Wednesday 21 October 2015

Die gawes van tale, uitleg en profesie volgens 1 Korinthiërs 14

Ons harte word geopenbaar op die wyse waarop ons met God se Woord werk en ook gehoorsaam.  Wanneer ons Sy Woord bewaar het Sy liefde in ons volmaak geword en sal ons weet dat ons in Hom is (1 Joh 5:2).  Dit is ongeleerde en onvaste mense wat die Skrif verdraai tot hulle eie verderf (2 Pet 3:16).

En wanneer dit kom by die gawes van tale, uitleg en profesie, volgens 1 Korinthiërs 14 moet dit beoefen word volgens die voorskrifte wat Paulus vir ons gegee het.  Dit is ook onsettend belangrik dat ons nie met vooropgestelde idees na die Skrif toe sal gaan nie, maar dat ons sal toelaat dat die Skrif met ons sal praat.

In hierdie studie gaan ons kyk na die voorskrifte wat 1 Korinthiërs 14 vir ons gee rakende die beoefening van die gawes van tale, uitleg en profesie in die gemeente konteks?

Die sleutelwoord in hoofstuk 14 is die woord “stigting” of “stig”:

·         v3 – “woorde van stigting”
·         v4 – “stig die gemeente”
·         v5 – “die gemeente stigting kan ontvang”
·         V12 – “tot stigting van die gemeente”
·         V19 – “ander te onderrig”

En dan som v26 dit alles op met die woorde, laat alles tot STIGTING geskied”.  Wanneer die gemeente dan bymekaar kom is die primêre fokus dat die gemeente gestig sal word.  Die Griekse woord is “oikodom” wat kom van “oikos” (huis) en “dem” (om op te bou).  Die fokus en doel van die samekoms is om die gelowiges soos ‘n geestelike huis op te bou deur hulle te help om te groei tot geestelike volwassenheid.

Verder is dit ook nie net die tema van hooftuk 12-14 dat ons “mekaar/ander” moet stig en opbou nie, maar is dit ook ons goddelike mandaat wat ons regdeur die Nuwe Testament vind.  Ons moet ons naaste behaag met goeie dinge wat tot hulle stigting is, want ook Christus het Homself nie behaag nie (Rom 15:2-3).  Christus het nie Sy eie voordeel gesoek nie, maar die voordeel van ander.

Die goue reël is “LIEFDE” en hoofstuk 13 gaan oor liefde wat ‘n vrug is vir ander, want ‘n boom dra nie vrug vir homself nie, maar vir ander.  V5 sê “liefde handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belange nie…” 

Om hierdie rede sou dit totaal en al verkeerd wees om die gawe van tale te sien as ‘n gawe vir selfstigting (1 Kor 14:4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself) of om dit te sien as ‘n waarheid wat Paulus beklemtoon en aanbeveel.  Hy beklemtoon eerder die verkeerde gebruik van die gawe van tale deur te sê dat “hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie,” (v2).  En die doel van die geestelike gawes is om ander op te bou en te stig, en nie jouself nie.

Paulus beskryf in 1 Korinthiërs 14 eerstens die plek van die gawe van tale in die gemeente, en dit is dat dit sekondêr is (v5), die doel van die gawe van tale, en dit is dat dit ‘n teken is vir die ongelowiges (Jode) v21-22, en dan ook die die praktiese toepassing van die gawes in die gemeente, v26-40. 

Praktiese voorskrifte vir die gawes van tale en uitleg:

1.       Twee of hoogstens drie persone mag in tale praat tydens ‘n gemeente samekoms.

1 Kor 14:27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie…

Maw as ‘n vierde persoon in tale praat tydens die gemeente samekoms, dan is ten minste die vierde persoon besig om te sondig.

2.       Een spreker op ‘n beurt mag in tale praat en nie almal gelyktydig nie.

1 Kor 14:27 …en by beurte…
               
3.       Iemand moet dit vertaal.

1 Kor 14:27 …en laat een dit uitlê.
 
Die woord “uitlê” is die Griekse woord “hermeneia” wat letterlik beteken “vertaal”.  Al die tale (op die meeste drie en by beurte) moet vertaal word.  V28 maak die belangrikheid daarvan nog meer duidelik wanneer dit sê, “Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.”

Dit veronderstel ook dat die persone wat die gawe van tale het, geweet het wie die gawe van uitleg het.  En as daardie persoon nie teenwoordig was in die gemeente nie, het hulle geen ander rede gehad om in tale te praat nie, en moes hulle stilbly.

Hierdie 3 punte veronderstel dat die gawes onder die beheer van die persone is wat dit beoefen het.  Die Heilige Gees sal nooit iets deur iemand doen wat buite beheer is nie.  Die vrug van die Gees is selfbeheersing (Gal 5:22) en die Heilige Gees werk nie teen Homself nie.

Die gawe van tale was daar vir die geleenthede waar ongelowige Jode (v21-22) in die gemeente teenwoordig was, anders sou die doel daarvan, dat dit ‘n teken vir die ongelowiges (Jode) is, vir niemand anders betekenis gehad het nie.

Praktiese voorskrifte vir die gawe van profesie:

1.       Twee of hoogstens drie profete mag profeteer tydens ‘n gemeente samekoms.

1 Kor 14:29 Laat twee of drie profete spreek…

Dit is dieselfde beginsel as met die gawe van tale.  Nooit meer as drie persone nie.  “Profete” is die Griekse woord “prophemi” en verwys nie na profete soos in die Ou Testament nie, maar die woord beteken letterlik “iemand wat voor praat”.  Dit was hulle wat opgestaan het en voor mense God se boodskap verklaar het.

2.       Laat ander dit beoordeel

1 Kor 14:29 …laat ander dit beoordeel.

Die “ander” verwys na ander profete.  Twee of drie profete mag spreek en die ander (profete) moet dit beoordeel.  Hulle moet beoordeel of dit wat gespreek is die waarheid is.  Dit kan ook wees dat hulle die gawe van onderskeiding gehad het, dat hulle kon onderskei wat van God af is en wat nie van God af is nie.

Dit veronderstel ook dat iemand nie net kon voorstaan en ‘n boodskap gee sonder dat dit beoordeel word nie.  Dit moes beoordeel word, want die Kanon was nog nie afgesluit nie, en daar was nog nie geskrewe woord waarteen hulle dit kon beoordeel nie, en daarom het die gawe van onderskeiding so groot rol gespeel.


Sunday 4 October 2015

DIE DOPING MET DIE HEILIGE GEES

Wat is die doping met die Heilige Gees? Hoe ontvang jy dit? En wanneer ontvang jy dit? Daar is verskillende groepe wat met verskillende benaderinge na Hand 2 toe gaan om hulle standpunte te probeer bewys.  Daarom is dit belangrik dat ons so ver as moontlik nie sal toelaat dat ons eie vooropgestelde idees ons interpretasie sal beïnvloed nie, maar dat ons die Skrif sal toelaat om met ons te praat en in gebed God sal vertrou vir die korrekte interpretasie.

Wanneer vind die doping met die Heilige Gees plaas?

Wanneer die Bybel praat van die doping met die Heilige Gees in die evangelies en in die eerste hoofstuk van Handelinge, word daarna verwys as iets wat nog in die toekoms lê, bv.

Matt 3:11 ...Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Mark 1:8; Luk 3:16; Joh 1:33; Hand 1:5)

In Hand 2:38 is dit ‘n gegewe: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, EN JULLE SAL die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

‘n Persoon ontvang die Heilige Gees wanneer hy tot bekering kom.  Hy hoef nie daarvoor nog te vra of daarna te soek nie.  Die belofte is dat hy die gawe sal ontvang wanneer hy hom bekeer.


Hand 11:16 verwys terug na die woorde van Jesus aan sy dissipels: “maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.”

Na Hand 2 plaas die Bybel die doping met die Heilige Gees van die gelowige in die verledeNooit word die gelowige beveel of geleer om die doping met die Heilige Gees te soek nie.  En meer nog, is dit nie net in die verlede nie, maar het dit met almal gebeur.

