Teksgedeelte: 1 Thes 5:1-4
1 Thes 5:1
Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle
geskryf word nie;
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom
net soos 'n dief in die nag.
3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid--dan oorval 'n
skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal
sekerlik nie ontvlug nie.
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag
julle soos 'n dief sou oorval nie.
Een van die vreeslikste en angswekende waarhede in die Bybel, is
die waarheid wat gaan oor die dag van
die Here, waarvan ons gelees het in v2. Die dag van die Here is die dag wanneer
Jesus kom om die goddelose wêreld
te oordeel. Die dag van die Here is ‘n
dag van verwoesting en vernietiging.
Vandag is
dit nie populêr om te praat oor God
se toorn of oor Sy wraak nie. ‘n Mens
hoor ook nie baie preke oor
hierdie onderwerp, nl. die dag van die Here nie. Hierdie dag is die dag wanneer Jesus die wêreld wat Hom
verwerp het, sal veroordeel. .
Maar as
ons hierdie waarheid na laat, is
ons nie getrou aan die Skrif
nie. Paulus sê in:
Hand
20:27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig
nie.
Ons kan nie ‘n halwe waarheid verkondig nie, maar ons moet die hele raad van God verkondig en dit
sluit in dat ons sal praat oor die dag van die Here.
Die Bybel het baie te sê oor hierdie
onderwerp, oor die dag van die Here, die ewige straf van ongelowiges,
veroordeling, vergelding, wraak, toorn, ens.
Die profete het baie
daaroor gepraat. Die apostels het baie daaroor
gepraat. Maar die persoon wat die meeste daaroor gepraat het, was Jesus self.
Daarom glo ek dat die
profete, apostels en Jesus vir ons ‘n
voorbeeld van hoe ‘n ware
prediker moet lyk. En deel van ons prediking gaan daaroor om
mense te waarsku oor die dag van
die Here.
Nadat Paulus in 1 Thes 4:13-18 geskryf het oor die wegraping, skryf hy nou in 1 Thes 5, die volgende hoofstuk, oor
die gebeure wat na die wegraping sal plaasvind.
Hier praat hy oor die dag van
die Here, v2, maw die vernietiging van die goddelose. Almal wat op die aarde is wat
Christus verwerp het, sal die dag van die Here ervaar.
Op 14:7 En
hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur
van sy oordeel het gekom;…
Ek het alreeds vir u
gewys dat, Op 6-19, gaan oor die groot verdrukking, en ons het
alreeds gesien dat die kerk nie
deur die verdrukking gaan nie,
maar by die Here sal wees in die hemel.
Maw. die uur van Sy oordeel
sal aanbreek in die verdrukkings tydperk en die kerk sal dit nie ervaar nie.
Ons het laas week ook
gesien dat Paulus in 2 Thes 2
probeer om die verwarring wat valse leraars in die gemeente van Thessalonicense
gesaai het, regstel. Hierdie ouens het
gesê dat die dag van Christus alreeds
aangebreek het, maar Paulus sê dit kan nie wees nie, want die afval, die seun van die verderf,
die antichris moet eers op die toneel verskyn.
2 Thes 2:7, 8 sê dat hy, die antichris nie geopenbaar kan word nie, nie
voordat hy wat hom teëhou,
naamlik die kerk van die Here Jesus Christus, eers uit die weg geruim word nie.
Ons het laas week
gesien dat die kerk se verwagting
is dat Jesus enige oomblik kan kom. Die volgende gebeure op die kerk se profetiese kalender is die koms van
Jesus en nie die verskyning van die antichirs en die dag van die Here nie. Dit gebeur
na Jesus Sy kerk kom haal het.
Vanaf die apostoliese tydperk, het die kerk Jesus se koms spoedig verwag.
Dit was volgende gebeurtenis
op die kalender.
Ons kyk dan vandag na die dag van die Here. Die wegraping
is vir die gelowige. Die dag van die Here is vir die
ongelowige.
1 Thes 5:1 Maar oor die tye en
geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
Kom ek gee eers die agtergrond: Die mense van
Thessalonicense was nuuskierig
oor al hierdie eindtyd gebeure en wanneer dit gaan plaasvind. En ek glo ons almal is ook maar
nuuskierig.
Eerstens het hulle gewonder hoekom die mense sterf as Jesus dan sou kom. Hoekom lewe hulle nie totdat Hy kom nie? Tweedens, as Jesus Sy koms dan sou uitstel, wanneer gaan dit gebeur? Wanneer kom Hy? Hulle wou weet. Hulle wou die tye en geleenthede weet.
Dit is waarom Paulus
hulle bemoedig in 1 Thes 4:
1 Thes 4:13 Maar, broeders,
ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes
nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
Hulle het gedink Jesus gaan gou kom, maar wat gebeur
nou met die wat sterf?
