Monday 30 July 2012

Bonatuurlike liefde


1 Pet 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,
25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

Ek het gelees van ‘n Dr. William Beeterwolf wat so 100 jaar terug gelewe het en Hy vertel ‘n storie van ‘n konstruksie engineer was wat besig was om ‘n gebou te inspeksteer.  Terwyl hy bo op ‘n scaffolding was wat drie verdiepings hoog was, het hy getrip en af geval.  ‘n Werker wat onder gestaan het, het gesien wat gebeur het en onder die ou gaan staan en die engineer se val probeer breek. 

Die engineer het nie baie beserings gehad nie, maar die werker het amper elke been in sy liggaam gebreek.  Daarna was hy kreupel vir die res van sy lewe, maar die engineer het hom die helfde van alles wat hy het gegee en ook aandele in sy besigheid, want hy het sy lewe gered.

Dit is ‘n mooi storie wat gaan oor dankbaarheid.  Ons behoort dit te verstaan, maar ek dink as  Christene vergeet ons so baie van Golgota waar daar Iemand was wat die volle impak van die val van die mens gedra het. Hy het ons gevang voordat die dood ons verpletter het.

Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Hy het Homself vir ons gegee en daarvoor moet ons dankbaar wees.  Petrus begin hierdie brief deur vir ons te vertel van hierdie groot en wonderlike verlossing wat God vir ons gegee het.  Die vraag is: hoe reageer ons daarop?  In reaksie op hierdie groot verlossing, behoort ons dankbaar te wees en moet dit ons lei tot hoop, heiligheid en vrees.

En nou kom ons by v22 en Petrus roep ons tot ‘n tweede reaksie.  Ons eerste reaksie, ons het ‘n verpligting teenoor God.  Die tweede reaksie is ‘n verpligting teenoor ander.  As ons regtig dankbaar is teenoor Christus wat ons verlos het, sal ons ook besef dat ons ‘n verpligting het teenoor ander.

Wat moet ons reaksie dan wees teenoor ander?  Hoe moet ons mekaar behandel, ons wat hierdie verlossing ontvang het?  Die antwoord is in hierdie wonderlike verklaring,

1 Pet 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;

Julle moet mekaar vurig liefhê.  Ons verpligting teenoor God, ons moet volkome hoop, heilig leef en God vrees.  Ons verpligting teenoor mekaar, julle moet mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart.

En Petrus vermaan ons hieroor.  Hy sê dit ‘n paar keer in sy brief,

1 Pet 2:17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

1 Pet 3:8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

1 Pet 4:8 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.

Vier keer in die brief roep hy ons tot broeder liefde.  Dit is egter nie ‘n nuwe opdrag nie, maar eerder ‘n opdrag wat Christus vir Hom gegee het.  As jy terug gaan na Joh 13:34 dan sê die Here,

Joh 13:34 ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Dit is waar Petrus dit geleer het en dit ook nou hier in sy brief oordra.  Ander Nuwe Testamentiese skrywers herhaal dieselfde opdrag en hierdie opdrag is die kenmerk van Christenskap.  Om die waarheid te sê, het Jesus gesê,

Joh 13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Waaraan word dissipels gekenmerk?  Aan hulle liefde onder mekaar.  Paulus sê,

Rom 12:10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

Heb 13:1 Die broederliefde moet bly.

1 Joh 3:11 Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.

So dit is ‘n basiese Christelike boodskap.  Petrus sê dit, Paulus sê dit, die Hebreërskrywer sê so, Johannes sê so, hoekom?  Want Jesus het so gesê.  En die werkwoord wat Petrus hier gebruik beskryf die hoogste vorm van liefde, “agape” liefde. 

Hierdie liefde is nie gevoel of emosies nie, maar ‘n liefde van keuse, ‘n liefde van wilsbesluit.  Dit is liefde wat kan reageer op ‘n opdrag.  Jy kan nie emosionele liefde beveel nie.  Jy nie gevoelens beveel nie.  Maar agape liefde kan jy beveel, want dit is ‘n wilsbesluit.  En Petrus wil hierdie gedagte vasmaak.

Nou die eerste vraag wat Petrus vir ons beantwoord gaan oor óf ons instaat is om te kan reageer op hierdie opdrag of nie.  As ek vir iemand ‘n opdrag sou gee dat hulle mekaar lief moet hê, veronderstel ek dat hulle die vermoë het om dit ook te kan doen.  Nie almal het daardie vermoë nie. 

Jy sien, die natuurlike mens het nie daardie vermoë om met agape liefde te kan liefhê nie.  Dit is vreemd aan sy natuur.  Hy ken dit nie, hy het nog nie ervaar nie, hy kan dit nie doen nie.