As daar ‘n doping is wat bestaan wat ‘n gelowige dalk nog nie ontvang het nie, iets is waarna hy moet soek, moet daar sekerlik iets daarvan in die Bybel staan, sekere teksgedeeltes wees wat hom aanmoedig om dit te soek of daarvoor te vra, maar daar is geen.

Daar staan wel die volgende:

-          word met die Gees vervul (Ef 5:18);
-          strewe om die eenheid van die Gees te bewaar (Ef 4:3);
-          wandel deur die Gees (Gal 5:25);
-          bedroef nie die Heilige Gees van God nie (Ef4:30);
-          blus die Gees nie uit nie (1 Thes 5:19).

Nêrens in die Nuwe Testament vind ons ‘n soortgelyke voorstelling van die doping met die Heilige Gees nie.  Ons word nie aangemoedig om daarvoor te soek of daarvoor te wag nie.  Die doping met die Heilige Gees is soos die huwelik of saligheid, nadat dit gebeur het, moet dit elke dag uitgeleef word.  Nooit weer hoef dit ontvang of gesoek te word nie.

1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Paulus skryf dit aan die gemeente van Korinthe wat ver onder die norm van die Christen lewe geleef het.  Die verlede tyd wat gebruik word skakel die moontlikheid uit van enige foute met betrekking tot die oomblik wanneer dit gebeur het.  In die evangelies en Hand 1 word daarna in die toekoms verwys.  1 Kor 12:13 kyk terug in die verlede.  Waar ontmoet die twee?  Sonder enige twyfel, by die dag van Pinkster.

Is die doping met die Heilige Gees ‘n tweede ervaring?

Hierdie leerstelling is die fondasie van die Pinksterbewing, maar nie almal sien dit in dieselfde lig nie.  Sommige sien dit wel as die oomblik wanneer die gelowige deel word van die liggaam van Christus, maar spreek in tale is die eerste of noodsaaklike bewys van hierdie doping, maw ook die bewys dat jy gered is.

Ander maak weer onderskeid tussen die doping MET die Heilige Gees en die doping IN die Heilige Gees en dat die “doping met” plaasvind by wedergboorte en die “doping in” ‘n tweede ervaring van krag toerusting is. 

Die Griekse woord “en” kan met beide “met” en “in” vertaal word en daarom gee dit ons nie die vryheid om dit te vertaal soos ons wil vanuit die benadering waarmee ons na die teks toe gaan nie.  Die konteks van die teksgedeelte moet bepaal wat die betekenis van die woord is.

a)   Dit was op Pinksterdag en nie weke vroeër in Joh 20:22 waar die dissipels die gawe van die Heilige Gees ontvang het nie.

Dit kon onmoontlik nie anders gebeur het nie, want die Heilige Gees was nog nooit op so wyse gegee soos op hierdie dag nie.

Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
       
Dit is eers nadat Jesus verheerlik was, dat die Heilige Gees gegee is en nie voor die tyd nie.  Vanuit hierdie leerstellige en kronologiese waarneming, is dit nie moeilik om Joh 20:22 te verklaar nie.  Net voordat Jesus opgevaar het hemel toe lees ons,

Joh 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

Dit was ‘n profetiese belofte waarvan die naderende vervulling daarvan opgeneem is in,

Hand 2:2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

‘n Franse Pinkster prediker, P Emirian sê:

"This time, I would disagree with my Pentecostal and charismatic brothers, and agree with my evangelical brothers, even if the result of the gift of the Spirit does not have the same meaning for us. I believe with them that this gesture of Jesus, on the evening of the resurrection IS NOTHING OTHER THAN APROPHETIC GESTURE OF THE GREAT PROMISE proclaimed in the text quoted above". (The Gift of the Holy Spirit, p 89)

Pinskterdag was nie ‘n tweede ervaring in die lewens van die dissipels nie, maar die vervulling van die belofte van die gawe van die Heilige Gees wat die Vader sou gee om by die gelowiges te bly en in hulle te wees.  

Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

In v4 beveel Jesus sy dissipels om te wag op die belofte wat die Vader sal gee en die belofte is die Heilige Gees self.  Jesus verwys dan in v5 na die gee van die Heilige Gees as die “doping met die Heilige Gees”.  En wanneer die Heilige Gees gegee word, sal hulle krag ontvang v8.  Die krag toerusting om te kan getuig kom wanneer die Heilige Gees gegee word.

b)    By Cornelius se huis (Hand 10) – Dit wat in Hand 10 gebeur het is nog meer relevant vir ons, in die sin dat Cornelius ‘n heiden was.  Dit is by sy bekering dat die Heilige Gees op hom en sy huisgesin gekom het, soos op die dissipels in Hand 2.

Hier is egter nie die geluid van ‘n geweldige rukwind of tonge van vuur nie, maar Petrus dring daarop aan dat dit soos op hulle in die begin was (Hand 11:15).

c)     Die twaalf dissipels (Hand 19) – Ons kry dieselfde scenario, maar hierdie keer is dit Jode.  Hulle was egter nie dissipels van Jesus nie, maar dissipels van Johannes die Doper.  Paulus vra vir hulle,

Hand 19:2 ...Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?

Dit bewys dat om met die Heilige Gees gedoop te wees, moet jy in die Here Jesus Christus glo.  Dit sluit aan by Ef 1:13,

Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte.

Die reaksie van die dissipels van Johannes die Doper wys vir ons dat hulle nie dissipels van Jesus was nie, Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.”  Nie net het hulle nie geweet van die Heilige Gees nie, maar het hulle ook nie geweet van die Christen doop nie.  Hulle moes daarvan geweet het as hulle dissipels van Jesus en Sy Woord was.  Hoe kon hulle so belangrike deel van Christenskap gemis het wat net na bekering bedien is soos ons sien in Hand gebeur het?

-          Hand 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop

-          Hand 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het ... is hulle gedoop

-          Hand 8:38 - die hofdienaar het geglo en is gedoop

-          Hand 9:18 - Saul is gered en gedoop

-          Hand 10:47 - Cornelius en die wat gehoor het is gedoop

-          Hand 16:14, 15 - Lidia het haar hart oopgemaak en is gedoop

-          Hand 16:33 - Die tronkbewaarder het geglo en is onmiddelik gedoop

-          Hand 19:5 En toe hulle dit hoor (geloof in Jesus), is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

Die twaalf wat in Hand 19 genoem word was emigrante Jode, soos baie ander, en lede van ‘n Joodse kolonie wat in Efese gevestig was.  Hulle het blykbaar geen bande met enige Christene gehad nie.  Dit word duideliker toe Paulus vir hulle vra, “met watter doop is julle dan gedoop?”  Hulle antwoord, “met die doop van Johannes”.  Paulus het onmiddelik verstaan en verduidelik wat hulle geestelike status was.

Hand 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.

Hulle het geglo in wat Johannes gepreek het, dat die Messias gaan kom.  Paulus help hulle om te glo in die Een wat gekom het.  Hulle is toe gedoop in die Naam van die Here Jesus en Paulus het hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle gekom.  Paulus se vraag het nou ‘n antwoord: Ja, hulle het die Heilige Gees ontvang toe hulle geglo het.

Nie op een van hierdie geleenthede word die doping met die Heilige Gees as ‘n tweede ervaring beskou nie.

d)      Die Samaritane (Hand 8) – In Hand 8 is dit die enigste keer waar dit verskil met die ander drie kere, want daar is ‘n verloop van tyd tussen die Samaritane se bekering en hul ontvangs van die Heilige Gees.  Dit is die enigste plek in die Bybel waar die doping met die Heilige Gees as ‘n tweede ervaring plaasgevind het.

Die verduideliking, alhoewel dit lank is, is egter nie ingewikkeld nie, maar dit verg ‘n bietjie meer Bybelkennis.

Hoekom het die Samaritane nie die Heilige Gees ontvang soos al die ander gelowiges, die oomblik toe hulle geglo het nie?  Wie was die Samaritane?

Hulle was mense wat die taal en godsdiens van die Jode aangeneem het, maar hulle beoefening daarvan was nie ortodoks nie.  In plaas daarvan dat hulle na die tempel in Jerusalem toe gegaan het, het hulle hul eie weergawe opgerig op die berg van Samaria (Joh 4:20).  Die Jode wou niks met die Samaritane te doen gehad het nie (Joh 4:9).  Daar was godsdienstige, rasse- en kulturele hindernisse tussen hulle.  Hulle het mekaar gehaat.

