Monday 11 February 2013

Kenmerke van ‘n godsdienstige geveinsde


Mark 12:13 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ‘n woord te betrap. 
14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie? 
15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ‘n penning, dat Ek dit kan sien. 
16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. 
17 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom. 

Hierdie gedeelte gaan oor die laaste week van Jesus se lewe op aarde, wat lei tot by Sy dood en opstanding.  Dit is die week van Sy kruisiging en opstanding.  Vir drie jaar het Jesus gedemonstreer dat Hy is die Seun van God.  

Hy het bewys dat Hy is God in die vlees.  Hy het bewys dat Hy mag het oor siektes en bose magte.  Hy het bewys dat Hy het mag oor die dood en oor die natuur.  Hy het absolute soewereine mag oor die fisiese wêreld en die geestelike wêreld.  Hy het nie net gedemonstreer dat Hy God is deur Sy krag nie, maar Hy ook gedemonstreer dat Hy God is deur Sy barmhartigheid.  God is nie net Almagtig nie, maar Hy is ook ‘n barmhartige God.  Jesus het omgegee, liefgehad, voorsien en genees tydens Sy bediening op aarde.

Ons sien ook Jesus se godheid deurdat Hy die volmaakte uitdrukking was van die waarheid en ook die waarheid van God verkondig het.  Hy het die waarheid vertel oor alles, hoe dinge was, hoe dit is, en hoe dit gaan wees.  Die waarheid oor die mens, die waarheid oor God, die waarheid oor die Koninkryk van God, die koninkryk van die mens, die vergifnis van sonde, saligheid, die ewige lewe, ens.

Tydens sy drie jaar van bediening het die godsdiens leiers van Israel teen Hom opgestaan.  Hulle was die geestelike leiers.  Hulle was veronderstel op die volk in die waarheid te lei.  Hulle was veronderstel om rentmeesters te wees van God en om herders te wees van God se volk, Israel.

Maar hulle Jesus rondgevolg met net een rede, nie om meer van Jesus te leer of om Sy leringe te leer nie, nie om uit te vind of Hy die Messias is nie, nie om oortuig te word dat Hy God is nie.  Hulle het Hom gevolg met een rede, en dit was om Hom te vernietig.

Van die begin af was Hy hulle vyand.  Hy was die vyand van alles wat hulle geleer het.  Hy is die vyand van alles wat hulle geglo het en alles wat hulle verkondig het.  Hy was die vyand van hoe hulle hulle lewens geleef het.

Of hulle het tot bekering gekom en in Hom geglo, of hulle wou van Hom ontslae raak.  Die meerderheid van die leiers van Israel wou egter van Hom ontslae raak.

Markus 12 begin dan met ‘n gelykenis wat Jesus vertel oor ‘n man wat ‘n wingerd geplant het en dit aan landbouers verhuur het.  En toe dit oestyd was het hy ‘n paar dienskneg gestuur om te gaan haal wat aan hom verskuldig is.  Maar wat het hulle gedoen?  Van hulle het hulle geslaan, ander het hulle gestenig en gehang.

Op die ou einde stuur die eienaar sy eie seun en hulle maak hom dood.  En Jesus vertel hierdie storie om vir hulle te wys dat dit die geskiedenis van Israel was.  Israel is die wingerd van God.  God het Sy wingerd aan bedienaars toevertrou om dit te versorg.  Maar hulle het die profete doodgemaak,  almal wat God na hulle toe gestuur het en ook op die ou einde Sy Seun.

En terwyl Jesus hierdie gelykenis vertel was die leiers daar tussen die skare op die tempel plein tydens die pasga week.  Almal het die storie gehoor en volgens v12 weet almal wat dit beteken.  Hulle het geweet dat dit verwys na die geestelike leiers van Israel.  Hulle het die boodskap gekry.  Die leiers het geweet Hy praat van hulle.

Mar 12:12 En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan. 

Jesus beskuldig ook later Jerusalem deur te sê, “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is...”  Die gelykenis eindig dan met v9 wat sê,

Mar 12:9 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. 

God gaan hulle vernietig.  God gaan hulle wat nie net Sy Seun nie maar ook hulle wat die profete van Israel doodgemaak het ombring.  En dan eindig die gelykenis, Hy gaan die wingerd aan ander gee.  Hierdie ander mense is die apostels wat dan bedienaars word van die waarheid en van die kerk van God.