Luk 11:42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

Wat sê Jesus hier?  Hy sê julle is godsdienstig, maar julle het nie die liefde van God nie.

Joh 5:42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

Wat ‘n aanklag is dit nie teen ‘n sondaar nie?  Dit is die kenmerk van ‘n onweergebore persoon.  Hy is nie instaat om met agape liefde te kan liefhê nie.

1 Joh 3:16 Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
17 Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

Die punt is, dit doen nie.  Die ware wedergebore kinders van God word hieraan geken, deurdat hulle liefde onder mekaar het.  ‘n Ware Christen word gekenmerk aan liefde.  So ons begin deur te sê soos wat Johannes gesê het in 1 Joh 4:12,

1 Joh 4:12 ...As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Almal ken die romantiese liefde, almal ken vriendskaplike liefde.  Almal kan selfs Bybelse “sorge” liefde ervaar, wat verwys na familie liefde, of natuurlike liefde, maar daar is ‘n bonatuurlike liefde, agape liefde, wat reageer op ‘n opdrag, wat ‘n wilsbesluit is, ‘n liefde waaraan gelowiges gekenmerk word.

So die eerste vraag wat Petrus antwoord is: Wanneer was ons instaat gestel om met hierdie liefde te kan liefhê?  Wanneer was ons instaat gestel om bonatuurlik lief te hê?  Wanneer het dit gebeur?  Hoor wat sê Petrus?

1 Pet 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het...

Stop eers daar.  Wanneer was ons instaat gestel?  Toe ons siele gereinig is.  En die dag toe jou siel gereinig is, was die dag wat jy gehoorsaam was aan...wat?  Aan die waarheid.  Hy vat ons terug na ons Redding.  Die dag toe ons tot bekering gekom het. 
Dit was die aktiveerder van agape liefde.  Jy word instaat gestel om met agape liefde te kan liefhê, die dag wanneer jy gered word. 

Dit was die dag toe God Sy liefde in ons harte uitgestort het deur aan ons die Heilige Gees te gee.  Dit is nie ‘n natuurlike liefde wat uit die mens self kom nie, maar dit is ‘n bonatuurlike liefde wat van God af kom en die Heilige Gees wat ons instaat stel om so te kan liefhê.  Vanaf ons siele gereinig is.

‘n Onreine siel, ‘n sondige siel, ‘n onheilige siel, ‘n ongeredde siel kan nie so liefhê nie.  Maar die gereinigde siel kan.  Die wedergebore kind van God kan.  Julle moet mekaar vurig liefhê,

1 Pet 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

Julle moet mekaar vurig liefhê, want julle is wedergebore.  In reaksie op hierdie groot verlossings geskenk wat God jou gegee het, het jy ‘n verpligting teenoor jou mede broeder dat jy hom moet liefhê met ‘n bonatuurlike liefde.

Dit is belangrik om ook te sien dat die woord “wedergebore” is in ‘n passiewe vorm, maw God is die Een wat aan jou nuwe lewe gegee het, jy het dit nie self gedoen nie.  Maar dit is ook belangrik om te sien dat saligheid is ‘n reinigende gebeurtenis.  Ons is nie net losgekoop nie.  Ons is nie net verlos nie.  We are not only redeemed, but we are purified.  Ons is ook gereinig.

Maar luister!  Ons was nie net gereinig toe ons tot bekering gekom het nie, maar ons word voortdurend gereinig.  Die bloed van Jesus reinig ons nie net van ons sonde in die verlede nie, maar dit reinig ook ons sondes in die hede en die toekoms.

2 Pet 1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Ons het ontvlug uit ‘n posisie van begeerlikheid in die wêreld na ‘n lewe van reinheid.  V9 sê,

2 Pet 1:9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

So Petrus kyk terug na redding en noem dit reiniging.  En hierdie reiniging stel jou instaat om ‘n totale ander lewe te leef, om anders te dink, om ander lief te hê.  Ons reiniging is nie ons werk nie, maar God se werk.  Hy reinig ons.  Jy reinig nie jouself nie.

Ef 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

So dit was nie ons nie.  Hy het ons gereinig.  Titus 2 sê dieselfde ding, dat God vir Hom ‘n volk as Sy eiendom gereinig het.  Heb 1:3 sê dat Jesus deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het.  Saligheid is God se werk.  Hy red ons, Hy reinig ons.

As ons dan gereinig is, hoekom doen ons dan nog sonde?  Want reiniging is ‘n proses.  Ons moet onthou dat ons reiniging is positioneel en dit is ook prakties.  Positioneel is ons gereinig van alle ongeregtigheid, prakties word ons voortdurend gereinig.

Dit is wat Jesus vir Petrus gesê het in Joh 13,

Joh 13:10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.