As die korste pad van ‘n Jood se reistog deur Samaria sou wees, het hulle nie gehuiwer om eerder die lang pad te vat nie.  Een aand toe Jesus en Sy dissipels in ‘n Samaritaanse dorpie gekom het en daar wou oornag, wou hulle nie Jesus ontvang nie want Hy was oppad na Jerusalem. (Luk 9:52, 56).  Die dissipels was kwaad en wou Elia naboots (2 Kon 1:10,12) deur vuur van die hemel te laat neerdaal om hulle te verteer.

Met dit in gedagte, was die dissipels die laaste persone wat die hande op die Samaritane sou lê om die Heilige Gees te ontvang.  En geen Samaritaan sou ooit toelaat dat ‘n Jood op hom die hande lê nie.  Die ergste belediging wat jy vir ‘n Jood kon gee, was om vir hom te sê, “Jy is ‘n Samaritaan”. (Joh 8:48)

As die Samaritane die Heilige Gees ontvang het by hul bekering, met hierdie problem, sou die groot kloof wat hulle geskei het voortgegaan het in die Christelike kerk.  Dit so ‘n ontkenning gewees het van wat die doping met die Heilige Gees beteken, naamlik Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.” (1 Kor 12:13)

Die Samaritane moes erken dat dit wat met hulle gebeur het was nie ‘n Samaritaanse Pinkster nie en dat daar net een geboortedag van die Kerk is.  Pinksterdag was die begin van ‘n nuwe era en die evangelie wat verkondig is in Samaria was ‘n voortsetting van daardie seëninge van die nuwe era en nie die inhuldiging daarvan nie.

Dit wat in Samaria gebeur het was deel van die Kerk se groei en nie sy geboorte nie.  Daarom was dit noodsaaklik dat die Samaritane moes weet dat daar nie twee liggame, twee kerke is nie, maar een.

‘n Vrywillige interval

Dit is opmerklik dat die Samaritaanse gelowiges nie gewag het vir die Heilige Gees nie, maar dat dit eerder die Heilige Gees was wat gewag het vir Petrus en Johannes om te kom van Jerusalem af.  Die gesag van die Joodse apostes moes erken word buite die kultuur en grense van Judaïsme.  Dit was belangrik dat die Samaritane moes erken dat die saligheid uit die Jode is.

Joh 4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

Hulle moes ook die gesag van die apostels erken, dat hulle die draers van die waarheid is.  Die interval, die tydsverloop tussen die Samaritane se bekering en wanneer hulle die Heilige Gees ontvang, was nie toevallig nie.  Dit was doelbewus.  Die Samaritane moes sien dat hulle afhanklik is van die gesag van die Joodse apostels en die apostels (wat vuur wou afbid) moes erken dat die Samaritane wat gelowig geword het deel is van dieselfde kerk, dieselfde Christus, dieselfde redding, dieselfde God, dieselfde Heilige Gees.

Dit was die enigste betekenis wat Paulus aan die doping met die Heilige Gees gegee het: om “een liggaam” (1 Kor 12:13) te vorm. 

God het in Hand 8 dit so gedoen om enige hindernisse en bitterheid en skeidingsmuur tussen die Joodse gelowiges en Samaritaanse gelowiges af te breek.

Die handoplegging in Hand 19 was ook nodig soos in die geval van die Samaritane, sodat hierdie geïsoleerde groep wat op die rand van die Christene en heidense gebiede geleef het ook die gesag van die apostels kon erken.

Stuart Olyott, ‘n pastor in Lausanne verduidelik dit so waarom die doping met die Heilige Gees nie ‘n tweede ervaring kan wees nie.  Hy sê,

Being born again is just like being born physically. When a baby comes into the world, he is a finished product; nothing is missing. His tiny little feet are still so tiny but maybe they will be those of an athlete; his little fists will perhaps become those of a nurse or a skilled surgeon; that little brain in that wrinkled little head may one day be that of an eminent mathematician. Would we be less complete and would our potential be less when born from above, not of the will of man but of God? Could our heavenly Father have made us less well than our earthly parents? This is what some people would have us believe. They come to see the baby and tell us, "Oh, but his lungs are missing, or his liver, or his kidneys, but don’t worry, it is not serious, come to our place and we will give him a transplant!" No, thank you! When God regenerates us by His Word and His Spirit, He does not create monsters or little stunted runts. No, not a single part of the sevenfold blessing is missing for those who are born again spiritually, and especially not the baptism of the Holy Spirit, which brings about the unity of the divine family (I Cor.12:13). "You have been given fullness in Christ", says Paul (Col.2:10), and we all have this from the moment we are born again but it is necessary to develop it with the help of all that the Word is for us: milk, bread and meat, so that we may "become mature, attaining to the whole measure of the fullness of Christ" (Eph.4:13).

Die doel van die doping met die Heilige Gees

Die doel van die doping met die Heilige Gees bewys sonder enige twyfel dat dit nie ‘n tweede ervaring kan wees nie.  Dit word duideliker wanneer ons dit baseer op die patroon van die waterdoop, wat

-          in die evangelies aangekondig word
-          in die boek Handelinge beoefen word
-          in die sendbriewe verduidelik word

Dieselfde geld vir die doping met die Heilige Gees.  Dit word in die evangelies aangekondig, dit verskyn in die boek Handelinge as die eerste ervaring van die gelowige, dit word in die sendbriewe verduidelik. 

Daar is egter net een sendbrief waar ons die enigste verduideliking in die hele Nuwe Testament kry met betrekking tot die doping met die Heilige Gees en dit is 1 Kor 12:13.  Daar is geen ander verklaring of verduideliking nie en dit is waarom hierdie vers vir ons van kardinale belang is.

1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur (“en” – met) een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Ons is almal deur/met een Gees gedoop...vir watter doel?  Om toegang te hê tot die geestelike gawes? Nee!  Vir persoonlike opbouing? Nee!  Om in tale te spreek? Nee!  Om ‘n meer kragtige getuienis te hê? Nee!

So om watter rede dan?

1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur (“en” – met) een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

DOEL: Om die liggaam te vorm, om diegene wat wedergebore is deur die Heilige Gees, saam te voeg.

“Of ons Jode is of Grieke is”, is so noodsaaklik vir die interpretasie van hierdie vers.  Dit help ons om die spreke in tale korrek te interpreteer.  Hierdie twee waarhede van die doping met die Heilige Gees en die spreke in tale hou verband met mekaar, maar nie op die wyse soos wat dit verduidelik word in Pentekostalisme nie.

“Of ons Jode is of Grieke is” neem ons terug na Jerusalem, na daardie dag toe Petrus vir ons verduidelik het waaroor die tale gegaan het en die doping wat hulle ontvang het met die volgende,

Hand 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees...

Nie net die Jode alleen nie, maar dat mense van alle kulture, of Jode of Grieke (wat verwys na almal wat nie-Joods is nie).  Die “of ons Jode is of Grieke is” wys vir ons dat die doping met die Heilige Gees meer as net die insluiting van ‘n gelowige in die liggaam van Christus is, maar dat dit ook die aanvaarding is van gelowiges van elke taal, Jode of Grieke, van elke agtergrond, slaaf of vryman is.

Meer as enigiets anders, wou die Jode dit nie glo nie, dat buitelanders, Grieke, barbare, ander tale, of anders gestel, heidende, saam met hulle ‘n nuwe entiteit gevorm het, die Kerk.  Dit is wat Paulus sê.  Gelowiges van elke taal, volk en nasie is gedoop deur die Gees tot een liggaam.  Paulus beskryf dit op ‘n ander plek so,

Ef 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God

Ef 3:8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid...

Wat is hierdie verborgenheid?  Paulus se antwoord gee hy in 1 Kor 12:13 en Ef 3:6,

Ef 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

Wat noem die Bybel hierdie gebeurtenis waar een liggaam gevorm uit Jode en Grieke deur die Heilige Gees?  Die enigste antwoord kry ons in 1 Kor 12:13: die doping met die Heilige Gees.