1 Thes 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep,
met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die
wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in
wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die
Here wees.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
Paulus bemoedig hulle. Hy sê: moenie bekommerd wees oor die wat
reeds gesterf het nie. Hulle sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam
met hulle weggevoer word. En ons weet dit verwys na die wegraping. Hier kry ons die Griekse woord “harpadsou”, wat beteken, “om weggeruk
te word/to be caught up”. Dit is die eerste fase van Jesus se
koms. Wanneer Hy kom vir Sy kerk.
Nou kom ons by 1 Thes 5 en Paulus sê oor die dag van die Here: julle
het nie nodig dat ek vir julle
moet skryf nie. In v4 sê hy: “Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag
julle soos 'n dief sou oorval nie.”
Hoekom sal hierdie
dag julle nie oorval nie? Want julle
hoort nie tot die dag van die Here nie.
Dit is nie vir julle bedoel
nie. Julle is mos nie in die duisternis nie. Julle is kinders van die lig. Julle
hoort nie by die dag van die Here nie, julle hoort nie by die oordeel van God
nie, julle hoort by die wegraping. Paulus probeer hulle bemoedig, omdat daar nog
onsekerheid was.
Die mense van Thessalonicense was bang dat
hulle het die wegraping gemis het en nou in die dag van die oordeel gekom. Hulle was
bekommerd oor die wat al reeds gesterf het. Maar Paulus sê in v1: oor die tye en geleenthede, het julle nie nodig dat aan julle
geskryf word nie. Ons kry dieselfde
gedagte in hoofstuk 4 v9 waar hy
sê:
1 Thes 4:9 Oor
die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is
self deur God geleer om mekaar lief te hê;
Paulus sê: julle het nie nog informasie nodig nie,
julle het al die informasie wat julle nodig het rondom die tye en
geleenthede. Hy sê: julle weet dit wat nodig is om te weet. Ons het ook gesien in Matt 24 waar die dissipels by Jesus wou weet, wat is die tekens
van die tye. En in Hand 1:6 sê hulle:
Hand 1:6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U
in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
7 En Hy antwoord hulle: Dit
kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie
mag bepaal het nie;
Paulus se reaksie in 1 Thes 5 sê dat jou geestelike voorbereiding vir die koms
van Christus niks te make het
met datum bepaling, of om jou horlosie dop te hou, of om een of
ander teken te soek nie. Hy sê: julle het nie nodig dat aan julle
geskryf word nie. Hoekom? Want julle gaan nie daar wees nie.
1 Thes 5:9 Want God het ons nie bestem tot
toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
In v4 het hy gesê: hierdie dag
sal julle nie soos ‘n dief oorval nie. Hoekom nie?
Want julle is nie bestem tot toorn nie. Julle hoort
nie tot die dag van die Here nie.
Paulus sê: wat julle weet is
genoeg. Wat die dag van die Here
betref hoef julle nie meer te weet nie.
Ons
geestelike voorbereiding vir die koms van Christus het geen verband met datum
bepaling of tydsberekening
nie. Jy hoef nie hierdie dinge te weet
nie. Jy moet in elk geval so leef asof die Here enige oomblik gaan kom.
Paulus sê nie presies wanneer die wegraping gaan plaasvind nie, en ook nie
wanneer die dag van die Here gaan plaasvind nie.
Jesus sê in:
Matt 24:36 Maar van dié dag en dié uur weet
niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
Hoekom? Waarom sou God nie wou hê ons moet weet wanneer Sy
koms plaasvind nie?
As ons sou weet wat die datum
en die tyd van die wegraping sou
wees en wanneer die dag van die Here sou aanbreek, sou ons geestelik onverantwoordelik gewees
het, as dit nog ver in die toekoms was.
God het so besluit dat niemand sou weet nie, sodat ons altyd met ‘n verwagting sou lewe.
Wat weet hulle wel?
1 Thes 5:2 want julle weet self baie goed dat
die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag.
Maw. al
wat hulle baie goed weet, is dat
die dag van die Here is oppad. Wat hulle wel weet is dat dit gaan kom, en dit gaan kom die
oomblik wanneer mense dit die minste
verwag. Hulle weet verseker dat hierdie dag sal kom soos ‘n dief in die nag,
wanneer niemand dit verwag nie.
In die eerste hoofstuk van 1 Thes, v10 sê Paulus dat die kerk verwag sy Seun uit die
hemele. In hoofstuk 2v19 herinner hy hulle dat Jesus gaan kom. In hoofstuk 3v13 herinner hy hulle weer.
