Tuesday 30 July 2013

Inspekteur Bybel: Die gees-is-krag dwaling

Dit is die dwaling wat sê dat elke gelowige veronderstel is om dieselfde tekens en wonders te doen wat die apostels gedoen het.  Nou ons almal weet dat God kan wonderwerke doen en Hy doen dit steeds vandag.  Daar is geen twyfel daarin nie.  Maar God doen wonderwerke volgens Sy soewereine wil en nie volgens die wil van ‘n mens nie.   
In Jes 46:10 sê dat die Here sal doen wat Hom behaag.  Hand 10:34 sê dat God is geen aannemer van persoon nie.

So wanneer enige persoon van die veronderstelling is dat hy God kan beveel oor hoe en wanneer Hy wonderwerke moet doen, selfs in die kleinste mate, het hy eenvoudig oor die lyn getrap.  Dit is wanneer iemand vanuit ‘n toestand van nederigheid en gehoorsaamheid oor beweeg het na ‘n toestand van trots en rebellie.

Die gees-is-krag dwaling is Satan se slim trick om soveel Christene as moontlik te lok om oor hierdie lyn te trap.  Dit is sy manier om Christene te kry om te probeer om deel te neem in die soewereiniteit van God, hoe gering dit ook al dit mag wees.

Die mees populêre siening is dat ware gelowiges ‘n spesiale salwing van die Heilige Gees ontvang het iewers nadat hulle gered is, dalk maande of jare later.  En hierdie salwing verleen sekere charismatiese gawes aan die gelowige, soos bv. die gawe van genesing of die gawe van profesieë of die gawe van tale.

Hierdie siening is gebaseer op die valse veronderstelling dat alle gelowiges, wanneer hulle toegerus word met die krag van die Heilige Gees, dat hulle dieselfde krag ontvang het as die van die Apostels wat deur Christus aangestel is.  En soos wat die Apostels hierdie gawes volgens eie wil kon beoefen, so behoort elke gelowige ook dit te kan doen as hulle hierdie tweede salwing ontvang het. 

Die Woord van God sê op baie plekke dat die “regverdige sal deur geloof lewe”. (Hab 2:4, Rom 1:17, Gal 3:11 en Heb 10:38).  Maar meeste van die volgelinge in die Pinster- en Charismatiese bewegings sê dat as ‘n persoon geloof het, sal hy tekens en wonders manifesteer as ‘n bewys van sy geloof.  Die Bybel sê dit egter nie.  

Die Bybel sê die regverdige sal deur die geloof lewe en nie deur tekens en wonders nie.  Geloof is ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie, geloof is nie in uiterlike tekens en wonders nie.  Jesus sê dit is ‘n slegte en owerspelige geslag wat soek na ‘n teken (Matt 16:4).  Hoekom soek soveel kerke dan na uiterlike tekens en wonders as ‘n bewys van geloof of geestelikheid?

Let op!  Johannes die Doper was vervul met die Heilige Gees van die skoot van sy moeder af en volgens Luk 1:15, het hy geen tekens gedoen nie (Joh 10:41) en tog sê Jesus daar was geen profeet groter as hy nie (Luk 7:28).  Hy het nie een wonderwerk in sy lewe gedoen nie.  Die moderne tekens en wonders beweging sal eenvoudig sê, hy het nie genoeg geloof gehad nie.

Daar is soveel leerstellige verwarring binne in hierdie beweging, soveel self-misleiding, emosionele oordadigheid, en absolute bedrog.  Dit is daarom so moeilik om met iemand wat hierdie dinge volg te redekawel.

Immers het so persoon gekies om hoofsaaklik op ervaringe staat te maak, eerder as dat die Skrif sy verhouding met Jesus bevestig en kragtig.  As jy hierdie ervaringe wegvat, bly daar niks meer oor waarop die persoon se geloof kan staan nie.  Want sy geloof moet die hele tyd bevestig word deur ‘n uiterlike teken of wonderwerk.

Daarom het hy hierdie gejaag en soeke na ervarings en ook die kameraadskap en gerustelling van ander mense se getuienisse, wat net so onrustig is, wat ook honger na tekens en wonders.  In hul soeke en strewe na bewyse van die bonatuurlike, ignoreer hulle die waarskuwing van Jesus wat sê dat dit net ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken.  Let op!  Die probleem is nie die teken self nie, maar dit is die mens se soeke daarna wat die probleem is.