1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur (“en” – met) een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Jesus se laaste woorde

Jesus verduidelik die doping met die Heilige Gees op ‘n merkwaardige wyse in Hand 1:4-8.  Dit is Sy laaste woorde op aarde en daarom is dit so belangrik vir ons.  Ons hoef net die teks te volg in die volgorde soos wat God dit gegee het.

Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Hulle was gekonfronteer met die onmiddelikheid en die belangrikheid van hierdie groot gebeurtenis, en hulle reaksie is geheel en al Joods.

6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?

Dit is wat hulle in gedagte het.  Israel en niks anders as Israel nie.  Hulle het nie die international omvang van hierdie gebeurtenis verstaan nie.

7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

Hierdeur wys Hy vir hulle dat die doping met die Heilige Gees waarna Hy verwys het in v5 is heeltemal iets anders is as wat hulle gedink het.  Hulle dink dit gaan oor die herstel van Israel.  Maar Jesus wys vir hulle in die volgende vers wat die essensie is van hierdie doping met die Heilige Gees, dat dit ‘n veeltalige dimensie het.

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Met hierdie profetiese woorde van Jesus, hoor ons vooruit Petrus se verduideliking van die doping met die Heilige Gees en die teken van die spreke in tale, “Hand 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees...”, maw   Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.  Dit is ook dan Paulus se verduideliking,

1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur (“en” – met) een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Die doping met die Heilige Gees word nie as ‘n tweede ervaring beskryf nie en ons word nie geleer om daarvoor te vra of dit te soek nie.

Die spreke in tale het juis dit gekommunikeer, dat hierdie nuwe entiteit, die kerk nou bestaan het uit elke taal en volk en nasie.  Is daar iemand vandag aan wie God steeds hierdie teken van spreke in tale moet gee om hulle te oortuig dat die kerk bestaan uit verskillende tale? Nee!  Al sou hierdie teken steeds vandag bestaan, sou dit vir niemand ‘n teken gewees het nie.  Die einde van hierdie teken van spreke in tale was egter aangekondig in 1 Kor 13:8, en dit bestaan nie meer vandag nie, behalwe in die vervalste vorm daarvan.

Monday 28 September 2015

DIE VERVULLING VAN DIE HEILIGE GEES

Daar is twee basiese benaderings tot geestelikheid: metafisiese of etiese.

Metafisiese geestelikheid leer dat 'n gelowige direk aan God verbind is en dat Sy Gees deur die gelowige vloei, soos wat elektrisiteit vloei deur 'n motor, en dit beweeg tot aksie.  Daar word ook geleer dat wanneer 'n gelowige sondig, kom die vloei tot ‘n stilstand, en wanneer met sonde afgehandel word, word die vloei weer herstel.  Die standaard van geestelikheid mag of mag nie karakter ontwikkeling wees nie, maar gewoonlik is die fokus op interne ervarings en krag vertonings.  Dit is egter die siening wat universeel geleer word deur mistisisme. 

Etiese geestelikheid leer dat ons verhouding met God word indirek bemiddel en groei en ontwikkel soos wat jy fisies groei en ontwikkel.  Christelike groei begin wel met ‘n direkte wonderdaad van God deur middel van wedergeboorte, maar soos by fisiese geboorte waar die kind volmaak geskape is met al sy liggaamsdele, so word die gelowige wedergebore met alles wat hy nodig het om te kan groei (leer die Woord) en oefen (gehoorsaamheid) wat lei tot geestelike volwassenheid (om soos Christus te wees).  Vordering in die geestelike lewe fokus op etiese vordering buite die gelowige en geestelikheid word gemeet in terme van karakter-ontwikkeling.

Die Nuwe Testament ondersteun die etiese benadering van geestelike groei tot heiligmaking.

Vervulling

Lukas beskryf ‘n besonder vervulling met die Heilige Gees wat ‘n soewereine werk van God is.  Dit is ‘n werk van God wat die mens krag gee deur die Heilige Gees om ‘n goddelike diens te verrig.  Hierdie vervulling is tydelik en het sy agtergrond in die Ou Testament.

OU TESTAMENT

Eks 31:3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.

Hier word Besáleël die seun van Uri, vervul met die Gees van God, en ontvang hy wysheid en verstand en kennis en word hy bekwaam gemaak vir allerhande werke.  Die Here vervul hom met die Gees om ‘n spesifieke taak te verrig.  Dit was nie ‘n permanente vervulling nie.  Dit was net vir ‘n spesifieke werk, en daar na het die Gees weer vertrek.

Num 11:17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.

Num 11:25 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

Hier sien ons die Gees van God rus op sewentig oudstes en hulle profeteer, maar daarna nie meer nie.  So dit was net tydelik.

Rig 6:34 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.

Weereens was hierdie vervullling net tydelik en vir ‘n spesifieke taak.

Ons lees ook in 2 Kron 24:20 dat die Gees van God Sagaria vervul het om te profeteer.  Dit was nie ‘n permanente vervulling nie. 

Hierdie gedeeltes help ons om te verstaan dat die Heilige Gees mense bekragtig het om ‘n spesifieke taak te verrig.  Wanneer die taak verrig is, was hierdie spesiale vervulling teruggetrek.  Dit was egter nie ‘n normale ervaring vir die Ou Testamentiese gelowige se daaglikse lewe nie. Nie almal het hierdie vervulling gehad nie en dit was ook nie so bedoel nie.

LUKAS GEDEELTES

In die Nuwe Testament kry ons ook hierdie besondere vervulling met die Heilige Gees vir ‘n spesifieke goddelike diens.   ‘n Spesiale vervulling beklemtoon eerder die gebeurtenis van die vervulling as ‘n stand van volheid. 

SPESIALE VERVULLING – “PLETHO”

Luk 1:15 – Johannes die Doper 

want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word (“plesthesetai” – Toekomstige tyd”) met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. 

Let op!  Johannes die doper was vevul met die Heilige Gees van die skoot van sy moeder af.  Nooit in Sy hele lewe het hy enige teken (Joh 10:41) gedoen en ook het hy nooit in een of ander vreemde, hemelse taal gepraat nie.  Steeds word hy erken as die grootste profeet wat daar was deur Jesus (Luk 7:28).  ‘n Mens kan sê dat sy vervulling was meer permanent, maar dit was vir sy besondere bediening wat hy gehad het. Dit was nie ‘n vereiste vir elke gelowige nie.

Luk 1:41 – Elisabet (“eplesthe” – Aoristus tyd – “is vervul”)
Luk 1:67 – Sagaría (“eplesthe” – Aoristus tyd – “is vervul”)
Hand 2:4 – Hulle is almal (“eplesthesan” – Aoristus tyd – “vervul”)
Hand 4:8 – Petrus (“plestheis” – Aoristus tyd – “vervuld”)
Hand 4:31 – Hulle is almal (“eplesthesan” – Aoristus tyd – “vervul”)

Let op!  Dieselfde Petrus wat in Handelinge 2 vervul is met die Heilige Gees, word weer vervul in Handelinge 4:31 en dit sê nie dat hulle in tale gespreek het nie.  Dit sê “hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.”  Wanneer iemand verkondig dat elke keer wanneer iemand vervul is met die Heilige Gees het hulle in tale gespreek is dit egter nie die waarheid nie.  Ons lees ook nie dat die 3000 wat tot bekering gekom het in Hand 2 in tale gepraat het nie.  Toe die Samaritane in Hand 8 die Heilige Gees ontvang het, staan daar ook nie dat hulle in tale gespreek het nie.

Hulle was met die Heilige Gees vervul vir ‘n spesifieke doel.  Die dissipels wat in die oppersaal met die Heilige Gees vervul was, was vervul vir ‘n spesifieke doel.  En hier het spreek in tale wel ‘n rol gespeel.  Maar dit was nie ‘n permanente vervulling nie.  Ons sien dieselfde gebeur met Paulus.

Hand 13:9 – Paulus (“plestheis” – Aoristus tyd – “vervuld”)

Hand 9:17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word (“plesthes” – Aoristus tyd”).

