1 Pet 1:22 As julle in
gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde
broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
23 want julle is wedergebore
nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord
van God wat tot in ewigheid bly.
24 Want alle vlees is soos
gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras
verdor en sy blom val af,
25 maar die woord van die Here
bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
Ons praat oor ons verpligting teenoor ons mede
broer en suster. Ons praat oor bonatuurlike
liefde. Dat ons mekaar vurig lief moet
hê. ‘n Liefde wat gaan tot die uiterste. ‘n Liefde wat menigde sondes bedek. ‘n Liefde wat vir ander omgee diep daar waar
lewe geleef word. ‘n Liefde wat aanhoudend
en met groot inspanning uitreik na die wat in nood is.
1 Pet 1:22 As julle in
gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde
broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
Maw dit is nie uiterlik nie. Dit word nie wetties afgedwing nie. Dit is ‘n verpligting wat kom van binne af,
uit jou hart. En God moet ons help dat ons
hierdie soort van medelye kan hê. Dit is
seker wat Paulus bedoel het in,
1 Tim 1:5 Maar die doel van
die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde
geloof
Liefde
uit ‘n rein hart is liefde as vrug van die Gees. Dit is liefde wat die Heilige Gees in ons
harte produseer. Dit is liefde wat kom van
binne af. Hoe? Die vrug van die Gees. Hoe kan die vrug van die Gees in my lewe sigbaar
word? Gal 5, wanneer ons deur die Gees
wandel. Wanneer ons toelaat dat die
Heilige Gees ons lewens beheer. En
solank as wat dit gebeur kan ek met daardie bonatuurlike liefde liefhê.
En
somtyds beroof ons onsself van die rykdom wat daarin is om ander vurig lief te
hê, want ons is nie gewillig om van binne af lief te hê nie. God se liefde is in ons harte uitgestort en
ons het die vermoë om mekaar vurig lief te hê, maar ongelukkig het ons ook die
vermoë om nie so lief te hê nie, is dit nie waar nie? Verseker.
Ons het die vermoë om te sondig, het ons nie? En dit is sonde om nie lief te hê nie. Daarom word ons so baie kere vermaan in die
Woord om lief te hê.
Fil 1:9 En dit bid ek dat
julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring.
1 Thes 3:12 en mag die Here
julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook
teenoor julle is.
2 Thes 1:3 Ons moet God altyd
oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks
toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
Dit is wat God wil hê. Dit is wat moet gebeur. God wil hê ons liefde moet meer word, dit moet
oorvloedig wees, dit moet toeneem.
Wanneer is ons in staat gestel om so te kan
liefhê? Toe ons wedergebore is. Wie moet ons liefhê? Ons moet mekaar liefhê. Hoe moet ons mekaar liefhê? Ons moet mekaar vurig liefhê uit ‘n rein
hart.
En dan die vierdie vraag wat Petrus beantwoord: Hoekom
moet ons so liefhê? Die antwoord help
ons om te die teksgedeelte te verstaan. Daar is soveel rykdom in hierdie teks. Hoekom?
1 Pet 1:23 want julle is
wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die
lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
Ons
moet mekaar vurig liefhê, want ons is wedergebore. Dit is wat kinders van God doen. Hulle het mekaar lief. Dit is ‘n kenmerk van ‘n wedergeborene. 1 Joh 4:7 sê dat elkeen wat liefhet, is uit
God gebore.
1 Joh 5:1 Elkeen wat glo dat
Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het
ook die een lief wat uit Hom gebore is.
2 Hieraan weet ons dat ons die
kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
Dit
sê dat elkeen wat die Vader liefhet, het ook Christus lief, het ook die kinders
van God lief. Dit is alles aan mekaar
verbind. Dit is die rede hoekom ons so
moet liefhê, want ons is aan mekaar verbind.
Ons is deel van mekaar, deel van God se familie.
Wat ons ook moet raaksien in v23m is die
beslistheid van wedergeboorte. Dit is verseker. Dit is finaal. En dit sluit aan by wat teoloë noem, monergisme. Monergisme is heeltemal iets anders as sinergisme. Nou, sinergisme is die samekoms van
verskillende dele. Monergisme is een
enkele deel.