Die woord "owerspelige" in hierdie konteks verwys na afgodery.  En afgodery is uiters aanstootlik vir God.  So wanneer dwase mense dink hulle het die vermoë om die ‘gees’ te beveel om dinge te doen of te doen wat hulle wil hê, is hulle nie veel anders as shamans, yogis of New Age guru’s nie.  

Die gees-is-krag dwaling behandel die Heilige Gees as een of ander energie of krag, net soos die gnositiese dwalinge.  Deur die gebruik van sekere tegnieke glo die persoon dat hy hierdie kragte kan aanwend en gebruik vir een of ander geestelike doel.  Die Bybel leer ons egter niks hiervan nie.

Die Bybel leer ons eerder dat die Heilige Gees is ‘n persoon en Hy doen wat Sy Vader vir Hom sê om te doen en Sy Vader alleen.  Die geestelike krag wat mense soek om dinge vir hulle te doen is nie die Heilige Gees nie, maar ‘n ander gees, ‘n onreine en misleidende gees wat in staat is om namaaksels van bonatuurlike verskynsels te produseer.

Daar is goeie voorbeeld in die Bybel van ‘n persoon wat ook hierdie geestelike krag gesoek het, Simon die towenaar.

Hand 8:18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied 
19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. 

Ja, Simon wou dit wat die apostels gedoen het koop met geld.  En baie sal vir jou sê dit was sy probleem, jy kan nie hierdie soort krag koop nie.  Maar dit was nie die hoof probleem nie.  Die hoof probleem was v19, “Gee aan my ook hierdie mag...”  Hy het die vermoë, die krag gesoek.  Hy het die gawe gesoek wat die apostels gehad het.  En vandag word mense in die kerk aangemoedig om hierdie geestelike vermoëns te soek.  

Die tekens en wonders beweging ignoreer doelbewustelik die feit, soos Hebreërs vir ons sê, dat die beoefening van die gawes van die Heilige Gees, en al die tekens en wonders wat deur die Apostels verrig is, en die wat Christus persoonlik gehoor het, dat dit alles geheel en al aan die wil van God onderworpe was en dat die doel daarvan was om die betroubaarheid van die evangelie van verlossing wat hulle gepreek het, om dit te bevestig en om daarvan te getuig.

Heb 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 
4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil? 

So die Here het die groot saligheid aan ons verkondig, dit is aan ons bevestig deur die wat dit gehoor het, maar saam met dit het God getuig saam deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en gawes van die Gees, en al hierdie dinge het Hy gedoen volgens sy wil.

Gelowiges wat ‘n behoefte en begeerte het na tekens en wonders sal gewoonlik nie erken dat hulle mislei is nie.  Hulle aanvaar dat, as ‘n Christen, die enigste gees waarmee hulle te doen het is die Heilige Gees.  Maar hulle is verkeerd.  Waarom sou die Bybel gelowiges dan waarsku om die geeste op die proef te stel om te sien of dit van God is of nie.

1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 

Hierdie vers veronderstel dat ons ook mislei kan word as ons nie versigtig is nie.  Baie gelowiges glo dat die manifestasies bewyse is dat hulle skriftuurlik is.  Maar hulle vergeet dat Satan en al sy gevalle engele baie van hierdie tekens met oortuiging kan dupliseer. Tale spraak is sekerlik die maklikste gawe om te kan namaak.  

Enigiemand kan net ‘n klomp onverklaarbare woorde en klanke maak.  Daarom kom dit voor in baie vertakkinges van toordery en paganism, insluitende Voodoo, Hindoeisme en verskeie ander animistiese godsdienste.

Ja, daar is nog gawes van die Gees vandag, maar dit is net gawes, geskenke en nie regte nie.  Ons kan dit nie opeis nie.  Daar is nie sekere tegnieke wat ons kan gebruik om dit te verkry nie.  God gee dit soos Hy wil met die oog op wat nuttig is en nie soos ons dit wil hê nie.  

Die groot tragedie van die gees-is-krag beweging is dat dit baie gelowiges verander in die modern weergawes van Simon die towenaar.  Hulle mag dalk nie geld gee nie, maar hulle doel is een en dieselfde.  En hulle sal betrokke raak by uitgerekte rituele om hierdie krag te verkry, deur toewyding en herhaaldelike gebede en emosionele opsweeping.