Hier word Paulus vervul met die Heilige Gees.  V20 sê, hy het in die Sinagoges gegaan en Christus verkondig.  Dit was ‘n spesifieke vervulling vir ‘n spesifieke doel.  In Handelinge 13:9 lees ons dat hy vervul is met die Heilige Gees en in beide gevalle sien ons nie dat hy in tale gespreek het nie, alhoewel jy later sê dat hy meer as al die Korinthiërs in tale gepraat het kan dit nie in hierdie twee gevalle veronderstel word nie. 

Handelinge 9:17, en 13:9 sê wel wat gebeur het nadat hy vervul is met die Heilige Gees.  Die skille het van sy oë afgeval en hy kon weer sien en hy het opgestaan en is gedoop (9:18) en hy het Elimas die towenaar bestraf en Elimas het blind geword (3:10,11).  Dit sou oneerlik wees om tale spraak in hierdie gedeeltes te wou inlees.

Wat ons wel moet raaksien is die woord wat Lukas gebruik, die woord “plethos”, wat beteken “vervul”.  Hierdie woord in die Grieks, staan in die aoristis passiewe vorm.  Wat beteken dit?  Die aoristis beteken dat hierdie vervulling ‘n gebeurtenis is en nie ‘n toestand nie.  Die passiewe vorm beteken dat die persoon wat vervul word, passief is by die vervulling.  Maw, hy het niks gedoen om vervulling te ontvang nie, maar hy word vervul deur ‘n soewereine daad van God.


  • Die aard van hierdie vervulling:  Dit is ‘n oombliklike vervulling waardeur die gelowige krag of die vermoë ontvang en dit het meestal te doen met profetiese uitsprake.


  • Die voorwaardes vir hierdie vervulling:  Geen voorwaardes word genoem nie en word die ontvanger eerder deur die Heilige Gees vervul as ‘n soewereine werk van God en nie omdat die mens gewil het nie (passiewe vorm van die werkwoord).
  • Die herhaling van hierdie vervulling:  Petrus was vervul op Pinksterdag (Hand 2:4) en weer in Hand 4:31. Die konteks dui glad nie daarop dat Petrus die aanvanklik vervulling as gevolg van sonde verloor het nie, maar dat die bekragtiging van die Gees weer nodig was vir ‘n nuwe taak.
  • Die doel van die vervulling:  Elke keer was dit vir ‘n spesiale profetiese aktiwiteit.  Die doel was ook vir vrymoedigheid in hul getuienis van die Woord van God.  Dit was ‘n spesiale bekragtiging om ‘n spesiale taak te kan verrig.


  • Die tydsduur van die vervulling:  Solank as wat dit neem om die gegewe taak te verrig.  Ons sien dit by Petrus (Hand 2:4, 4:31) en Paulus (Hand 9:17, 13:9).  Daar is geen voorbeeld waar die goddelike soewereinge werk van vervulling voortgeduur het totdat die persoon sonde gedoen het nie.


  • Die omvang van die vervulling:  By elke geleentheid was die vervulling met die Heilige Gees ‘n soewereine werk van God waar die mens bekragtig word deur die Gees om ‘n goddelike taak te verrig.  Daar word geen voorwaardes genoem nie en niemand word beveel om dit te soek of daarvoor te vra nie.


DIE NORMALE VERVULLING – “PLERES”

Lukas was baie spesifiek met sy woord keuses.  Die normale vervulling (pleres) met die Heilige Gees beklemtoon die blywende toestand van volheid.  Die verskil tussen die woorde wat Lukas gerbuik vir ‘n spesiale vervulling en ‘n normale vervulling is dat die spesiale vervulling dui daarop dat die gebeurtenis van vervulling plaasgevind het en die normale vervulling dui daarop dat ‘n toestand van volheid bereik is.

Luk 4:1 En Jesus het vol (“pleres”) van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

Die naamwoord “pleres” dui op ‘n normale vervulling wat dui op ‘n toestand van volheid.

Hand 6:3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol (“plereis”) van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

Hand 6:5 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol (“plere”) van geloof en van die Heilige Gees…

So ook in met Stefanus in Hand 7:55, Barnabas in Hand 11:24 en die dissipels in Hand 13:52.  Maar in Hand 13:52 kry ons egter die werkwoord vorm van pleres en dit is pleroo.

Hand 13:52 En die dissipels is vervul (“eplerounto”) met blydskap en met die Heilige Gees.

Hierdie “vervul” was egter nie “pletho”, spesifieke vervulling nie, maar die “pleroo”, normale vervulling.


  • Die aard van hierdie volheid:  Lukas beskryf nie hierdie volheid as ‘n geestelike metode of as ‘n spesiale toedoen van die Gees vir ‘n spesifieke taak nie.
Dit verwys na iemand wat reeds Gees-gemotiveerd is.  Jy word nie vol om ‘n groot maat van geestelike motivering te bereik nie, maar jy is Gees-gemotiveerd en daarom is jy vol van die Gees.  Dit is soos om iemand wat baie wysheid het te beskryf as iemand wat vol van wysheid is.  Hy word nie vervul met wysheid sodat hy wys kan wees nie, maar is vol van wysheid omdat hy reeds wys is.

Iemand wat vol van die Heilige Gees is, is iemand wat voortdurend deur die Heilige Gees beheer word.  Dit het nie in een oomblik gebeur nie, maar deur ‘n groei proses van geestelike volwassenheid.


  • Die voorwaardes van hierdie volheid:  Daar is geen uitdruklike voorwaardes gestel in die Skrif nie.  ‘n Man vol van die Heilige Gees is ‘n volwasse man.  Daarom sou iemand wat vol van die Heilige Gees wil wees, moet streef na geestelike volwassenheid.


  • Die doel van hierdie volheid:  Die volheid is nie ‘n metode tot ‘n einddoel nie, maar eerder die einddoel in sig self. 


"One does not become full in order to live the victorious life, but one becomes so submitted to and influenced by the Holy Spirit that the extent of the Spirit’s influence over his life may be described by saying ‘is full of the Holy Spirit.’" (Timothy Crater, The Filling of the Spirit in the New Testament, p. 46)


  • Die tydsduur van hierdie volheid:  Hierdie toestand van volheid word nie onmiddelik bereik nie (soos die soewereine vervulling nie), maar kom deur ‘n groeiproses.  Wanneer iemand ‘n hoë vlak van die Gees se beheer in sy lewe toelaat, sal hy op die ou einde gekenmerk word as iemand wat “vol van die Heilige Gees” is. 


  • Die omvang van hierdie volheid:  Die volheid van die Gees is ‘n normatiewe waarheid wat op elke gelowige van toepassing moet wees.


PAULUS (EF 5:18)

In die Nuwe Testament is daar net een Skrifgedeelte buite Lukas se verwyssings na “die vervulling van die Heilige Gees” en dit kry ons in Ef 5:18 waar ons die opdrag kry om met die Heilige Gees vervul te word.  Die woord wat Paulus gebruik is “pleres/pleroo” en verwys egter na die normale vervulling van die Gees en nie na die spesifieke vervulling (“plethos”) nie. 

Ons kry die Griekse woorde “en pneumati” egter ook in Ef 2:22; 3:5; 6:18. In hierdie gedeeltes verwys almal na die Heilige Gees as die persoonlike agent.


  • Ef 5:18 verwys na die normale vervulling van die Gees, omdat die beskrywing wat volg op hierdie opdrag (v19-21) blywende kenmerke van ‘n persoon beskryf wat ooreenstem met die gebruik in Luk 4:1; Hand 6:3, 5; 7:55; 11:24 en 13:52.


  • Paulus gebruik dieselfde Griekse werkwoord “gevul moet word (plerousthe)” as Lukas wat die normale vervulling van die Gees beskryf.


Die werkwoord “om te vul” (pleroo) kan meer as een naamwoords vorm hê, bv.


  1. Die genatiewe naamwoord verwys na dit (die materiaal) waarmee vervul word, maw die inhoud van die vervulling is die Gees.
  2. Die datiewe naamwoord verwys na die agent of instrument wat vir vervulling veroorsaak, maw word vervul deur middel van die Heilige Gees.
  3. Die akkusatiewe naamwoord verwys na dit wat gevul is, maw jy word vervul in jou menslike gees.


