Monday 18 February 2013

Die wapenrusting (deel 2) – Die gordel van waarheid


Ef 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 

Ons het verlede jaar afgesluit met Ef 6:10-13 waar ons gesien het dat ‘n Christen is in ‘n geestelike stryd gewikkel.  Ons het gesien dat ons het ‘n vyand aan die binnekant, en dit is die sondige vlees.  Hoe oorwin ons hierdie vyand? Gal 5:16 sê, wandel deur die Gees dan sal julle nooit begeerlikheid van die vlees volbring nie.  Maar ons het ook ‘n vyand aan die buitekant, en dit is die duiwel en al sy tranwante met sy bose wêreld sisteem.

Wanneer jy vir God leef is dit verseker dat jy gaan koppe stamp met die bose magte, die owerhede, die wêreldheersers van die duisternis.  Daar is geen twyfel hieroor nie.  Die duiwel en sy vriende hou nie van jou nie.  Die duiwel en al sy magte is teen jou.  Maar ons het ook gesien in die boek Efesiërs dat die Christen het ‘n ongelooflike bron van seëninge ontvang en dat hy in Christus meer as ‘n oorwinnaar is en dat sy krag in die Here is.  Ons het die inwonende Heilige Gees wat ons vervul en versterk.

Ons verteenwoordig letterlik die ongelooflike krag van God.  In ons is die krag wat Jesus uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan die regterhand van God.  En alle dinge is onder Sy voete onderwerp.  Ons het hierdie onglooflike bron en ons is die kinders van God en ons is in hierdie wêreld geplaas om God se planne en doel te bereik.

Dieselfde vyand van God, dieselfde vyand van die eerste mens, dieselfde vyand wat probeer het om die nasie van Israel uit te roei, dieselfde vyand wat probeer het om die geboorte van Jesus te keer, dieselfde vyande wat probeer om die kerk te vernietig.  Dieselfde vyand wat saam met sy leermagte en die konings van die aarde en hulle leers teen Christus gaan kom oorlog maak, soos ons lees in Open 19:19, is ook die vyand van elke gelowige.

‘n Christen wat dit nie besef nie, en nie gereed is vir die geestelike stryd nie, gaan geviktimiseer word.  Hy gaan sy effektiwiteit verloor wat veroorsaak dat dit wat God vir hom begeer nie in sy lewe vervul word nie.  In sy lewe sal die heerlikheid van God verlore wees.  

Daarom moet ons gereed wees vir hierdie stryd.  Ons moet daarvan bewus wees.  Jy kan nie die Bybel bestudeer en nie erstig raak hieroor nie en nie die belangrikheid van die wapenrusting besef nie.

Ons het verlede keer ook gesien dat ons bekend moet wees met die duiwel se planne.  Ons moenie onkundig wees nie.  Ons moet iets verstaan van hoe die Satan ons aanval.

Eerstens en bo alles, glo ek dat die vyand val die gelowige aan deurdat die gelowige God se karakter en geloofwaardigheid ondermyn.  Die duiwel wil hê jy moet in God twyfel.  Hy het dit gedoen in die tuin van Eden met Eva, “Het God dit gesê?” en dan betwis hy God se motief deur te sê dat die rede waarom God nie wil hê dat hulle nie van hierdie boom mag eet nie, is omdat Hy weet dat hulle soos Hom sal wees.  Hy skep die idee dat God alleen wil God wees en is selfsugtig.  Hulle kan nie regtig Hom vertrou nie.

1 Joh 5:10 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. 

Hy wat God nie glo nie, maar Hom ‘n leuenaar en dit is wat die duiwel probeer doen.  Hy wil hê dat mense in God moet twyfel en dink dat God is ‘n leuenaar en dat hy die waarheid praat.  Hy wil hê jy moet in Sy Woord en in Sy krag twyfel.  Hy wil hê jy moet dit bevraagteken.

Hy wil hê jy moet in Sy genade en vergifnis twyfel.  Sy liefde.  Dat Hy omgee.  Dat jy sal twyfel!  Hoekom laat God toe dat al hierdie dinge met my gebeur.  Hoekom laat Hy toe dat dinge verkeerd loop.  Slegte dinge.  En Satan wil hê ons moet op die plek kom waar ons in God se liefde twyfel.  So dit is waar hy ons eerstens aanval, om God se karakter en geloofwaardigheid te ondermyn.