Die ‘tweede salwing’ soos dit geleer word deur die gees-is-krag beweging is ‘n misleiding. Dit ignoreer of verwerp die wonderlike lering dat elke kind van God die inwonende Heilige Gees het.  ‘n Christen moet nie nog die Heilige Gees ontvang nie.  Hy het die Heilige Gees ontvang by wedergeboorte.  Paulus sê, 

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

As iemand nie die Heilige Gees het nie, is Hy nie gered nie.  Tereg sê Johannes dat die salwing bly in ons en leer ons 1 Joh 2:27.  Die salwing is die Heilige Gees.  Die salwing is nie ‘n krag of vors nie.  Ek het nie nog ‘n tweede salwing nodig nie.  Ek het klaar die salwing van die Heilige gees.

Kyk wat sê Ef 1:3,

Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 

So, hoeveel geestelike seëninge word terug gehou van gelowiges?  Die Woord van God sê baie duidelik, geen!

Oswald Chambers sê, 

“God made man to have dominion over the life of the sea and air and earth, but God was to have dominion over man. Adam sinned by taking his claim to his right to himself [i.e. Adam sinfully claimed dominion over himself].  This claim to my right to myself works in those who are born again, and it is called “the carnal mind.” It expresses itself like this – “I want the baptism of the Holy Ghost; I want to be sanctified; I want to be filled with the Spirit; I want to be used of God.” All that springs from the wrong source, it is not drawing its life from the right place. When we receive and recognise and rely on the Holy Spirit, all that stops for ever.” – Oswald Chambers, If Thou Wilt Be Perfect… (re 1 John 5:8-12)

Maw dit gaan nie oor wat jy wil hê nie, maar dit gaan oor wat God wil hê.  

Die twaalf apostels, saam met Paulus, het besondere gawes ontvang om hul apostelskap te bevestig, ‘n unieke gesag en outoriteit wat Christus aan hulle gegee het.

2 Kor 12:12 Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade. 

So wat was die kentekens van ‘n apostel?  Alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.  Hierdie “kentekens” was uniek tot die apostels.   Dit was om hulle mandaat wat hulle van Christus ontvang het as apostels te bevestig.  As elke gelowige hierdie kentekens moes gehad het, sou dit verwarring veroorsaak het.  Die twaalf apostels was die fondament waarop die kerk gebou is.

Ef 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 
20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 

Die fondasie is klaar gelê deur die apostels en profete.  Jesus self is die hoeksteen.  En die kentekens wat die apostels gehad het was om vir ander gelowiges te wys dat die evangelie wat hulle gebring het deur Christus gegee is en dat dit nie ‘n vervalste weergawe is nie.

Nou as die fondasie klaar gelê is, kan daar nie weer ‘n fondasie gelê word nie.  Die kerk is gebou op die apostels en profete en die kerk het nou al verder gevorder.  So dit beteken dat daar nie meer ‘n amp van ‘n profeet en apostel is vandag nie.  Die apostel en profeet het hul funksie en rol in die kerk reeds vervul.

Daar was net twaalf apostels en kan nie meer wees nie, want Openbaring 21 vereer net twaalf en nie al die sogenaamde apostels vandag nie.

Op 21:14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. 

Die twaalf apostels van die Lam.  Daar is nie nog ander apostels nie.  Net twaalf was aangestel.  Paulus was nie deel van hierdie twaalf nie, maar het ‘n spesiale amp gehad, hy was “die apostel van die heidene”.  Vandag se apostels het hulleself aangestel en is skaamtelose bedriërs of blinde leiers.

Die voortsetting van ‘n tekens- en wonders-gebaseerde bediening na die tye van die Apostels was nie deel van God se plan nie.  Doen God steeds tekens en wonders?  Ja, verseker, maar Hy doen dit volgens Sy soewereine wil en nie om die kerk se bediening te bevestig nie.  Nie om enigiemand se apostelskap te bevestig nie.  Nie om enige persoon se geloof te bevestig nie.  “Die regverdige sal deur die geloof lewe.”

Die gnostiese, gees-is-krag dwaling het groot skade aan die kerk gerig.  Wanneer ons spesiale status gee aan tekens wat Satan ook kan naboots, berei dit ‘n weg voor vir moderne sektes soos die Nuwe Apostoliese Hervorming en hulle obsessiewe najaag na dié dinge wat die Skrif sê gaan kenmerkend wees van die koms van Antichris.

 2 Thes 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 


No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288