En ten spyte van die feit dat hierdie mense wat na Jesus luister, verstaan en self die leiers verstaan wat Hy sê, het hulle Hom steeds gehaat.  Hulle het nie net gehoor wat Jesus sê nie, maar dit het niks aan hulle gedoen nie en hulle het Jesus steeds doodgemaak.

Nou kom ons by vers 13 tot 17, ons teksgedeelte.  Dit is Woensdag op paasweek.  Jesus is in die tempel.   Die dag voor dit het Hy in die tempel die tafels omgekeer oor die feit dat die tempel ‘n plek geword het waar hulle handel dryf.

Jesus het geleer en die evangelie verkondig.  Hulle was alreeds kwaad vir Hom vir Hy die vorige dag gedoen het.  Hulle was toe al kwaad want Hy het 3 jaar gelede dieselfde ding gedoen toe Hy ‘n sweep gevleg het en die hulle almal uit die tempel gegooi het.

En vir 3 jaar tydens Sy bediening het hulle Hom gehaat.  Hulle haat het net meer en meer geword.  Hier is Hy weer in die tempel en Hy beskuldig hulle daarvan om die profete dood te maak en dat hulle ook God se Seun gaan doodmaak.  So hulle is baie kwaad.

Hulle wou Hom gryp, maar hulle was bang vir die skare wat geweet het dat Hy van hulle praat.  So nou sit hulle met ‘n groot probeem.  Hulle sal die skare teen Hom moet draai.  En hulle sal die Romeine moet kry om Hom dood te maak.  So hoe gaan hulle dit regkry?

Die Sanhedrin het toe bymekaar gekom en ‘n plan beraam.  Die Sanhedrin het bestaan uit Fariseërs, Sadduseërs en Skrifgeleerdes.  Die eerste lokval wat hulle hom stel was deur die Fariseërs, maar dit het nie gewerk nie.  Die tweede lokval was deur die Sadduseërs, maar dit het ook nie gewerk nie.  En toe die Skrifgeleerdes se lokval wat ook nie gewerk het nie.

V15 sê dan,

Mar 12:15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ‘n penning, dat Ek dit kan sien. 

Hy het hulle geveinsdheid geken.  Die woord vir “hypocrisy”.  En Jesus het hulle geveinsdheid voor almal blootgestel en dit help ons om te sien wat ‘n geveinsde is en hoe hulle werk.  Ons sien hier hoe lyk ‘n hypocrite.  Wat die kenmerke is van godsdienstige geveinsdheid.

Hier is dan die eerste kenmerk van godsdienstige geveinsdes.  En dit is dat hulle saam teen die waarheid opstaan.  Satan is teen die waarheid.  En deur die eeue in die wêreld was daar nog altyd mense wat mislei was en wat saam gestaan het teen die waaheid.

Een ding moet ons verstaan en dit is dat die waarheid en dwalinge kan nooit hande vat nie.  Maar misleiding en leuens en dwalinge vat almal saam hande teen die waarheid.

Mar 12:13 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ‘n woord te betrap. 

So hier is die eerste lokvak wat hulle vir Hom wil stel.  Hulle stuur die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ‘n woord te betrap.  Matt sê hulle wou Hom in sy woord verstrik.  Hulle stel vir Hom ‘n lokval.  Lukas sê hulle het Hom dopgehou en spioene gestuur wat voorgegee het dat hulle regverdig is.

Hulle wil lyk soos bedienaars van God.  Hulle wil lyk soos mense wat ligdraers van die waarheid is.  Hulle wil lyk soos getroue herders van Israel.  Hulle wil lyk soos die verteenwoordigers en draers van die waarheid en die lewende God.  So hulle sit hulle godsdienstige gesigte op.

En wat interresant is, is dat die Fariseërs en Herodiane nie regtig mekaar kon verdrae nie.  Inteendeel het hulle mekaar gehaat.    Die Fariseërs het gestaan vir die wet en die Herodiane het gestaan vir Rome.  Die Fariseërs wou van Jesus ontslae raak oor Sy teologie.  Maar dit was nie genoeg vir die Romeine nie.