En daar sommige teoloë wat glo dat wedergeboorte is
‘n sinergisme. Maw dit vind plaas
wanneer die mens saam met die Heilige Gees werk om wedergeboorte te bewerk. Dit is sinergisme. Monergisme sê wedergeboorte is alleen die werk
van die Heilige Gees apart van enige mens se werk. Maw dit is enkel werk van die Heilige
Gees.
Vraag: Het
die mens deel aan sy redding? Hy het
deel aan sy wedergeboorte? Hy hy iets
gedoen om wedergebore te word? Nee!
‘n Baba gee nie geboorte aan homself nie. ‘n Baba veroorsaak nie sy eie verwekking
nie. En nog minder die sondaar wat dood
is in sy misdade en sonde. ‘n Dooie mens
kan homself nie lewendig maak nie. Dit
is die werk van God.
So v23 sê dat wedergeboorte is ‘n beslisende
oomblik, ‘n gebeurtenis wat plaasgevind het in jou lewe op ‘n seker dag, toe jy
van die duisternis na die lig beweeg het, toe jy uit die koninkryk van die
Satan oorgegaan het na die koninkryk van God.
Toe die ou lewe afgelê is, die oue mens gesterf het,
en jy opgestaan het in ‘n nuwe lewe. Wedergeboorte is ‘n beslisende, daadwerklike
gebeurtenis.
En tweedens is die werkwoord in ‘n passiewe vorm en
beteken dit dat jy nie deel gehad het in jou redding nie. Jy het nie God gehelp en saam met Hom gewerk
om wedergebore te word nie. Dit is nie
sinergisme nie, maar monergisme. Dit is die
werk van God.
Joh 3:8 Die wind waai waar hy
wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan
nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Dit
is die Gees wat God wat wedergeboorte skenk en Hy kom en gaan soos Hy wil. Ons kan dit nie maak gebeur nie.
Ef 2:1 En julle het Hy lewend
gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
Hy
het julle lewend gemaak. Dit is alleen die
werk van God. En hoe het Hy dit
gedoen? Hoe het God ons wedergeboorte
geskenk?
1 Pet 1:23 want julle is
wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die
lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
Nie
uit onverganklike saad nie. Wat beteken
dit? Dit is nie ‘n aardse geboorte nie. Dit is nie ‘n menslike geboorte nie. Die mens is uit sondige ouers gebore en
daarom het hy ‘n sondige natuur. Die
mens is gebore uit verganklike saad en daarom is dit nie vir ewig nie, maar
tydelik. Ons gaan sterf. Jy gaan sterf. Ek gaan sterf. En ek gaan seker maak dit is laaste ding wat
ek doen.
Ons
gebore as slawe van ongeregtigheid. Ons
het die duiwel as ons vader gehad. Ons
was vyande van God. Dit is geboorte uit
verganklike saad. Maar ons is
wedergebore uit onverganklike saad. Jou
tweede geboorte is nie ‘n aardse geboorte nie.
Dit is nie ‘n tydelike geboorte nie.
Ons nie ouer is God, die saad is onverganklik. Die geboorte is nie vleeslik nie, maar
geestelik.
Ons
wedergebore as slawe van Christus. Ons
het ‘n hemelse Vader. Ons is nie vyand
nie, maar vriend van God. So Petrus sê,
julle moet mekaar vurig leifhê, want dit is wie julle is, julle is wedergebore
uit onverganklike saad. Hierdie liefde
is daarom nie aardse liefde nie, dit is goddelike liefde. Dit is ‘n bonatuurlike liefde.
Wat
is hierdie onverganklike saad wat vir ons die wedergeboorte geskenk het? Dit is die lewende woord van God wat tot in
ewigheid bly. Die Woord van God lewe soos
wat God lewe. Dit kan nie sterf nie, net
soos God nie kan sterf nie. En as jy
daardie geestelike geboorte ontvang het en deel het aan die goddelike natuur,
kan jy ook nie sterf nie. ‘n Wedergebore
persoon kan nie weer onwedergebore word nie.
Hy sal vir ewig lewe.
Omdat
die Woord van God tot in ewigheid bly, is dit die saad wat ook lewe kan gee wat
vir ewig is.
Jak 1:18 Volgens sy wil het Hy
ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van
sy skepsele kan wees.
Ons
word gered deur die Woord van God.