By wedergeboorte word ons heeltemal gewas.  Ons is heeltemal rein.  Maar die stof gaan sit nog op ons voete.  Die sonde van die wêreld gaan sit op ons voete, daarom is net nodig om voete te was.  En wat is dit?  Dit is die voortdurende reiniging.  Dit is wat 1 Joh 1:7 sê, die bloed van Jesus Christus reinig ons val alle sonde.  Dit is in die voortdurende tyd. 

Om terug te kom na Petrus, sê dit dat ons die vermoë ontvang het om met ‘n bonatuurlike liefde te kan liefhê toe ons siele gereinig is.

1 Pet 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;

Hier is een woord wat belangrik is wanneer dit kom by saligheid, wat nie in hierdie vers is nie.  Wat is dit?  Geloof.  Dit sê niks van geloof nie.  Julle siele is gereinig.  Hy kyk na die oomblik van redding, maar hy sê dat hulle gereinig is deur gehoorsaamheid aan die waarheid.  Hy sê egter niks van geloof nie.

Hy noem twee dinge.  Reiniging van sonde, maw ‘n wegdraai van sonde en dan tweedens gehoorsaamheid aan die waarheid.  En dit is altyd elemente van ware geloof.  Hy het nie vergeet van geloof nie.  Hy vermy dit nie, hy defineer dit.  Geloof word veronderstel wanneer iemand van sy sonde af wegdraai en geloof word ook veronderstel wanneer jy aan die waarheid gehoorsaam is.

1 Pet 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

In die heiligmaking van die Gees tot gehoorsaam.  Julle is gered tot gehoorsaamheid.  Daarom word ons, soos ons al voorheen gesien het in v14, genoem kinders van gehoorsaamheid.  Die Here beveel die mens om te bekeer en Hom te volg.  En wanneer jy jou bekeer en jou geloof in Hom plaas, dan gehoorsaam jy hierdie bevel.  Hy reinig jou siel van sonde, wanneer jy die waarheid gehoorsaam.

Hierdie waarheid is dan die evangelie boodskap.  Die boodskap van Christus, Sy dood en opstanding.  En hierdie waarheid het in jou lewe gekom en dit reinig jou.

Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

God reinig ons deur die woord.  Ef 5:26 sê ons word gereinig met die waterbad deur die woord.  En wanneer die waarheid kom, reinig dit ons en bring dit gehoorsaamheid en onderwerping.  Geloof word baie in die Bybel uitgedruk as gehoorsaamheid.

Rom 1:5 deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam.

So die geloofsgehoorsaamheid is net ‘n ander uitdrukking van saligheid of redding.  Jesus sê as julle bly in My Woord, dan is julle werklik my dissipels.  Hoe word geloof geverifieer?  Gehoorsaamheid.

Rom 16:26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof

Die bevel van God tot gehoorsaamheid van die geloof.  Maw geloofsgehoorsaamheid, of dan saligheid.  Maw ware geloof is geloof wat gehoorsaamheid bring.  Geloof en gehoorsaamheid is aan mekaar verbind.  Geloof sonder werke is dood.

So saligheid gebeur wanneer jy op die roepstem van God reageer, wanneer jy die waarheid gehoor het en wegdraai van jou sonde en Sy roepstem gehoorsaam om te glo en te onderwerp.  Wanneer dit gebeur, word die liefde van God in jou hart uitgestort deur die Heilige Gees wat aan jou gegee word en Hy stel jou instaat om bonatuurlik te kan liefhê.

En dit is wat Petrus sê in sy brief in v22.  Nou omdat julle instaat is, omdat God julle gereinig het, nou moet julle mekaar vuurig liefhê.

1 Thes 4:9 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.

God het jou geleer om mekaar lief te hê.  Dit is in julle harte.  Dit is daar.  Die vermoë is daar.  1 Joh 3:14 sê dat ons weet ons het oorgegaan uit die dood in die lewe, en hoe weet ons dit?  Omdat ons die broeders liefhet.  

Daar bestaan nie so iets soos lone ranger Christene nie.  Daar bestaan nie so iets soos ‘n Christen wat nie die begeerte het aan gemeenskap van gelowiges nie, wat nie ‘n begeerte het om sy mede broeders lief te hê nie, en saam in ‘n geestelike familie mekaar lief te hê en te dien nie.

1 Joh 5:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

Slot

Ons is God se familie.  Ons het Hom lief en ook ons broeders lief.  Hierdie liefde is ‘n bonatuurlike liefde wat ‘n liefde van keuse is, ‘n liefde van wilsbesluit.  Hierdie is agape liefde, omgee liefde.  Dit is ons verpligting teenoor mekaar in reaksie op die groot verlossing wat God ons gegee het.  Ons moet mekaar vuurig liefhê  Ons moet vir mekaar omgee.

No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288