar baie valse leraars in die kerk wat Paulus se integriteit en apostelskap aangeval het en terselfder tyd die evangelie ook aangeval het. 

In 2 Kor 10-13 verdedig Paulus dan sy apostelskap en roep hy sy geliefde bekeerlinge terug na die waarheid toe.

Die term “vesting” of soos in die KJV “stronghold” word deur baie oues verkeerdelik geïnterpreteer.  Ons kan egter nie ons eie betekenis daaraan koppel nie, maar moet toelaat dat die Bybels vir ons sê wat dit beteken.

Peter Wagner sê egter,

“One of the more curious aspects of my pilgrimage into the field of spiritual warfare during the past few years has been the discovery that those who had been talking about it and doing it long before I even thought much about it did not agree among themselves about the nature of strongholds. They agreed that strongholds provide the forces of darkness a legal basis for doing their evil deeds both in individual people on the ground level and in cities and nations on the strategic level . . . . We have not been sure enough of what we are looking for exactly"

Wagner sê dat ‘n stronghold is ‘n wettige toegang vir die bose.  Wat hy egter nie nie vir ons sê nie is wat hy daarmee bedoel.  Hy praat van ‘n “Legal basis”/ ‘n wettige toegang, maar volgens wie se wette?  En waste toegang?  Is dit ‘n wettige plek of ‘n wettige idee? 

Ons kan verseker weet toe Paulus hieroor geskryf het aan die Korinthiërs het hy presies geweet wat hy bedoel met “vestings” en hy het verwag dat die lesers ook moet weet wat hy bedoel.  As ons wil weet wat dit beteken, moet ons vra wat die Heilige Gees wou hê ons moet verstaan.

‘N DEMONIESIE VESTING???

Die woord “vesting/stronghold” (Gr. ochuroma) kom net eenkeer in die Nuwe Testament voor.  Volgens Arndt-Ginrich word hierdie woord gebruik om te verwys na ‘n fort of tronk.  Dit is hoekom sommige sê dat ‘n vesting ‘n plek is waar demone bykaar is.  Maar die konteks wys vir ons dat dit nie is waarna Paulus verwys nie.

Teresa Castleman, leier van ‘n bevrydings bediening sê die volgende,

"Are Christians demon possessed? Absolutely not. Can Satan have strongholds in our lives? Yes"

Volgens haar kan ‘n Christen nie ‘n demoon hê nie, maar ‘n Christen kan wel ‘n vesting hê.  Sover stem ek saam.  Maar dan gaan sy verder en beskryf ‘n vesting as ‘n demoon.  Lekker confused!  Nêrens in 2 Kor 10, die gedeelte wat ons gelees het, kom die woord demoon of bose gees eers voor nie.  Die konteks het niks met ‘n demoon te doen nie.

WAARVAN PRAAT PAULUS?

Is dit so onduidelik soos Wagner gesê het?  Nee!  Nie net kan ons weet wat ‘n vesting is nie, maar is dit so belangrik dat ons moet weet.  Valse leerstellings is gewoonlik die resultate van swak bybel uitleg.  Die Bybel is die beste Uitlêer.

2 Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Nou, “vestings” volgens 2 Kor 10:4 verwys nie na bose geeste nie.  In werklikheid is daar nie een verwysing in die hele brief van bose geeste nie. Dit is basies ‘n brief aan die gemeente van Korinthe om hulle terug te bring na hul getrouheid aan die evangelie.

Hoofstukke 1-7 bevat liefdevolle vermanings vir die Kerk, saam met die begin van Paulus wat sy bediening verdediging tenoor mense wat sy bediening beswadder. 

Hoofstukke 8-9 moedig hy hulle aan om te gee vir die verspreiding van die evangelie.  In hoofstukke 10-13 verdedig Paulus sy apostelskap en bediening teen die aanvalle van die "valse apostels" (11:13) wat bose leuens oor hom versprei (10:2,10; 11:6-7,15, 12 :11-12). 

So die valse leraars het probeer om die Korinthiërs te vervreem van Paulus.  Hulle sê in 2 Kor 10:10 dat sy teenwoordigheid is swak.  Hulle sê in 11:6 dat hy nie ‘n goeie spreker is nie, in vers 16 dat hy minderwaardig is, in 12:11-12 dat hy nie werklik ‘n apostel is nie.

Dit is die konteks waarin Paulus dan praat van vestings.

Eerstens, pleit hy by die Korinthiërs om hulle vertroue in Hom te behou (10:1-3).  Hy gebruik sekere woorde.  Hy sê,
2 Kor 10:3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

Alhoewel ons in die vlees wandel (en sarki), maw hy sê, alhoewel ons nog in ‘n fisiese liggaam is, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie (ou kata sarka), maw ons voer nie die stryd op ‘n vleeslike, wêreldse manier nie.  Hoekom sê Paulus dit?  Want sy vyande het hom van iets beskuldig wat hy met alle ywer vermy.

Tweedens, in v4-6 vertel hy die Korinthiërs hoe hy hierdie stryd of oorlog sal wen.  Hy sal nie vleeslike wapens gebruik nie, maar hy gebruik wapens wat kragtig is om vestings neer te werp.

Hy defineer vestings en sê,

2 Kor 10:5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Dit is “planne” (Gr. logismous) wat beteken “argumente/verbeeldings”, maw leuens.   Leuens oor sy bediening, planne teen sy bediening.  “Elke skans” (Gr. hupsoma) wat beteken iets wat verhef is, maw dit verwys na trotse arrogansie van sy vyande wat hulleself teen die kennis van God verhef.  En “elke gedagte” (Gr. noema) wat nie aan Christus gehoorsaam is nie.