Rom 1:16 Want ek skaam my nie
oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir
elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
Die
evangelie van Christus, dit is ‘n krag tot redding vir elkeen wat glo. Dit is die Woord van God, die onverganklike
saad, wat lewe gee. Dit is hoekom Paulus
ook sê in Rom 10, hoe kan iemand hoor sonder een wat preek. Geloof kom uit die gehoor en die gehoor is
deur die Woord van God.
Die
mens kan nie tot bekering kom sonder die Woord van God nie, sonder die waarheid
nie. En om sy standpunt duideliker te
maak, gaan Petrus na die Ou Testament toe soos wat die Nuwe Testament skrywers gewoonlik
doen. Hy gaan na Jesaja 40:6,7 toe.
Jes 40:7 Die gras verdor, die
blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
8 Die gras verdor, die blom
verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
1 Pet 1:24 Want alle vlees is
soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die
gras verdor en sy blom val af,
25 maar die woord van die Here
bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
Hy
eindig met: Dit is die Woord wat aan julle verkondig is. Hierdie is die groot waarheid. En hierdie gedagte om op baie ander plekke
ook voor. Petrus sê al die heerlikheid
van die mens is soos ‘n blom van die gras.
Jy
kyk na ‘n veld en al wat jy sien is gras.
Maar so nou en dan kom daar mooi blomme voor in die veld en hierdie
blomme is die heerlikheid van die veld, dit is die skoonheid van die veld. En Petrus weet dat die groot gedeeltes van
Palestina het grasvelde met mooi blomme.
Blomme met verskillende kleure.
En
selfs die heerlikheid van die mens, selfs die mooiste skoonheid van die mens in
vergelyking met die gewone eenvoudige veld is maar net tydelik. Dit vergaan.
Dit gaan verby. Dit is nie vir
ewig nie. Dit sterf en gaan verby. Of jy nou wonderlik is of eenvoudig is. Die beste van die mens se lewe, die beste van
die mensdom. Raai wat? Dit gaan ook verby.
Selfs
die mooiste mense, die gesondste mense, die sterkste mense, die mees gerespekteerde
mense, die slimste mense, of die mees begaafde mense, die beste. Jy mag dalk die blom wees wat almal bewonder,
maar ek het vir jou nuus. Jy gaan ook
sterf. Die dood stel ons almal op gelyke
vlak.
En
so kom Petrus en haal Jesaja aan en sê dat jy is nie wedergebore met daardie
tipe saad nie, maar jy is wedergebore uit onverganklike saad, in Christus het
jy ‘n nuwe onverganklike lewe. Let
op! Onverganklik. Dit beteken ‘n as jy eenkeer ‘n kind van God
is, is jy vir altyd ‘n kind van God. Is
dit nie ongelooflik nie? Ons geestelike
nuwe mens sal nooit vergaan nie.
Dit
is die onverandelike Woord waardeur jy gered is. Dit is deur daardie woord wat aan jou
verkondig is. Nou in v23 gebruik hy die
woord “logos” wat verwys na die Skrif, die Bybel. Hy sê dit is die lewende Woord van God wat
tot in ewigheid bly. Maar in v25 gebruik
hy die woord “rhema”, die woord wat verkondig is. Dit is ‘n spesifieke uitdrukking. Die gesproke Woord. Die spesifieke gesproke woord “rhema” wat kom
uit die “logos”, die Skrif.
Beide,
let op, beide die logos en die rhema bly tot in ewigheid. Die totale Woord, die logos is vir ewig en
die spesifieke woord, dit wat aan julle verkondig is, die gesproke woord, die
rhema, bly ook tot in ewigheid. Beide
bring nuwe lewe. Nuwe geboorte.
Ons
het die vermoë om met bonatuurlike liefde lief te hê, ontvang toe ons gered
is. Ons moet ons mede broeders
liefhê. Ons moet hulle vurig liefhê. En die rede waarom ons hulle moet liefhê is
want dit is hoe dit is met wedergebore mense.
Dit is in ons geestelike natuur om lief te hê.
Ons
word vermaan om mekaar lief te hê. Kom ons
doen dit. Dit is wat werklik uitdrukking
gee aan die nuwe geestelike natuur wat jy ontvang het. Die onveranderlik saad van God wat aan jou
lewe geskenk het wat nooit vergaan nie.
So jy kan nooit ophou om bonatuurlik lief te hê. Dit is jou verpligting as kind van God in reaksie
op die groot verlossing wat Hy aan jou gegee het.
Ons
kan want God het ons in staat gestel.
No comments:
Post a Comment