Die Romeine sou Jesus wel doodmaak vir Sy politieke siening.  So die Sanhedrin wou Jesus in ‘n slegte posisie plaas waar Hy dinge sou sê wat die Romeine rede gee om Hom dood te maak.  En dit is hulle plan.  As Jesus so voorkom om anti-Rome te wees, of anti-Keiser te wees en die vrede van Israel onder die Romeinse mag bedreig, sou dit genoeg wees om Hom te arresteer en met Hom af te reken.

Pontius Pilates, die goeweneur wat deur Rome daar geplaas is, was in Jerusalem op daardie stadium.  Herodus Antipas was ook in Jerusalem vir die Pasga.  So die Sanhedrin se plan is om vir hierdie ouens te sê dat Jesus ‘n bedreiging is vir Rome, dan sal hulle met Hom afreken.  Dan sal die skare sal Hom nie meer volg nie.  Dit is hulle plan.

So hulle wou Jesus kry om iets te sê, sodat die Romeine Hom sal arresteer.   Hulle stel vir Hom ‘n strik.  So die eerste ding wat ons moet sien wat ‘n kenmerk is van geveinsdes, is die saamkom, die komplot wat teen die waarheid gemaak word.  Al hou die Fariseërs en Herodiane nie eers van mekaar nie, is hulle in werklikheid deel van dieselfde koninkryk, die koninkryk van duisternis.

Die tweede kenmerk van geveinsdes is dat hulle enigiets sal sê om veld te wen.  Hoor wat sê hulle vir Jesus, 

Mar 12:14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie? 

Hulle kom na Hom en sê Meester, ‘n woord wat net gebruik was vir rabbi’s.  Wanneer jy vir iemand gesê het, rabbi, het jy hom geëer.  En dit moes sekerlik nie maklik gewees het om vir Jesus te sê, Meester nie.  Maar hulle sou enigiets sê om veld te wen.

Hoor wat sê verder.  U is waaragtig.  “thou art true” in die KJV.  Wow!  Hoekom sou hulle dit van gesê het?  Hulle glo dit nie vir een oomblik nie.  Inteendeel glo hulle net die teenoorgestelde.  Hulle dink Hy is ‘n misleier en ‘n leuenaar en bedrieër en moet stil gemaak word.

Maar hulle doen dit om heuning om sy mond te smeer.  En hulle doen dit voor al die ander mense, sodat die mense moet dink dat hulle ook net in die waarheid belangstel.  Hulle probeer dan nie net heuning om Sy mond smeer nie, maar hulle probeer ook met die skare identifiseer.

Meester, U is waaragtig en U steur U nie aan mense nie.  U praat altyd die waarheid.  En dit wat hulle sê is tog die waarheid.  Hulle praat die waarheid, maar hulle het ander intensies daarmee.  Maar hulle was bereid om dit te sê, om enigiets te sê om veld te wen.

“U leer die weg van God in waarheid.”  Wat ‘n ongelooflike verklaring.  Hulle is reg.  Dit is wat Hy gedoen het.  Maar hulle moes  sê wat hulle gehaat het om te sê.  Hulle stel eintlik vir Hom ‘n trap.

Dit is wat geveinsdes doen.  Hulle vorm saam ‘n komplot teen die waarheid en tweedens sal hulle enigiets sê of doen om veld te wen.  Hulle sal selfs die waarheid spreek so ver as wat hulle moet om hul eie doel te bereik.

Die volgende en dan die derde kenmerk van geveinsdes en valse godsdiens is dat hulle valslik die waarheid soek.  Hulle wil nie regtig die waarheid by Jesus kry nie, maar hulle wil in werklikheid die waarheid diskrediteer.  Ons sien dit in v14.  “Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?”

Nou, hulle vra ‘n Rabbi, nie ‘n Romein nie.  Hulle vra ‘n leermeester wat die waarheid sal praat.  Moet ons belasting betaal?  Moet ons aan ‘n heiden, iemand wat nie God ken nie, belasting betaal?  En hulle het klaar besluit wat Jesus se antwoord gaan wees.  Dit is NEE!  As hulle die mense, die skare sou vra, moet ons belasting betaal aan die Keiser, ‘n heiden?  Sou hulle gesê  het, NEE!  Dit is teen die wet van God.

En die Jode het Rome gehaat.  Hulle het die teenwoordigheid van Rome in hulle midde gehaat.  Hulle het belasting gehaat.  Rome het afgodediens gehad en hulle was heidene.  Hoekom sou hulle vir Rome enigiets moes gee? Sê Jesus Ja vir belasting aan Rome, dan het die skare teen Hom gedraai.  Sê Hy Nee, dan het die Romeine Hom gearresteer.

