Wednesday 12 October 2011

Johannes die Doper se getuienis


Teksgedeelte: John 1:19-23

Joh 1:19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
22 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? —dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.

Soos ons het alreeds gesien dat Johannes vir Christus wil voorstel as die Seun van God.  Dit gaan nie soseer oor Christus se verhouding met Israel, soos wat Mattheus dit vir ons beskryf nie.  Dit waaroor dit vir hom gaan is om te getuig van Jesus, die Seun van die lewende God.  God het mens geword.  Dit is sy boodskap.

Johannes skryf nie eers oor die eerste 30 jaar van Jesus se lewe nie.  Hy praat eerder van die tydperk van Jesus se bediening.  En Jesus het nie Homself as die Seun van God voorgestel, nie totdat Sy bediening begin het nie.  Jesus het eers toe Sy bediening begin het by die Jordaan, begin om te sê dat Hy die Messias is.

Julle sal onthou wat die doel van Johannes se brief is:

Joh 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Dit is waaroor dit gaan.  Hier is Christus.  Hier is Sy verlossing.  Jy moet glo.  Ons het ook gesien dat hy al die getuies in roep wat getuig dat Christus die Seun van God is.  En ons is ook getuies, want die volheid van God woon in ons.

God is getuie dat Christus Sy Seun is.  Christus self getuig dat Hy God is.  Sy werke getuig dat Hy God is.  Sy dissipels getuig dat Hy God is.  Al die gelowiges van al die eeue getuig dat Hy God is.  Die eerste getuienis wat Johannes die apostel dat in roep, is Johannes die Doper se getuienis.

Wanneer jy dan lees van Johannes in die evangelie van Johannes, verwys dit na Johannes die Doper en nie na die skrywer van die evangelie nie.  Johannes die skrywer noem nooit na homself nie.  Wanneer hy na homself verwys dan praat hy van die dissipel wat Jesus lief gehad het.

So Johannes die Doper se getuienis kry ons in vers 19-37.  Hy getuig dat Jesus Christus is God.  Jesus Christus was 100% God en niks minder nie.  Christus was nie net ‘n goeie mens nie.  Christus was nie net ‘n goeie leermeester nie.  Christus was nie net ‘n goeie mens wat so goed was dat God Hom ‘n god gemaak het nie.

As Christus nie 100% God is nie, dan is alles sinneloos en kan ons die Bybel maar weggooi en vergeet van Christenskap.

Nou, Johannes gee drie getuienisse op drie verskillende tye aan drie verskillende groepe op drie verskillende wyses.  En dit is waarna ons gaan kyk.  Maar voordat ons daarna kyk, kom ons kyk na wie Johannes die Doper was.

Johannes die Doper was ‘n fasinerende karakter.  Hy het sy bediening begin toe hy 29 was.  Daar moet ‘n tyd van voorbereiding wees.  Selfs Christus het nie Sy bediening begin voordat hy 30 jaar oud was nie.

Hy was die eerste profeet wat Israel weer gesien het na 400 jaar.  Israel het vir lank sonder ‘n profeet gesit.  En toe Johannes opdaag, toe het die mense hom gevolg.  Hy was dinamies.  Hy was bold.  Hy was vervul met die Heilige Gees van sy moeder se skoot af en dit het oorgekom toe hy gepreek het.

Hy het gepreek by die Jordaan in die Jordaan valley en almal het soontoe gegaan om na hom te luister.  Mense het dalk almal geweet wie hy was want hy was die seun van ‘n priester, Sagaria.

Interresant dat hy weggegaan het uit die gemeenskap en homself met die arm mense geïdentifiseer het.  En al die arm mense het kameelhare gedra en ‘n leergord en dit is wat hy gedra het.

Die Bybel sê ook dat hy van springkane geleef het, maar daar is ander wat sê dat die Griekse woord verwys na ‘n locust boom wat in Israel groei waarop bone groei en dat dit nie springkane was nie, maar bone waarvan hy geleef het.

Matt 3:5 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.

Onthou daar was vir 400 nie iemand soos Johannes met so ‘n dinamiese stem nie.  Hulle het begin wonder of hy nie die Messias is nie.  So hy was baie popular.  Hy het gepreek die koninkryk van die hemele is naby.

Nou wanneer die Bybel sê, die koninkryk is naby, beteken dit dat dit die volgende ding is op God se horlosie.  Dit beteken nie dit gaan more kom, of oor 4000 jaar nie.  Dit beteken eenvoudig dat dit volgende is op God se agenda vir die wêreld.