In hoofstuk 4 beskryf hy
die gebeure van die wegraping. Maar hy sê nêrens, wanneer dit sal gebeur
nie. Want niemand kan dit weet nie. Al wat Hy weet is, dat dit spoedig sal wees.
Jesus sê in:
Matt 24:42 Waak dan, omdat julle nie weet
watter uur julle Here kom nie.
43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak
die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek
word nie.
44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die
mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
‘n Dief kom onverwags. Die gedagte hier is dat die Seun van die mens
sal kom op ‘n uur wat niemand dit verwag nie.
Op 16:15 Kyk, Ek kom soos 'n dief…
Die Here
is nie ‘n dief nie, maar die gedagte is dat Hy kom skielik en onverwags. Paulus haal Jesus aan in 1 Thes 5 wanneer hy
sê die dag van die Here kom soos ‘n dief in die nag.
Wat is die dag van die Here? Ek het reeds genoem dat dit gaan oor God se oordeel. Kom ons kyk:
Jes 2:12
Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is,
en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
Jes 13:6 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as 'n
verwoesting van die Almagtige.
Jes 13:9 Kyk, die dag van die HERE kom,
verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en
sy sondaars daaruit te verdelg.
Jer 46:10 Maar dié dag behoort aan die Here
HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders;
en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die
Here HERE van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die
Eufraatrivier.
Joël 1:15 Ag, die dag! Want naby is die dag
van die HERE, en hy kom soos 'n verwoesting van die Almagtige.
Joël 2:11 En die HERE verhef sy stem
voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder
van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie
kan dit verdra?
Joël 2:31 Die son sal verander word in
duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die
HERE kom.
Amos 5:18 Wee die wat na die dag van die HERE
verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis
wees en geen lig nie.
Mal 4:5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en
vreeslike dag van die HERE aanbreek.
Daar is een
ding wat ons mos oplet. Elke
keer as ons lees van die dag van die Here, dan is dit negatief. Al die profetiese woorde oor die dag van die Here gaan oor oordeel. ‘n Dag van verwoesting, verskriklik,
grimmigheid en toorngloed. ‘n Dag van wraak, uitermate vreeslik. Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
Deur die Ou Testament sien ons
hoe God die natuur en ook mense gebruik om Sy wraak teen sommiges te laat
geskied. Maar by die finale einde sal daar ‘n
groot katastrofiese gebeure plaasvind wat die oordeel van God sal
saamvat.
Ons sien
hoe die Here met ‘n watervloed
alles en almal op aarde, behalwe een gesin, uitgewis het. Ons sien hoe dat die Here Sodom en Gomorra uitgewis het met
swawelvuur. Dit is alles voorbeelde en voorgangers
van ‘n groter en finale dag wat sal aanbreek.
Matt 24:37
En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens
wees.
Luk 17:28
Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink,
gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens
geopenbaar word.
Die Nuwe Testament noem die dag van die Here, Sy dag.
Luk 17:24 Want soos
die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant
onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
Dit word die dag van wraak en openbaring genoem.
Luk 21:22 Want dit
sal dae van wraak wees, sodat
alles wat geskrywe is, vervul kan word.
1 Pet 2:12 noem dit die “dag van besoeking”. Die
dag van die Here gaan oor God wat Sy
oordeel oor die goddeloses uitgiet en hulle vernietig. En hierdie dag gaan baie mense onverwags betrap.
1 Thes 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en
veiligheid--dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger
vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Hoe kan
mense sê: “vrede en veiligheid”? Ten midde van alles wat aangaan, aardbewings,
oorloë en gerigte van oorloë, hongersnood.
Steeds sê mense alles gaan
oraait wees.
Kom ons som dit gou alles op:
Paulus het gedink die wegraping sal in sy eie tyd gebeur, net soos alle Christene oor die eeue geglo
het. Hy het geglo dat die dag van die Here sal na die wegraping
wees. Paulus sê ook dat geen gelowige in die dag van die Here
sal wees nie. Hy sê niemand weet wanneer dit sal gebeur
nie.
Niemand weet wanneer die wegraping sal gebeur nie. Niemand weet wanneer Sy verskriklike oordeel
oor die goddelose sal kom nie. Al wat
ons weet is, die dag van die Here is
oppad.
Het 1 Thes 5 wat handel
oor die dag van die Here, enige
implikasies vir my en jou? Ja, beslis.
v5 sê:
1 Thes 5:5 Julle is almal kinders van die lig
en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6 Laat ons
dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en
die wat dronk word, is in die nag dronk.
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die
borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
Maw kom ons leef konstant soos kinders van die
lig. Kom ons wees waaksaam. Kom ons wees
nie soos die ander wat slaap nie. Kom
ons wees altyd gereed, gereed
vir die koms van die Here.
No comments:
Post a Comment