So hulle wil nie die waarheid ken nie.  Hulle wil juis die waarheid aanval.  

Mar 12:15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ‘n penning, dat Ek dit kan sien. 

Jesus ken hulle harte.  John 2:25 sê dat Jesus weet wat in die mens is.  Luk 20:23 sê dat Jesus het hulle lustigheid bemerk.  Hy het geweet wat hulle wou doen.  En daarom sê Hy vir hulle, waarom versoek julle My?  Julle wil nie regtig die waarheid ken nie.  Julle is nie agter die waarheid aan nie.

Dan sê Hy vir hulle, bring vir My ‘n penning.  En dit is interresant dat Jesus dit vir hulle vra, want die Jode het nie ‘n penning saam met hulle gedra nie.  ‘n Penning was ‘n Romeinse geldstuk.  So nou moet hulle ‘n penning kry en dit moes hulle ‘n ruk gevat het om deur die skare te gaan en een te kry.  Hulle kry toe een en v16 sê

Mar 12:16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n.

Nou die Jode het hierdie muntstuk gesien as afgodediens, want daar was name van afgode daarop.  Daarom het hulle nie hierdie muntstuk gedra nie.  Want die Bybel sê mos jy mag nie ‘n afbeelding maak van God en dit aanbid nie.

Die Fariseërs het egter nie Jesus se reaksie verwag nie.  Jesus sê, 

Mar 12:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom. 

Jesus sê Ja. Betaal aan die keiser belasting.  En hulle het dit nie verwag nie.  Hoe het dit gebeur?  Want die Skrif leer ons dat die regering is ‘n instelling van God, is dit nie waar nie?

Rom 13:1 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, 
2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. 

6 Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. 

Maak nie saak of die regering reg of verkeerd is nie, om belasting te betaal is God se wil.  Maar wat as die regering van jou verwag om iets te doen wat God sê jy nie mag doen nie?  Wat dan?  Jy doen wat God sê.

Hand 5:29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. 

Jesus stop nie net daar nie.  Hy sê nie net, gee aan die keiser wat hom toekom nie.  Wat sê Hy verder?  Gee aan God wat Hom toekom.  Dit was die Fariseërs se issue.  Hulle het ‘n groot ding gemaak van om die keiser te gee wat hy wou gehad het, maar hulle het vergeet van God.  Dit is baie belangriker.  Gee aan God wat Hom toekom.  Onthou die gelykenis wat Hy nou net vertel het.

Wat is dit wat aan God toekom?  Wat skuld hulle God?  Jesus het dit baie kere gesê,  As julle My eer, dan eer julle die Vader.  As julle My nie eer nie, eer julle nie die Vader nie.  Toe Jesus gedoop is in die Jordaan, het Sy Vader gesê, Hierdie is My geliefde Seun, luister na Hom.

Wat kom God toe?  Om die Here jou God lief te hê, met jou jou hart en jou siel en jou verstand.  Dit is wat God toekom.  Dit is wat jy en ek Hom skuld.  Hy is dit waardig.  Dat jy na Sy Seun sal luister.  Dat jy Sy Seun sal liefhê.  Dat jy Sy Seun sal eer en in Hom sal glo.  Dat jy Hom sal aanneem as jou enigste hoop en jou enigste Verlosser.

Die geld behoort aan die keiser.  Jy behoort aan God.  Die geld het die keiser se gesig daarom gehad.  Jy dra die beeld van God.  Gee die keiser wat Hom toekom, maar jy behoort aan God.

Daarom was hulle verwonder oor Hom.  Lukas sê daar was stilte.

Nou nie lank daarna, die aand om 6 uur nie, het die Saduseërs na Jesus toe gekom om vir Hom ‘n lokval te stel.  Die hele Sanhedrin was ook daar.  En hulle kla Jesus aan voor Pilatus.  Eers gebruik hulle die waarheid en smeer heuning om Sy mond om Hom uit te vang.  Hier vertel hulle eenvoudig net ‘n leuen.

As mooi praat nie werk nie, dan lieg hulle maar.  Matt 12:30 sê as jy nie vir My is nie, dan is jy teen My.


No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288