Maar was die kerk dan nie die volgende groot gebeurtenis en nie die koninkryk nie?  Verseker, maar Johannes het dit nie geweet nie.  Die kerkeeu was nog verborge gewees.  Paulus sê niemand het van hierdie verborgenheid geweet totdat dit aan hom en die apostels geopenbaar is nie.

Die Jode wou ‘n koning gehad het.  God het geweet hulle het ‘n Lam nodig.  En dit is hoekom Christus gekom het.  Johannes het gesê,

Joh 1:29 ...Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Die Jode het gedink hulle het ‘n koning nodig.  God sê, julle het ‘n Lam nodig, want jy kan nie saam met Hom regeer as jy nie eers in verhouding met Hom staan nie.  En dit is waar dit moes begin.

So hier is Johannes die Doper, en hy preek, kry julle gereed, die Messias kom.  Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.  En die mense het gekom en hulle het hierdie dinamiese prediker gehoor en hulle het hulle bekeer en laat doop om so gereed te wees vir die Messias.

Onthou dat hierdie doop van Johannes was nie dieselfde doop as die doop na die kruis, die een waarmee ons vandag gedoop word nie.  Die doop na die kruis is die vereenselwiging met Christus se dood en opstanding.  Dit was anders.

Onthou die 12 dissipels van Johannes in Hand 19 wat gedoop was met die doop van Johannes en toe hulle van Christus hoor en die Heilige Gees is hulle oorgedoop.  As dit dieselfde doop was, was dit nie nodig nie.  Maar die doop van Johannes is anders. 

Johannes se doop was ‘n simbool van die reiniging van Israel om hulle voor te berei op die Messias se koms. 

Nou soos ek reeds vroeër gesê het, is daar drie verskillende getuienisse van Johannes die Doper.  So hier is die eerste getuienis.

Joh 1:19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

So op hierdie eerste geleentheid, is daar priesters en Leviete van Jerusalem.  Die Jode het hulle gestuur.  Die priesters en Leviete was altyd saam want hulle saam gewerk.  Die priesters het diens gedoen in die tempel en die Leviete was byvoorbeeld die bodyguards.  Hulle het gekyk dat daar nie moeilikheid was nie.

So die Jode wou nie ‘n klomp priesters in die wildernis in stuur sonder die Leviete wat hulle sou beskerm nie.  Die Leviete het ook sekere take verrig en het soos die maintenance gedoen.

So hier kom hierdie groep om na Johannes se getuienis te luister en dit is ‘n fasinerende getuienis.  En wat interresant is, is dat elke keer wanneer Johannes die woord “loudaio” gebruik, die woord vir Jode, gebruik hy dit in opposisie van  Christus.  Jesus het dit gedoen, maar die Jode het dit gedoen.  Die Jode wou Hom gevange neem.  Die Jode wou Hom doodmaak.  Ten minste 70 keer, die Jode wat in opposisie is met Christus.

En julle sal onthou wat Jesus gesê het, dat Hy na Sy eiendom gekom het, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Dit is die Jode.  Die opposisie.  En hier stuur hierdie opposisie ‘n groep na Johannes.  Hoekom?  Want hulle is teen enigiemand wat dalk die geestelike status qou wil kom verander.

En hulle sit tien teen in in Jerusalem en sê, Wie is hier ou?  Ons sal iets moet doen.  So hulle stuur hierdie groep priesters en Leviete na hom toe om uit te vind wie hy is en wat aangaan. 

En van die begin af was hulle sommer teen hom want sommige het gedink dat Johannes is die Messias en hulle wou weet.  Hulle het Israel probeer verdedig teen hierdie valse Messias.  Op die ou einde het hulle ook Israel verdedig teen die ware Messias.

So die oomblik wanneer iemand net kom en hulle godsdienstige sisteme kom skud is hulle onmiddelik op hulle hoede.  Hoekom?  Want hulle was onseker van hulleself.  Hulle het geweet hulle is ‘n klomp hypocrites.  Geveinstes.  En ding van ‘n geveinste is, hy weet hy is een.  En hulle is bang om ontbloot te word.  Hulle is bang hulle mag dalk hulle posisie verloor.

Net so met Jesus, was hulle bang dat hy hulle geestelike status quo gaan kom omvergooi en daarom is hulle op hulle perdjie.  Daarom stuur hulle ‘n groep na Johannes toe en vra, wie is jy?  Sommige in Luk 3:15 sê hy is dalk die Messias.  So hulle vra hom eintlik, is jy die Messias? 