Meeste Engelse vertalings het Ef 5:18 verkeerdelik vertaal wanneer dit sê “be filled with the Spirit”.  Die AOV ook met “word met die Gees vervul”.  Dit het die gevolg dat die Engelse en Afrikaanse lesers dink dat dit ‘n genatiewe naamwoord is, maar dit is egter nie die geval nie.

Die Grieks is egter in die datiewe vorm.  Die letterlike en korrekte vertaling sou wees “word deur die Heilige Gees vervul”, “be filled by the Spirit”.  Maw die Heilige Gee is die agent of instrument wat die vervulling veroorsaak.  Hy is nie die inhoud waarmee ons vervul word nie, maar die agent, die Een wat die vervulling bring.  Dit is dieselfde werkwoord as Ef 2:22

AOV
Ef 2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (verkeerd vertaal)

KJV
Eph 2:22 In whom ye also are builded together for an habitation of God through the Spirit (deur die Gees – korrek vertaal).

Dit dui op die Een wat die vervullings werk doen en nie die inhoud waarmee jy vol is nie.

Wat is die vervulling van die Heilige Gees?  Dit wil voorkom dat dit verwys na die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die gelowige se lewe, maar die wyse waarop Paulus die Efesiërs vermaan sê dat hulle meer en meer deur middel van die Gees beheer moet word en dat hierdie verhouding dit sal produseer wat Paulus noem (v19-20) in die brief.  ‘n Mens kan tereg sê, dit is nie jy wat meer van die Heilige Gees in die hande kry nie, maar die Heilige Gees wat meer van jou in die hande kry.

DIE BETEKENENIS VAN DIE VERVULLING

1.       Vevulling beteken nie absolute beheer deur die Gees nie.  Dit sou egter beteken dat die mens sondeloos en volmaak sou wees, want die gelowige sou nie in staat kon wees om die soewereinge werk van God te kan weerstaan nie.

As die Heilige Gees absoluut/ten volle in beheer van ‘n gelowige lewe sou wees, sou dit onmoontlik wees om sonde te kon doen.  Die vervulling deur die Heilige Gees is nie totale beheer nie, maar eerder ‘n progressiewe beheer.  En wanneer die gelowige onder ‘n hoë vlak van beheer deur die Gees sou wees, sou hy beskryf word as iemand wat vol van die Heilige Gees is.

2.       Vervulling beklemtoon die effek en gevolg van die werk van die Heilige Gees in die mens se lewe.  Daarom moet ons fokus wees om die waarheid te spreek met ons naaste (Ef 4:25); om mekaar te vergewe (Ef 4:32); om te beproef wat die Here welbehaaglik is (Ef 5:10); om onder mekaar te spreek met psalms en lofsange en geestelike liedere (Ef 5:19); om aan mekaar onderdanig te wees (Ef 5:21); ens.  Daar is baie meer opdragte waarvan Ef 5:18 slegs een is.

3.       Vervulling is ‘n proses wat begin by wedergboorte en progressief vorder na ‘n doel.  Dit is nie volledig of totaal nie.  Vergelyk die volgende teksgedeeltes.

Luk 2:40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol (pleroo) van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Joh 16:24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome (pleroo) kan wees.

Hierdie teksgedeeltes impliseer dat daar vordering was na ‘n doel toe.  Die doel is om deur die Heilige Gees beheer te word.  Ef 5:18 sê “Moenie dronk word van wyn nie…” wat ‘n progressiewe proses illustreer.  Na elke drankie kom die persoon nader aan dronkenskap.  En wanneer die persoon dronk is, dan kan ons sê, “hy is vol van wyn of sterk drank”.  So is dit met die Heilige Gees wat progressief beheer van jou lewe neem sodat ander kan sê, “jy is vol van die Heilige Gees”.

4.       Die betekenis van “vervul” is om beheer/invloed uit te oefen en die werkwoord “pleroo” het sekere implikasies:

a.       “plerousthe” (“word (almal) met die Gees vervul”) –  is in die meervoudsvorm.  Dit is nie ‘n voorreg wat net vir sekeres voorbehou word nie, maar is vir alle gelowiges.

b.       Dit is in die teenwoordige tyd, maw dit is ‘n voorgesette aksie en daarom nie ‘n tydelike vervulling nie, maar ‘n normatiewe vervulling en moet dit ‘n blywende kenmerk wees by die gelowige se lewe.

c.       Dit is ‘n opdrag en nie ‘n opsie nie.  Dit is ‘n duidelike verklaring dat dit God se wil is vir elke gelowige.  Om dit eenvoudig te stel word elke gelowige beveel om geestelike volwasse te wees.

Daar is nie ‘n meganiese metode om hierdie toestand “vol van die Gees/ vervul met die Gees” te bereik nie.  Dit ‘n proses van geestelike groei en nie ‘n tegniek of formule wat onmiddelike resultate oplewe nie.

5.       Daar is geen voorwaardes vir die vervulling met die Heilige Gees nie, maar eerder ‘n aantal vermanings in die Nuwe Testament wat lei tot geestelike groei (Rom 12:1,2; Fil 3:8-10).  Ons moet groei in Christus (2 Pet 3:18; Hand 2:42).  Ons moet die Woord bestudeer (Kol 3:16; 1 Pet 1:23-2:2; Matt 4:4; 1 Tim 2:15; Joh 8:31; Psa 1:2-3).  Deur gebed (1 Thes 5:17; Kol 1:9…; 4:2; Ef 6:18). Gemeenskap (Heb 10:23-25 ​​en Ef 4:11-16).  Getuienis (Rom 1:14-16; 10:9-15, 1 Pet 3:15, 1 Thes 2:8; Kol 4:3-6 5).  Gehoorsaamheid (Rom 6:13-15, Jak 1:22-25).  Reinheid en belydenis van sonde (1 Kor 11:31-32; Ef 4:30, 1 Joh 1:07-02:02). 

Die Heilige Gees is die agent van die vervulling.  Hy is die Een wat stil werk agter die skerms, wat ons die krag en vermoë gee om in ooreenstemming met die Here se norme en standaarde te leef, die Een wat ons verander om soos Christus te wees.

Christus Jesus is die fokus van die gelowige se verhouding met God.  Ons kan duidelik die groei van hierdie verhouding sien wanneer "die vrug van die Gees" sigbaar is. 

Wat beteken dit om met die Gees vervul te wees?  Dit beteken om 'n geestelik volwasse te wees, om soos Christus te wees, wat die vrug van die Gees vertoon!  Dit beteken om met Christus besig te wees, nie met jouself of met iemand se ervaring met die Gees nie.

Tuesday 30 July 2013

Inspekteur Bybel: geloof-is-krag dwaling

Die geloof-is-krag dwaling, ook bekend as “the word of faith movement” leer dat ons woorde en gedagtes skeppingkrag het en dat ons die realiteit om ons skep deur dit wat ons sê of dink.  Maw as jy reg dink en die regte woorde gebruik, en jou geloof daarby voeg kan jy ‘n beter wêreld vir jouself skep.

Jy moet net die regte geestelike oefeninge doen of sekere geestelike tegnieke aanleer. God wil hê jy moet gelukkig en voorspoedig wees.  En die rede hoekom Christene swak is en nie gelukkig en voorspoedig is nie, is omdat hulle nie dit waarop hulle geregtig is, aanspraak maak nie.  “You have to name it and claim it. You have to blab it and grab it.”

Die geloof-is-krag dwaling leen sterk op visualisering, positiewe denke en die gebruik van verbale formules om so die wêreld te probeer verander.  In kort is dit niks anders as toordery nie.  Die geloof-is-krag dwaling het sy wortels in die gnostiese en heidense geskrifte van die 19de eeu, soos bv. Christian Science van Mary Baker Eddy, die Nuwe denke van metafisieka wat geglo het dat die mens se denke die bron is van alle kreatiwiteit, genesing en krag.