Tweedens, val Satan ons aan om dit moeilik vir ons te maak om ‘n Christen lewe te leef.  Hy wil hê dit moet maklik wees nie.  Hy gaan dit vir jou so moeilik maak as wat hy kan.  En ek dink hy val jou so op drie maniere aan om die Christen lewe vir jou moeilik te maak.  

Een manier is deur vervolging.  Net om ‘n Christen lewe te leef kan maak dat ander mense wat antagonisties is, jou kan vervolg.  Nog ‘n manier waarop die lewe vir ‘n Christen moeilik gemaak kan word is deur groepsdruk.  Sommige Christene wil nie opstaan vir God nie, want hulle is bang hulle gaan hulle vriende verloor.  Hulle wil nie hulle Christen lewe daar buite in die publiek uitleef nie, want mense gaan dalk snaaks van hulle dink.

Hulle wil nie hulle verhoudinge met mense verander nie, want hulle is gemaklik met die aanvaarding wat hulle kry.  Hulle hou daarvan dat ander van hulle hou.  En hulle is net nie gereed om so te lewe dat dit hulle dalk sal vervreem van ander nie.  Daarom sê Paulus, 

2 Tim 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 

‘n Derde manier waarop dit moeilik gemaak word vir ‘n Christen om die Christen lewe te leef is om dit maklik te maak om ‘n Christen te wees.  Christenskap word verkoop as iets makliks.  Almal is mos Christene, ons is ‘n Christelike nasie.  Om ‘n Christen te wees is eintlik COOL!  Dit is maklik om een te wees.  Daar is geen prys wat jy hoef te betaal nie.  En dit is juis dit wat dit so moeilik maak vir ons om die ware Christen lewe te leef.

En dit is hoe die vyand ons aanval.  Eerstens om die geloofwaardigheid en karakter van God te ondermyn en tweedens deur dit moeilik te maak vir die ware kind van God om die Christen lewe te leef.

Derdens val Satan die gelowige aan deur hom te verwar met valse leringe.  Hulle word so verwar met al die verskillende geestelike boeke en versillende leraars.  Hoekom is daar soveel verskillende sieninge oor die Bybel?  Wel, ek dink dit is deel van Satan se komplot om Christene te verwar.  

Tot op so punt dat sommige sê, ons moenie so dogmaties wees oor die Bybel nie.  Maar die Bybel was van die begin af in elk geval nie bedoel om moeilik te wees om te verstaan nie.  Dit is al die verwarring wat deur die duiwel veroorsaak met al sy valse idees en leringe.

Die Bybel is nie so moeilik om te verstaan nie.  Ek is nie slim nie.  Ek het net geleer dat wanneer ‘n mens moeite doen en delf in die Woord, sal dit vir jou oopgaan en duidelik word.  Die Bybel is nie geskryf vir slim mense nie.  Dit is geskryf vir gewone mense.

Maar die duiwel verwar gelowiges op hierdie manier deurdat hy al hierdie verskillende en moeilike interpretasies voor jou gooi.  Hy verwar ook gelowiges deur valse leraars in te smokkel wat allerhande valse leringe saai.

Daar is so baie Christene wat mislei is deur die valse leraars wat kom in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle wolwe.  Die leringe van duiwels is so wyd verspreid en Satan het al soveel kerke verwar.  En ons kan so baie hieroor sê.

Vierdens, probeer die duiwel so hard om ons te verhinder om vir Christus iets te doen.  Hy wil hê ons moet oneffektief wees.  Hy sal alles doen om ons bediening te stuit.  Hy wil hê jy moet niks beteken vir die koninkryk van God nie.

Vyfdens, probeer Satan alles doen wat hy kan om verdeeldheid in die kerk te bring.  Dit is hoekom Jesus so streng was toe Hy gesê het, in Matt, dat as jy iets teen jou broer het, moet jy na hom toe gaan en versoen.  1 Kor 1, 2 & 3 vertel ons van verdeeldheid wat in die kerk was.  Paulus sê in Ef 4 dat ons ernstig daarna moet strewe om die eenheid van die Gees te bewaar.  Want die duiwel wil ons uit mekaar dryf.

Nog ‘n area waar die Satan ons aanval, is om ons aan te moedig om op ons eie bronne staat te maak.  In 1 Kron 21 lees ons van Dawid wat wou weet hoe sterk hulle regtig is en toe het hy die soldate almal getel.  God sê egter vir hom dat dit ‘n verskriklike sonde is.  Sy sterkte is nie gebaseer op die hoeveelheid soldate hy het nie, maar op God.