Maw dit is leuens wat verhef word bo die waarheid.

KJV
2 Cor 10:5 Casting down imaginations, and every high thing that exalteth itself against the knowledge of God, and bringing into captivity every thought to the obedience of Christ.

Om dit eenvoudig te stel: Die vestings waarna Paulus hier verwys, is die leuens wat mense verkondig teen die waarheid.  ‘n Vesting is ‘n leuen.

Craig Keener sê,

“Greek sages sometimes described their battle against false ideas as a war, in terms similar to those Paul uses here. Like those sages, Paul claims to be doing battle with false ideas. "Arguments" (NIV, NRSV, TEV) or "speculations" (NASB) is a technical term for "rhetorical or philosophical" reasonings; the prisoners of war in this extended metaphor are human thoughts. Cf. Proverbs 21:22 (508).”

Spr 21:22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

Nou waarop vertrou mense?  Hulle vertrou op leuens en dit is vestings wat neergewerp moet word.  Leuens neem jou gevange.  Die waarheid maak jou vry.

Wanneer mense leuens glo, laat hulle toe om ‘n gevangene van bedrog te word in hul gedagtes.  Om ‘n leuen te glo is een van die gevaarlikste dinge wat ‘n persoon kan doen.  Luister!  Jou ewige bestemming hang daarvan af of jy die Waarheid glo.

Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

En sonder Bybelse geloof kan ons nie gered word nie.  Die verstand is die slagveld waar hierdie oorlog plaasvind en waar jou siel se toekoms bepaal word.  Daarom spreek Paulus sy diepe besorgdheid uit wanneer hy sê,

2 Kor 11:2 Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.
3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

HD Spence beskryf vestings as “the evil fortivications of the mind, corrupt thinking, prejudices, wordly maxims, evil thinkings.”  Hy sê, “The work of the true soldier is to bring this frontal force into entire subjection to Christ.” (242)

Derdens, sê Paulus vir ons watter wapens om moet gebruik wat hierdie vestings sal neerwerp:

1.    Vestings of valse argumente en bose arrogansie word neergewerp deur die kennis van God, maw die waarheid.
2.    Vestings of vekeerde gedagtes word neergewerp deur elke gedagte gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus.
3.    Paulus sê hy straf alle ongehoorsaamheid.

2 Kor 10:6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Ons gou nou nie hier praat oor wat Paulus bedoeling met ongehoorsaamheid wat gestraf moet word nie.  Daar is wel voorbeelde in die Bybel oor hoe Paulus opgetree het wanneer dit kom by ongehoorsaamheid.

Matthew Henry sê in sy kommentaar die volgende oor 2 Kor 10:4-5,

What opposition is made against the Gospel, by the powers of sin and Satan in the hearts of men: ignorance, prejudices, beloved lusts, are Satan’s strongholds in the souls of some; vain imaginations, carnal reasonings, and high thoughts, or proud conceits, in others. But then observe, the conquest which the word of God gains. These strongholds are pulled down by the Gospel as the means, through the grace and power of God accompanying it as the principal efficient cause (1090).

DIE EVANGELIE OP DIE SPEL

Verseker was meer as net Paulus se reputasie of die Korinthiërs se getrouheid aan hom op die spel.  Dit was die evangelie wat op die spel was.  Paulus het wel gesê dat daar ‘n vloek van God is op hulle wat ‘n ander evangelie verkondig.

Gal 1:8 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!

Paulus was gedetermineerd om nie toe te laat dat enige “valse leraars” sy bediening stuit nie.  Dit het nie gegaan oor homself nie, maar hy het besef dat as hy nie sy bediening beskerm nie en as sy vyande so slaag, sou daar ‘n vesting van misleiding gewees het wat die waarheid van die evangelie vernietig.

Paulus sê ons mag nie eers hierdie dinge verdra nie, anders sou dit ernstige gevolge hê.

2 Kor 11:3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

Hoe gebeur so iets?

4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval. (KJV - ye might well bear with him)

Die vestings was:

1.    Die leuens van die valse apostels.

2 Kor 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

2.    Verkeerde denkpatrone wat die gevolg was daarvan om leuens te glo.  Daar is baie valse godsdienste en kultusse wat gebou is op leuens en wat deur liggelowige mense geglo word. 

Ons wat die waarheid glo en daaraan vashou kan alleen immuun wees teen misleiding, solank ons bly by die Woord en toelaat dat die Woord ons leer en lei.

Don Stamps het gesê,

“In the churches today there are those whose teachings contradict God’s Word and lead their followers to spiritual disaster. We must be on our guard against them. False teachers may state that Biblical revelation is true, but at the same time allege that they possess extrabiblical revelations or knowledge equal in authority to Scripture and valid for the church as a whole. Such false teaching usually draws the Christian faith into a syncretism with other religions or philosophies.”

Ons kan nooit die belangrikheid van die oorlog wat in gedagtes oorbeklemtoon nie.  Iemand wat vir jou sê dat jy jou verstand moet afskakel en net God ervaar is ‘n valse leraar.

2 Thes 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.
10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

Slot

Wat is die wapens waarmee ons die vestings neerwerp?  Die waarheid.  Ons breek vestings af deur die waarheid.

2 Tim 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Wat moet ons doen? Hou net aan om die woord te verkondig.  Tydtig en ontydig.  Wanneer mense dit wil hoor en wanneer hulle dit nie wil hoor nie.  Weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.  Dit is ons wapens.  Kom ons gebruik dit.

No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288