EW Kenyon is in ‘n sekere sin die vader van die “Word of Faith” beweging.  Hy het die Skrif verdraai om by sy magiese wêreldbeskouding in te pas.  Byna al die “Word of Faith” predikers gebruik vandag sy konsepte en idees.  Hulle het dit net verder ontwikkel deur dit met motiverende sielkunde te vermeng, self-ontwikkeling, en positiewe denke wat deur die hooggeplaasde Vrymesselaar en pastoor, Norman Vincent Peale ontwikkel is.

Net soos die gees-is-krag dwaling, waar die Heilige Gees as ‘n krag of energie voorgestel word wat gebruik kan word om sekere bonatuurlike dinge te doen, gebruik die “Word of Faith” beweging net geloof as die vorm waarmee hulle dinge vermag.

Geloof is die bestandeel waarmee jy vir jouself ‘n beter lewe skep.  Maw geloof is ‘n krag in homself.  In plaas daarvan dat geloof in die krag van God is, is geloof self ‘n krag.

Predikers van die geloof-is-krag dwaling gebruik Bybelse termes, maar hulle gee ander definisies en betekenisse daaraan.  Geloof is nie Bybelse geloof nie.  Genade is nie Bybelse genade nie.  Sonde is nie sonde soos die Bybel dit defineer nie.  En dit is hoe wolwe en verleiers te werk gaan.

Hulle weet dat as die mense wat na hulle luister, sê dat dit klink reg, dan moet dit reg wees.  En as dit nie altyd so heeltemal reg klink nie, is dit ook ok.  Dit sal nie skade aanrig nie.  Soveel hartseer en ontbering kon vermy geword het as Christene net eenvoudig die wyse gaan ondersoek waarop hierdie leiers die basiese Bybelse termes vir hul eie doeleindes aanpas.

Die grootste leuen en die fondasie van die geloof-is-krag dwaling is dat die mens ‘n god is. Een van die groot manne is Kenneth Hagin.  Hy skryf in sy boek, The God-Kind of Life (1981):

He [man] was created on terms of equality with God, and he could stand in God's presence without any consciousness of inferiority…That means God has made us as much like Himself as possible. He made us in His image. He made us in His likeness. He made us the same class of being that He is Himself…God took something of Himself, which was spirit, the life of God, and put it into man…He lived on terms of equality with God……God made man a faith man, because man belongs to God's class. A faith man lives in the creative realm of God. This is the end of the weakness message!…No wonder Smith Wigglesworth said, "I'm a thousand times bigger on the inside than I am on the outside." He was realizing that he was a human-divine being. And that the divine part was a thousand times bigger than the human part…That's who we are; we're Christ!

Maw die mens is nie minder as God nie.  Hy is dieselfde as God.  En hy skep met geloof.

Let op wat sê Hagin.  Hy sê, “This is the end of the weakness message!”  Jy sien die evangelie is die boodskap van die mens wat ‘n gavalle wese is en wat in rebellie teen sy Skepper is.  Hy is dood in sy sonde en misdade.  Hagin en sy volgelinge verwerp egter hierdie boodskap wat sê dat die mens swak is.  Hulle glo dat hulle iets beters gevind het.

Hulle leer ook dat Jesus en Sy dissipels nie arm was nie, maar ryk en dat armoede is ‘n sonde, om siek te wees is ‘n sonde en dat geloof is die skeppingskrag waarmee ons die wêreld gaan verander soos wat God dit geskep het in die begin deur Sy geloof.

Hier is so paar “Word of Faith” predikers: Kenneth Hagin, Kenneth Copeland, Paul Crouch, John Avanzini, Robert Tilton, Fred Price, Benny Hinn, Joyce Meyer, Joel Osteen, Joseph Prince, Creflo Dollar, Jesse Duplantis, Marilyn Hikey, Rodney Howard Brown, TD Jakes, Myles Munroe, Rod Parsley, Oral Roberts, Robert Schuller, Paula White en nog baie ander.

Die grootste probleem met die “Word of Faith” beweging is dat dit God verkleineer en die mens verhoog.  Hoor wat sê Kenneth Copeland:

"I was shocked when I found out who the biggest failure in the Bible actually is....The biggest one is God....I mean, He lost His top-ranking, most anointed angel; the first man He ever created; the first woman He ever created; the whole earth and all the Fullness therein; a third of the angels, at least--that's a big loss, man. . .” [Praise-a-Thon program on TBN [April 1988]

"(God is) a being that is very uncanny the way he's very much like you and me. A being that stands somewhere around 6'2", 6'3", that weighs somewhere in the neighbourhood of a couple of hundred pounds or a little better, has a span of 9 inches across." [Spirit, Soul and Body I audiotape Side 1 1985]

Dan verhoog hulle die mens deur die volgende te sê:

"God's reason for creating Adam was His desire to reproduce Himself. I mean a reproduction of Himself, and in the Garden of Eden He did just that. He was not a little like God. He was not almost like God. He was not subordinate to God even. . . . Adam is as much like God as you could get, just the same as Jesus. . . . Adam, in the Garden of Eden, was God manifested in the flesh." [Following the Faith of Abraham I, side 1]

Die titel: “God het vlees geword”, word net aan Jesus toegeskryf en geen mens nie. Kenneth Hagin sê,

"Man…was created on terms of equality with God, and he could stand in God’s presence without any consciousness of inferiority…God has made us as much like Himself as possible…He made us the same class of being that He is Himself…Man lived in the realm of God. He lived on terms equal with God…The believer is called Christ…That’s who we are; we’re Christ!" [The God-Kind of Life (Tulsa, OK: Kenneth Hagin Ministries, Inc., 1989), 35-36, 41.]

"I am a little God! Critics, be gone!"   (Paul Crouch, Praise the Lord, Trinity Broadcasting Network, July 7, 1986)

2 Kor 11:3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 

Hoe het die slang Eva bedrieg? Wat het hy vir haar gesê?  Hy het gesê, “julle sal nie sterwe nie en julle sal soos God wees.”  Dit is dieselfde leuen waarvoor die “Word of Faith” beweging geval het.  

Jy sien, hierdie ouens glo dat Adam het sy godheid verloor toe hy gesondig het en die natuur van Satan aangeneem.  So volgens hulle is saligheid nie vergifnis van sonde en die herstel van ‘n gebroke verhouding met God nie.  Saligheid is om ontslae te raak van die Satan se natuur en die herstel van die natuur van God in die mens.

En hoe is dit moontlik?  Jesus moes die natuur van Satan aanneem op die kruis.  En die hele kruis gebeurtenis kry heeltemal ‘n ander betekenis.  Jesus het daarom hel toe gegaan en was daar wedergebore.  Copeland sê, hy is die eerste wedergeborene.

Al die ander dwalinge in die “Word of Faith” beweging bou dan net voort op hierdie dwaling.

Kom ons kyk na so paar dinge wat die geloof-is-krag dwaling verkondig:  Eerstens glo hulle in positiewe belydenis.  Nou wat is verkeerd met positiewe belydenis?  Jy wil seker nie hê ek moet negatiewe dinge bely nie. Nee, kom ons kyk wat ek bedoel daarmee:

Postiewe belydenis gaan oor die teologie van die gesproke woord (Rhematologie).  Dit is wanneer jou woorde en gedagtes realiseer.  Dit lê klem op die krag van jou woorde en gedagtes.  Maw elke mens is verantwoordelik vir sy eie toekoms deur dit wat hy sê en hoe effektief hy geestelike wette kan gebruik.  So die wêreld om jou is ‘n meganiese sisteem eerder as ‘n persoonlike een.  Alles word deur wette beheer en jy moet dit net aanleer en toepas.

Kenneth Copeland skryf hieroor in, Laws of Prosperity, en Charles Capps in, The Tongue A Creative Force & Releasing the Ability of God.  Hulle glo dat jou woorde het soveel krag dat dit selfs die fisiese en geestelike wêreld kan beïnvloed.  Wanneer jou woorde met geloof gevul is kan jy dinge net spreek en dit sal gebeur.

Kom ons kyk gou na ‘n aanhaling van Charles Capps in, The Tongue A Creative Force,

"The spirit of man is not of this world, it is of the spirit world. The creative ability of man comes through his spirit. He speaks spirit words that work in the world of the spirit. They will also dominate the physical world. He breathes spirit life into God's Word and it becomes a living substance, working for him as it worked for God in the beginning. These spirit words dominate the natural world" (p. 117-118).