Jou krag lê nie daarin dat jy een of ander sekere boek gememoriseer het en die beginsels daarin bemeester het en of jy die seminar bygewoon het en al die inligting in jou kop het nie, en nou is jy gereed en in staat om probleme te kan hanteer nie.  Spreuke het gesê, 

Spr 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 

‘n Sewende manier hoe Satan ons aanval en wat ook maar algemeen is dat hy maak dat ons geveinds is.  Die kerk is vol mense wat nie eg is nie, selfs Christene.  Dit is so maklik om met ‘n geplakte smile by die kerk te wees, om ‘n masker voor ander te dra, en almal die idee te gee ons is ok.  Maar dit maak dat ons nie met die probleem afreken nie, ons maak nie oop teenoor ander met ons probleme nie, so op die ou einde kan niemand sy arms om ons sit en ons help nie.  Ons kruip agter waardigheid weg.  Ons kruip agter sogenaamde geestelikheid weg.

‘n Agtste manier hoe Satan ons aanval is om ons te verwêrelds.  Om ons in ‘n wêreldse vorm te probeer in druk.  En hy slaag ongelukkig hiermee.  Mense, die kerk vandag het so wêrelds geraak, materialisties, self-gesentreerd, humanisties.  Dit is moeilik om ‘n onderskeid te tref tussen die kerk en die wêreld.  En tog sê Johannes, 

1 Joh 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 
16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 

Laastens val die duiwel ons aan deur ons te keer om die Woord van God te gehoorsaam.  En wanneer ons God ongehoorsaam gee dit hom ‘n oop deur.  Dit gee hom die voordeel.

Met hierdie nege dinge, dit is waar die oorlog is.  Dit is waar die duiwel ons aanval.  En hoe hanteer ons dit?  Wat moet ons doen?  Dit is nogals ‘n hele klomp goed waarmee hy ons aanval.  Maar die wonderlike ding is dit, en dit is waaroor ons opgewonde kan wees, is dat al nege hierdie kan op ‘n eenvoudige manier gehanteer word.  Kyk na Ef 6:13,

Ef 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 

Hoe weerstaan ons die aanvalle van die duiwel?  Met al sy slimgheid en al sy tricks en misleiding.  Luister!  Ons konsentreer nie op wat hy doen nie, ons moet konsentreer op dit wat ons moet doen.  Wat saak maak is dat ons ons wapenrusting sal aantrek.

Sodat wanneer hy ons aanval, dat sy aanvalle afgeweer sal word.  Dit maak nie saak waar die vyand vandaan kom nie en maak nie saak hoe slinks sy aanvalle is nie.  Wat saak maak is dat jy altyd gereed sal wees.    Ons het die nege dinge gesien hoe hy ons aanval, maar dit maak nie saak hoe hy ons aanval nie.  Wat saak maak is dat ons gereed sal wees.

As jy die volle wapenrusting van God aan het, sal jy staande bly teen enige aanval.  Maak nie saak wat die aanval is nie, en hoe die Satan jou aanval nie.  Jy moet net die wapenrusting aan hê, dan sal jy staande bly.

Die gordel van waarheid

En vanoggend kyk ons dan na die eerste deel van die wapenrusting en dit is baie eenvoudig, maar baie belangrik.  Daar is dan sewe goed waaruit die wapenrusting dan bestaan en ons kyk dan na die eerste een in vers 14.

Ef 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord...

Omgord julle lendene met die waarheid.  Dit is die gordel van waarheid.  Die Griekse woord , is die woord “aletheia”, waarheid of ‘n gesindheid van egtheid.  Die woord kan vertaal word itv die Woord van God, die openbring van God, die waarheid in teenstelling met valsheid.  Of dit kan ook vertaal word met ‘n gesindheid van egtheid, of opregtheid, eerlikheid en integriteit.

Kom ons kyk eers na die eerste vertaling wanneer dit praat van die waarheid.  As Satan my aanval, is dit my plig in die eerste plek om die gordel van waarheid aan te hê.  Hoekom?  Want hy gaan kom met al sy liste, met al sy dwalinge en misleiding.  Met al sy tricks.

Ef 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 

Dit is dieselfde woord “methodia” wat gebruik word in hoofstuk 4

Ef 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid OM LISTIGLIK TOT DWALING TE BRING.