Eintlik sê hulle vir hom, wat soek jy hier in die wildernis as jy die Messias is?  Hulle moes eenvoudig net weet.  En ky hoe antwoord Johannes hulle,

Joh 1:20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.

Die Woord Christus is die Griekse woord vir Messias.  Hy sê, ek is nie die Messias nie.

Joh 1:21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.

Is u DIE profeet?  En wat hulle daarmee bedoel weet ons nie.  DIE profeet kan dalk weer verwys na Elia of Christus of die was dalk iemand anders wat hulle verwag het.  Maar Johannes sê, Nee!  Hy is nie Christus of Elia of die profeet nie.

So hoekom vra hulle hom of hy die profeet is?

Mal 4:5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.

God sê dat Hy die profeet Elia gaan stuur voor die dag van die Here aanbreek.  So as hy nie die Messias is nie, dan is hy dalk Elia.  Dit is hoekom hulle vra.  En steeds sê Johannes, Nee!  Dan gooi hulle die een in, DIE profeet.  Maar Johannes sê, Nee!

Maar wag so bietjie.  Moes Elia nie gekom het voor Christus gekom het nie?  Ja.  Wie was dit dan?  Dit was Johannes die Doper.  Maar Johannes die Doper sê hy is nie Elia nie.  Maar Christus het gesê, hy het gekom in die gees en krag van Elia.

Jy sien, hulle het die profesie verkeerd verstaan.  God het iemand soos Elia gestuur wat dieselfde tipe bediening gehad het.  Johannes was nie Elia wat uit die dood opgestaan het of gereïnkarneer is nie.  Hy het gekom in die gees en krag van Elia.

So Johannes het die profesie vervul, maar die Jode het dit verkeerd verstaan en het gedink dat Elia in persoon gaan opdaag.  So Johannes was soos Elia, maar nie Elia die persoon nie.

Joh 1:22 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? —dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?

Johannes kon gesê het, ek is die seun van Sagaria, die priester.  Hy kon gesê het, ek is vervul met die Heilige Gees in my moeder se skoot.  Hy kon gesê het, ek is die grootste wat daar nog ooit was.  Daar was nog niemand groter as ek nie.  Hy kon gesê het, ek is die aankondiger van die Messias.  Maar wat sê hy,

Joh 1:23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.

Hy sê, ek is maar net ‘n stem.  Dit gaan nie oor my nie.  Ek is maar net die een wat die boodskap verkondig.  Ek is die stem wat uitroep.  Maak gereed vir die Here.  Die Here is oppad.  En dit is nederigheid. 

Kyk wat sê Paulus in Ef 3:8 wanneer hy sê, Ek is die geringste van al die heiliges.  Wat sal jy antwoord as iemand vir jou kom vra: Wie is jy?

Kom ek vertel jou wat kan jy sê; Nadat jy al Christus se opdragte gehoorsaam het, elke een.  Nadat jy alles gedoen het wat jy kon doe nom Christus te dien.  Nadat jy Hom met hele hart gedien het en in alles gehoorsaam was.  Eers dank an jy die volgende antwoord gee: Ek is een van God se onverdienstelike diensknegte.

Waar kry ek dit? Luk 17:10

Luk 17:10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

Is daar ooit ‘n oomblik in ‘n Christen se lewe wanneer jy kan sê, ek is great?  Al voorreg wat jy as kind van God het is om te sê, ek het dit nie verdien nie.  Ons is onverdienstelike diensknegte.  Ons het gedoen wat ons moes.

So Johannes sê, ek is maar net ‘n stem.  Ek is eintlik niks.  Wanneer jy met Christus wil assosieer, dan is ek niks want ek verdien dit nie om in dieselfde sin as Christus genoem te word nie.

Paulus sê,

1 Kor 15:10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

Johannes sê, ek is net ‘n stem.  Dit is sy eerste getuienis.  Wie is jy?  Ek is niks.  Dit gaan nie oor my nie.  Dit gaan oor hom.

Hoe lyk jou getuienis?  Hoekom hoor ek in mense se getuienis dat hulle vertel hulle was so, maar nou is hulle so, en dit gaan net alles oor hulleself, en hoe groot hulle nou is?

Ons verdien niks.  Ons is onverdienstelike diensknegte. 

No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288