Capps leer dat God deur Sy geloof die fisiese wêreld geskep het met woorde en daarom kan jy ook deur geloof skep met jou woorde.  Jy spreek dinge in bestaan.  Jy sien die probleem met hierdie leerstelling is dat God nie geloof nodig gehad het om Sy woorde te aktiveer tot skeppingskrag nie.  Heb 4:12 sê dat Sy Woord is lewend en kragtig.  God se woorde is kragtig, nie omdat Hy geloof het nie, maar omdat Hy God is.  En jy is nie!

In Capps se boek, Releasing the Ability of God, sê hy,

"You can have what you say! (because) the powerful force of the spiritual world that creates the circumstances around us is controlled by the words of the mouth. This force comes from inside us; the confession of our mouth will cause you to possess it" (pp. 98-99). This is why he teaches, "Discipline your vocabulary," and "today your word is god over your circumstances" (pp. 101-104).

Hierdie leeringe kom nie uit die Bybel nie, maar is wat EW Kenyon geleer het met sy Nuwe denke.  Kenyon se vriend Ralph Waldo Trine het hierdie krag egter toegeskryf aan die Okkulte en nie aan geloof of krag wat van God af kom nie.  Hy sê,

“This is the law of prosperity: When apparent adversity comes, be not cast down by it, but make the best of it, and always look forward for better things, for conditions more prosperous. To hold yourself in this attitude of mind is to set into operation subtle, silent, and irresistible forces that sooner or later will actualize in material form that which is today merely an idea. But ideas have occult power, and ideas, when rightly planted and rightly tended, are the seeds that actualize material conditions.” – [In Tune With The Infinite]

Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong…

Wat beteken hierdie teksvers?  Beteken dit dat ons kan skep met ons woorde?  Nee!  Lees die res van vers,

Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. 

Maw wat jy saai, sal jy maai.  Die vorige vers sê,

Spr 18:20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. 

Dit beteken, jou woorde het gevolge, of goed of sleg.  Dit beteken nie jy het beheer oor die realiteit nie.  Dit beteken nie jy kan dinge in bestaan spreek nie.  Dit beteken jou woorde kan ander affekteer.  Jy kan mense afbreek of opbou met jou woorde.  Die konteks volgens V19 gaan oor ‘n broeder teen wie oortree is.  

Jy kan die waarheid vertel of mense mislei.  Maar jou woorde het nie skeppingskrag nie. Net God kan skep.  Hy alleen kan skep, want Hy is God en ons is nie en Hy het nie daardie soort krag vir enige mens gegee nie.  Die siening dat jou woorde kan skep of die realiteit manipuleer of verander is nie Bybels nie, maar okkulties.

Kom ons kyk na ‘n tweede leering van geloof-is-krag dwaling.  Dit is die evangelie van genesing.  Jes 53 word gebruik om hierdie leering te bevestig.  En dit is dat elke gelowige wat genoeg geloof het, kan genesing ontvang.  Kenneth Hagin sê, 

"...it is the plan of our Father God in His great love and His great mercy that no believer should ever be sick, that every believer should live his life full span down here on earth and that every believer should finally just fall asleep in Jesus" (Hagin, Seven Things You Should Know About Divine Healing, p. 21). 

Hagin gaan dan ook verder deur te sê dat jy vir 40 jaar nooit ‘n kopseer gehad het nie. Hoor wat sê Fred Price in “Is God Glorified Through Sickness?”

"How can you glorify God in your body, when it doesn't function right?....What makes you think the Holy Ghost wants to live inside of a body where He can't see out through the windows, and He can't hear out the ears?" 

Maw, volgens hom leef die Heilige Gees nie binne mense wat blind of doof is nie.  As jy ‘n Christen is, mag jy nie siek wees nie, jy mag ook nie arm wees nie.  Dit is ‘n sonde.

Die vraag is, is fisiese genesing deel van die versoeningwerk wat Christus op die kruis? Maw, het Christus gesterf sodat ons nou fisies gesond kan wees?  Die “Word of Faith” beweging sê, as ek siek word of siek voel moet ek nie my siekte bely nie, ek moet net my genesing bely.  Ek moet bely dat deur Sy wonde is daar vir my genesing.  What you confess you will possess.

Maw jou genesing is klaar ‘n werklikheid in die geestelike dimensie.  Jy moet dit net bely sodat dit in die fisiese werklikheid kan manifesteer.  Is dit Bybels?  Nee!  Dit kom van Christian Science en Nuwe denke.

Die geloof-is-krag dwaling sê dat dit nie God se wil is dat jy siek is nie.  Hoekom is daar so baie Christene wat siek is?  Hoekom is daar so baie van die “Word of Faith” predikers wat siek word?  Hulle ontken egter die werklikheid dat ons nog ‘n sondige natuur het en dat ons in ‘n gebroke wêreld leef.  If you possess what you confess of as jy kry wat jy bely, wat hulle bely dat hulle siek geword het? 

Ten spyte van die pyn en seer, bely hulle dat hulle is genees en vertel hulle leuens en mislei hulleself en ook die mense om hulle.  Dit is nie geloof nie, dit is trots, aannames en ook selfs fantasie.  As mense nie gesond word nie, dan sê hulle jy het nie genoeg geloof nie, maar wat van as hulle siek is en nie gesond word nie?  Waar is hulle geloof dan?

Die vraag is steeds: Het Christus gesterf sodat ons fisies genees kan word? Die antwoord is beide, Nee en Ja.  Hoekom?  Nee, want Christus het nie gesterf dat ons almal hier en nou fisies gesond moet wees nie.  En Ja, want Christus het gesterf sodat ons eendag volkome verlos kan word van hierdie gebroke wêreld en van hierdie siek liggaam.  Ons sal eendag ‘n verheerlikte liggaam hê, volkome gesond.  Maar dit word nie hier en nou belowe nie.

Derdens kry ons die voorspoeds evangelie.  Dit sê, God wil hê dat elke gelowige finansieël voorspoedig moet wees.  As jy arm is, is jy buite God se wil.

"It's a matter of your faith. You got one-dollar faith, and you ask for a ten thousand-dollar item, it ain't gonna work. It won't work. Jesus said, "According to your faith", not "according to His will, if He can work it into His busy schedule." He said, "according to your faith be it unto you." Now I may want a Rolls Royce and don't have but bicycle faith. Guess what I'm gonna get? A bicycle" (Frederick K.C. Price, "Praise the Lord" broadcast on TBN, 21 September 1990

Dit is eenvoudig nie Bybels nie.

1 Tim 6:10 Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 

God staan onder geen verpligting om mense te genees of enige iemand voorspoedig te maak nie.  Iemand het gesê: "genesing is nie 'n Goddelike verpligting, dit is 'n Goddelike gawe".  Die persoon wat dit ontvang kan nie daarop aanspraak maak nie.  Ons kan wel God vertrou om alle dinge volgens Sy wil te doen.

Die probleem van die evangelie van gesondheid en rykdom is dat dit poog om die toekomstige heerlikheid van God se Koninkryk vir die gelowiges hier en nou te probeer ‘n werklikheid  maak.  Maar die Here Jesus het geleer dat Hy hier en nou gelowiges in moeilike tye sal dra en dat ons moet hoop op die toekomstige.  Jesus het inteendeel meer negatiewe dinge gesê oor rykdom as positiewe dinge.

Mat 19:23 En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. 
24 En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. 

Hoekom is dit moeiliker vir ‘n ryk man?

1 Tim 6:9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 
10 Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 

In die verlede was dit ‘n eer om alles te verloor en vir die evangelie te leef.

2 Tim 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 

Maar vandag word gepreek, hulle wat godvrugtig lewe sal sukses en rykdom hê en deur mense vereer word.  

Fil 4:9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees. 
10 Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie. 
11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. 

Die “Word of Faith” predikers stem egter nie hiermee saam nie.  Luister!  Dit gaan alles daaroor om vergenoeg te wees.

2 Kor 6:9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie; 
10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak (geestelik); as mense wat niks het nie en tog alles besit. 

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288