So Satan val ons aan deur te kom met al sy valsheid en leuens.  En die enigste manier hoe ons hom kan uit oorlê, is deur die gordel van waarheid aan te hê.  Jy weerstaan nie valsheid en leuens van die duiwel deur dit beter te verstaan nie, maar jy weerstaan dit met die waarheid.  En dit is waarom dit so belangrik is dat ons gesonde lering sal ontvang.  Dit is belangrik dat ons die Woord van God sal leer en leer en leer.

So hoe trek ek die gordel van waarheid aan?  Ek leer God se Woord.  Ek spandeer tyd met God se Woord.  Hoekom val so baie Christene vir valse leringe?  Want hulle ken nie God se Woord nie.  Hulle spandeer nie tyd met God se Woord nie.

2 Tim 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 
2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 
3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 

Satan kom met onwaarhede en ‘n gelowige wat die geestelike stryd toetree moet die waarheid ken.  En dit is wat Paulus hier in Ef 6:14 sê.

Nou in Paulus se tyd het ‘n Romeinse soldaat ‘n tuniek gedra.  Dit is een stuk material wat hy gedra het, amper soos ‘n rok, maar as hy oorlog toe gegaan het, kon hy nie dit los dra nie.  Dit sou hom gepla het in ‘n veg situasie. 

Luk 12:35 Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 

Wat sê hy?  Al daardie material wat los hang, maak dit vas en kry jouself gereed.  So dit gaan oor gereedheid en om voorbereid te wees.  Die belt of gordel wat hulle dan aangetrek het, was ter voorbereiding.  So die Romeinse soldaat sou nie na ‘n oorlog toe gegaan het as hy nie sy tuniek vasgemaak het en omgord het nie.

2 Tim 2:3 Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman (soldaat) van Jesus Christus. 
4 Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het. 

Wat hy hier sê is dat jy kan nie gaan veg as jy in die wêreldse dinge verstrengel is nie.  Jy moet breek met die wêreldse dinge.

Verder het die belt wat die Romeinse soldaat gehad het, ook ‘n band gehad wat aan die gordel vasgemaak het voor en oor die skouers gegaan het en weer agter vasgemaak het.  Die soldaat het dan sy swaard hieraan vasgemaak.  En ons lees dan ook later van die swaard van die Gees wat die Woord van God is.

So die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, is vasgemaak aan die waarheid.  Maw die waarheid is geopenbaar in die Woord.  Dit is van die gordel van die waarheid waaruit jy jou swaard van die Gees, die Woord van God trek en die oorlog wen.

En dit is wat die woord “aletheia” beteken.  Maar ek dink die tweede vertaling is meer korrek, en dit gaan eerder oor ‘n gesindheid van egtheid, opregtheid, eerlikheid en integriteit.  Die swaard van die Gees gaan eerder oor die waarheid, terwyl die gordel van waarheid gaan oor die gesindheid van egtheid.  ‘n Gesindheid wat sê, ek is gereed vir oorlog.  Ek is voorbereid.  En ek dink dit is waaroor dit gaan.

Wat dit beteken is dat jy nie in ‘n geestelike oorlog kan gaan veg as jou gesindheid nie eg is nie.  Jy kan nie gaan veg as jy nie ernstig is nie.  En baie Christene sit nooit hierdie gordel aan nie.  Daar is nie regtig toewyding nie.  Daar is nie commitment nie.

Wanneer ‘n soldaat sy gordel aan sit en sy band oor sy skouers gooi en sy swaard vasmaak, het dit beteken dat hy is gereed om te gaan veg.  Hy is committed tot ‘n oorlog.  En ek dink baie Christene gee net nie om nie.  Hulle val maar net rond.  Daar is geen commitment nie.  Jy moet die regte gesindheid en die regte hart hê as jy in hierdie geestelike oorlog wil gaan veg.

‘n Ware Christen is lief vir die waarheid en lief vir Christus, so dat hy sy lewe sal commit om te veg en nie op te gee nie.  Ek dink dit is waaroor die gordel van waarheid gaan.  Dit gaan oor jou gesindheid.

1 Kor 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. 

Dit gaan oor gesindheid.  En vir Christus moet dit jou begeerte wees om jou beste te gee, om voorbereid te wees, om gereed te wees.  Jou lendene te omgord met die waarheid.  Dit is ‘n oproep tot commitment.  Trek die gordel van waarheid aan.  Jy gaan nie die geveg wen met ‘n verkeerde gesindheid nie.

So die gordel van waarheid gaan oor die waarheid, maar meer dit gaan oor jou gesindheid om gereed te wees, voorbereid te wees, committed te wees.


No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288